Fynbos Kerk

Fynbos Kerk Fynbos is 'n nuwe kerk plant vir George. Ons het een strewe en dis Jesus. Jesus is ons als! Ons missie, ons doel, ons mikpunt, ons eindpunt.

04/06/2026
Ons is so geprogrammeer om die nood van die wêreld raak te sien en iets daaraan te doen. Ja, ons is eintlik God se noodv...
03/06/2026

Ons is so geprogrammeer om die nood van die wêreld raak te sien en iets daaraan te doen. Ja, ons is eintlik God se noodverligters om orals waar ons deur die wêreld loop, die swaar en seer en nood raak te sien en iets daaraan te doen. Tog gebeur dit nie. Iewers langs die pad het ons geleer om ons oë weg te draai as ons sien hier is een of ander seer of nood wat langs ons pad gaan op duik. Ja, outomaties draai ons ons koppe weg. Ons loop verby en die wêreld lyk soos hy lyk vandag.

As ons onsself in `n hoekie vasdruk, weet ons daar mis iets. Dan weet ons iets kort, of om Jesus se taal te gebruik, dan is ons honger. Maar ongelukkig kan ons nie ons vinger daarop lê nie. Ons weet nie waar ons die bal mis geslaan het nie, want onthou, ons het mos ons koppe weggedraai.

Om van die honger ontslae te raak moet ons die gawes wat God jou gegee het, daar waar jy is, dis waar God jou gesit het. Daar waar jy gaan, dis waarheen God jou stuur. En as jy nie God se stem in jou woelige lewe duidelik kan hoor nie, begin sommer by die eerste stukkie nood wat jou oë raaksien. Die aand sal jy jou kop neerlê en vol wees. Jy sal anders wees. Ander sal anders wees. Elke dag, enige dag wat jy `n verskil kan maak in iemand se lewe, iemand se lewe verander... dis `n goeie dag!

Goeie dag vrinne...Die tyd kom al nader. Laaste week vir inskrywings. Daar is nog plek beskikbaar! Moenie hierdie fantas...
01/06/2026

Goeie dag vrinne...

Die tyd kom al nader. Laaste week vir inskrywings. Daar is nog plek beskikbaar! Moenie hierdie fantastiese kuier mis nie. Dit gaan groot sport wees!

Dis baie moeilik om die lewe aan te vat met sy 10 000 dinge wat alles baklei vir jou tyd en aandag en dan nog om die hee...
31/05/2026

Dis baie moeilik om die lewe aan te vat met sy 10 000 dinge wat alles baklei vir jou tyd en aandag en dan nog om die heeltyd oor jou skouer te loer en hoop dat mense nie jou geheim sal uitvind nie. Hulle sal jou anders hanteer as hulle dit van jou moet weet. Jesus nooi jou vandag in 1 Johannes 1:5-10 om in Sy lig te kom en die donkerte te los. Kom los daai bagasie, draai om en floreer in sy liefde en vryheid!

Dis baie moeilik om die lewe aan te vat met sy 10 000 dinge wat all...

30/05/2026
Nee kyk hierdie tannies bang niks nie! Nie die uitdagings met die krag nie of ook nie die regstaan agter die panne nie. ...
30/05/2026

Nee kyk hierdie tannies bang niks nie! Nie die uitdagings met die krag nie of ook nie die regstaan agter die panne nie. Baie dankbaar vir hulle en trots. Ek sou sweer hulle doen dit al jare so gekonfyt is hulle. Waardeer vir julle! Ons het n bedrag van net kort onder R5000 gemaak! God is groot en God is goed!

Address

Charlotte 18
George
6530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fynbos Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Fynbos Kerk:

Share