10/08/2026
Basil Williams het ook nou aangegaan, daar van sy laaste uitspanplek by Saldana.
Die nuus van sy sterwe het baie swaar by baie van ons wat hom geken het, getref. Sy gereelde oproepe om net weer seker te maak van wat hy geleer en ervaar het; 'n getuienis wat hy moes oordra. So was hy.
Basis het een dag by die Bybelskool opgedaag. Hy het reeds vele "papiere" gehad, maar hy wou net nog leer. En hy het. Vir meer as 5 jaar was hy deel van die Didasko Bybelskool - nog daardie jare voor COVID, toe ons nog fisies klas gedraf het - en dit nie altyd gerieflik was (veral in die koue, soos ons dit tans ervaar nie). Maar hy wou en hy het. En nie opgehou nie. Selfs jare nadat hulle op Saldana gaan "aftree" het. Dit sou ook weer 9 jaar van diens wees.
Ons gaan jou mis, ou Grote.
(Begrafnisreëling is nog nie bekend nie.)