Moedergemeente George

Moedergemeente George 'n Tuiste waar ons saam bid, werk en groei

Baie geluk aan ons leraar, Dr André Pieterse van Moedergemeente George met die nuwe lewensjaar.
09/09/2026

Baie geluk aan ons leraar, Dr André Pieterse van Moedergemeente George met die nuwe lewensjaar.

09/09/2026

Dagstukkie: Woensdag, 9 September 2026

Dag 3: Bly naby Jesus
Lees: Johannes 15:5

Jesus sê: “Bly in My.” Ons hoef nie uit eie krag ’n goeie lewe te probeer leef nie. Wanneer ons naby Jesus bly, verander Hy ons van binne af.

Soos ’n loot net vrug dra wanneer dit aan die wingerdstok verbind bly, ontvang ons ons liefde, geduld, moed en wysheid van Jesus.

Ons bly naby Hom deur te bid, sy Woord te lees en gehoorsaam te leef.

Vandag: Vra rustig: “Here, wat wil U hê moet ek vandag doen?”

Gebed: Jesus, hou my naby U. Laat u Gees my gedagtes, woorde en optrede lei. Amen.

Mooi dag
Nadine

Geloofbelydenis van 'n Boesmanlander, Dr Nico van der Westhuizen.
08/09/2026

Geloofbelydenis van 'n Boesmanlander, Dr Nico van der Westhuizen.

Erediens: Sondag, 6 September 2026
08/09/2026

Erediens: Sondag, 6 September 2026

Moedergemeente GeorgeBevestiging van Ds Nadine Bronkhorst06 Septe...

08/09/2026

Dagstukkie: Dinsdag, 8 September 2026

Dag 2: Wanneer ek swak voel

Lees: 1 Korintiërs 2:3–5

Paulus erken dat hy swak, bang en onseker gevoel het. Tog het God hom gebruik. Sy swakheid het hom geleer om nie op sy eie krag nie, maar op God te vertrou.

Ons dink soms ons moet eers sterk wees voordat God ons kan gebruik. Maar God se krag word juis sigbaar wanneer ons ophou voorgee en onsself aan Hom oorgee.

Vandag: Gee dit waarvoor jy nie kans sien nie, eerlik vir God.

Sê: “Here, ek kan dit nie alleen doen nie, maar ek vertrou dat U saam met my is.”

Gebed: Here, ontmoet my in my swakheid. Laat my geloof op U krag rus en nie op my vermoë nie. Amen.

Geseënde dag
Nadine

08/09/2026

Dagstukkie: Maandag, 7 September 2026

Dag 1: Jy hoef niemand te beïndruk nie

Lees: 1 Korintiërs 2:1–2

Ons leef maklik met die gevoel dat ons onsself moet bewys – by die werk, in ons verhoudings en selfs in die kerk.

Paulus kies ’n ander pad. Hy probeer nie met indrukwekkende woorde spog nie. Hy plaas Jesus Christus en die kruis in die middel.

Jy hoef vandag nie almal te beïndruk nie. Jy hoef net getrou aan Jesus te wees. Laat jou woorde, besluite en optrede na Hom wys.

Vandag: Vra voor elke belangrike gesprek:
“Here, hoe kan ek U hierin sigbaar maak?”

Gebed: Here Jesus, bevry my van die behoefte om myself te bewys. Help my om vandag nederig en getrou te leef. Amen.

Geseënde week
Nadine

Ons nooi ieder-en-elk na die besonderse geleentheid te Moedergemeente George
04/09/2026

Ons nooi ieder-en-elk na die besonderse geleentheid te Moedergemeente George

Wat gebeur in September by Moedergemeente George .Loer gerus in ons Boodskapper
04/09/2026

Wat gebeur in September by Moedergemeente George .

Loer gerus in ons Boodskapper

04/09/2026

🌿 Dagstukkie: Vrydag, 4 September 2026

Goeie raad – Spreuke 22:5

“Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid; wie sy lewe wil behou, bly daar weg.”

Ons kyk graag na die 7-uur-nuus en die stories oor korrupsie, kommissies van ondersoek en hofsake. Maar Spreuke vra vandag dat ons nie net na ander kyk nie – kyk ook na jouself.

Oneerlikheid gaan nie net oor groot bedrae geld of korrupsie nie. Dit gaan oor hoe ek en jy elke dag voor God en mense leef. ’n Eerlike lewe vertrou dat God sal voorsien wat ons nodig het, op die regte tyd. Dit vra egter vertroue en geduld – twee dinge waarmee ons dikwels sukkel.

Vriende, die pad van oneerlikheid is vol dorings en strikke. Kom ons kies eerder God se beproefde pad en wees ’n voorbeeld van eerlikheid in ’n wêreld waar oneerlikheid al te maklik aanvaar word.

Gebed:
Here, ondersoek my hart en hou my op U beproefde pad. Amen.

Sterkte
Dr André

Erediens: Sondag, 30 Augustus 2026
03/09/2026

Erediens: Sondag, 30 Augustus 2026

Moedergemeente GeorgeErediens 30 Augustus 2026Tema: God skryf ‘...

Address

9 Church Street
George
6529

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27448742036

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moedergemeente George posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Moedergemeente George:

Shortcuts

Share