NG Gemeente George-Denneoord

NG Gemeente George-Denneoord Christelike Gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in SA

04/09/2026
Komberse vir kankerpasiënte : Trooskomberse.. Ek het hierdie projek begin omdat dit my na aan die hart lê. Ek het vir 10...
04/09/2026

Komberse vir kankerpasiënte :

Trooskomberse.. Ek het hierdie projek begin omdat dit my na aan die hart lê. Ek het vir 10 jaar lank gehoop en gebid dat dit n realiteit sal word.

4 Jaar gelede het dit gebeur. Ek het op God vertrou dat dit suksesvol sal wees. In 2023 het ons 103 komberse gemaak. Daar was baie helpers maar die helpers het al hoe minder geword. In 2024 het ons 92 komberse gemaak. In 2025 het ons 122 komberse gemaak en 2026, het ons 129 komberse gemaak.

Hierdie afgelope jaar was die eerste keer wat ek vanaf Maart, toe ek begin uitdeel het tot middel Augustus toe ek opgehou het serpe en mussies saam met elke kombers kon gee. n Reuse taak vir hulle wat gehelp het om dit moontlik te maak.

Elke kombers het soveel vreugde besorg vir pasiente wat ged**k het dis die einde, vir baie was dit die einde, maar hulle kon hulle toevou in n kombers wat met liefde gemaak is. Daardie kombers troos steeds diegene wat n geliefde verloor het.

Ons dank die Here vir pasiënte wat gesond geword het en dat Hy hulle dra, selfs hulle waardeer steeds hulle komberse.

Ek het al komberse gestuur na Bothaville, Bloemfontein, Richardsbaai, Vanderbijlpark Klerksdorp, Risiville en Meyerton. Dit gebeur dat ek te h**e kom van mense met kanker. Partymaal is daar n dringendheid in my hart om hulle te kontak en n kombers te stuur. Ek glo die Heilige Gees werk in ons harte.

Ek wou n paar keer opgee want die hande is min en wolskenkings is skaars. Elke keer het God op wonderbaarlike maniere voorsien. Dis n saak van gebed en Hy stuur gewillige hardwerkende, toegewyde dames om te help. Dankie ook vir elke gebed.

Ek gee God al die eer, ek het net weereens besef dat as ons iets begin en op God vertrou sal ons nooit teleurgestel word nie.

Ons is reeds besig om weer komberse bymekaar te maak vir volgende jaar. Indien daar noodgevalle is word ek gekontak en skenk n kombers.

DIE MOOI STORIES VAN DIE NG KERKNa afloop van hierdie week het ek opgewonde op Netwerk24 gaan kyk.Ek wou sien wat die jo...
30/08/2026

DIE MOOI STORIES VAN DIE NG KERK

Na afloop van hierdie week het ek opgewonde op Netwerk24 gaan kyk.

Ek wou sien wat die joernaliste gaan skryf oor hierdie week se Predikante Saamkoms in Goudini. Hoe gaan hulle hierdie paar dae verwoord? Watter stories gaan hulle vertel?

Want daar was soveel mooi stories...

Verhoudings wat herstel is.
Ou bande wat weer opgetel is.
Vriendskappe wat nuwe lewe gekry het.
Mense wat mekaar weer raakgeloop het.

En dan was daar die uitnemendheid waarmee hierdie week aangebied is!

Soveel begaafde predikante. Predikante wat diep d**k, goed kan lei, kreatief kan werk en met passie hulle roeping uitleef. Predikante wat nie net oor die toekoms van die kerk praat nie, maar dit met hulle lewens prakties help bou.

En tussen dit alles was daar iets wat my die meeste geraak het:

Predikante wat lief is vir die Here.

Predikante wat, met hulle eie stories, verliese en uitdagings, steeds opstaan en hulle beste gee vir God, vir die kerk en vir mense.

Ek het toe besef: hierdie is dalk nie die soort nuus wat altyd die meeste "clickbait" gaan kry nie.

“NG Kerk se predikante kom bymekaar, versoen, leer, aanbid, lag en droom weer saam” is waarskynlik nie heeltemal so aanloklik soos nog ’n storie oor wat alles verkeerd is nie.

Maar dit is NUUS.
En eintlik is dit BAIE goeie nuus.

Want daar is soveel mooi wat in die NG Kerk gebeur wat selde ’n koerant of die nuus haal.

Daar is gemeentes wat gemeenskappe verander.
Daar is kerke wat die nood aanspreek en mense optel.
Daar is lidmate wat ander mense dra.
Daar is leraars wat met ongelooflike toewyding dien.
Daar is jong mense wat hulle plek vind.
Daar is mense wat verskille oorbrug.
Daar is mense wat weer hoop.

En daar is ’n kerk wat, ten spyte van alles, steeds probeer om getrou aan Jesus te wees.

Daarom wil ek vandag eerder hierdie storie vertel.

Ek is trots op die mooi binne die NG Kerk.

Ons is nie perfek nie, ons maak foute, maar daar is soveel predikante en lidmate wat elke dag hulle beste gee om iets mooi van God se kerk te maak.

Dankie aan die Kerkbode vir die mooi stories wat julle raaksien en plaas.

En hierdie week het ek opnuut besef:

Die NG Kerk het BAIE om oor opgewonde te wees.

Dankbaar om deel te wees daarvan.

“Soos geplaas deur een van die lede.”

Kerkbode: https://www.facebook.com/share/17vT1hQKea/?mibextid=wwXIfr

Word 'n Vriend van Kerkbode: https://bybelmedia.co.za/donations/vriende-van-kerkbode/

Address

H/v Charlotte/en Wallisstraat, Denneoord
George
6530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente George-Denneoord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente George-Denneoord:

Share