VGKSA URCSA Wellington

VGKSA URCSA Wellington In die soeke na Christus, bedien ons met liefde. 'n Kerk vir almal om Christus te vind.

Bidure - Woensdae: 19:00
Wyke bidure - 3de Woensdag van die maand
Kinderkerk - Sondae: 09:30-09:50
Erediens - Sondae 10:00

06/09/2026
JEUGDIENS - 6 SEPTEMBER 2026Hello almal.Sondag vind ons Jeug se Jeugdiens plaas in die vorm van 'n Jean en Tekkie diens....
05/09/2026

JEUGDIENS - 6 SEPTEMBER 2026

Hello almal.

Sondag vind ons Jeug se Jeugdiens plaas in die vorm van 'n Jean en Tekkie diens. Almal is hartlik welkom om hul jean en tekkies aan te trek en saam die jeuglike diens met ons jongmense te geniet.

BYBELSTUDIE - 2 SEPTEMBER 2026 @ 19:00Geliefde gemeente,Kom en deel in vanaand se Bybel uitleg om 19:00 by die kerk. Die...
02/09/2026

BYBELSTUDIE - 2 SEPTEMBER 2026 @ 19:00

Geliefde gemeente,

Kom en deel in vanaand se Bybel uitleg om 19:00 by die kerk. Die Bybel leer ons aanbid en God se diepste verlange van elke mens - kom luister na God se wil.

Bring u Bybel, notaboekie en 'n vriend saam.

VGK WELLINGTON – GEMEENTE FEESDINEE🌟Dankie, Gemeente!Wat ’n wonderlike aand van saamwees, vreugde en viering! Ons harte ...
30/08/2026

VGK WELLINGTON – GEMEENTE FEESDINEE🌟

Dankie, Gemeente!

Wat ’n wonderlike aand van saamwees, vreugde en viering! Ons harte is vol dankbaarheid. Ek is super trots op ons gemeente, en my familie kan eenvoudig nie uitgepraat raak oor gisteraand se spoggeleentheid nie!

’n Hartlike woord van dank aan elkeen wat die aand so besonders en onvergeetlik ingekleur het. Dankie aan elke helpende hand wat op enige manier bygedra het tot die sukses van hierdie besondere geleentheid.

Van ons eie Kerkraad, DJ, kelners, deurpersoneel, fotograaf, kokke, debutante en Wyke – elkeen van julle het ’n belangrike rol gespeel. 🙏🏽

U bydraes, u liefde, u opoffering en u bereidwilligheid om saam te werk, het verseker dat ons gemeente se Feesdinee ’n reuse sukses was.

'n SPESIALE WOORD VAN DANK

Aan ons eie ystersterk span, oftewel ons
VGK WELLINGTON “BOMB SQUAD” – DIE REËLINGSKOMITEE!

U het uself oortref! Die ure se beplanning, harde werk, reëlings en aandag aan detail het alles die moeite werd gemaak.Dankie. Dankie. Dankie!

Gemeente, weereens BAIE DANKIE vir ’n aand wat ons nog lank sal onthou.

Mag ons altyd hierdie gees van eenheid, liefde, samewerking en trots op ons gemeente behou.

VGK Wellington – saam is ons sterker!
Aan God al die eer!

EREDIENS – 30 AUGUSTUS 2026 | 10:00Geliefde gemeente,U word hartlik uitgenooi na die Erediens op Sondag, 30 Augustus 202...
29/08/2026

EREDIENS – 30 AUGUSTUS 2026 | 10:00

Geliefde gemeente,

U word hartlik uitgenooi na die Erediens op Sondag, 30 Augustus 2026 om 10:00, onder die leiding van Past. Pietie Williams.

Ons leraar, Ds. Roger Groenewald, dien môre by Sandrivier tydens die kwartaallikse buitediens.

Laat ons as gemeente saam optrek na die Huis van die Here, om Hom te aanbid en ons lof en eer aan ons Here en Verlosser te bring.

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan.” – Psalm 122:1

Kom beleef die teenwoordigheid van God saam met ons.
Almal is hartlik welkom!

CYM / JEUG - 28 AUGUSTUS 2026Kom wees deel vanaand om 18:00 in die Breedtsaal.Ons tema: "Getting back To the basics" - T...
28/08/2026

CYM / JEUG - 28 AUGUSTUS 2026

Kom wees deel vanaand om 18:00 in die Breedtsaal.

Ons tema: "Getting back To the basics" - Terug na die "basics" van 'n lewe met Christus in die sentrum.

Kom kuier, gesels, groei in geloof en wees deel van die ' fellowship'

Almal is hartlik welkom.

GEMEENTE BIDUUR - 26 AUGUSTUS 2026 @19:00Geliefde gemeente,U word hartlik uitgenooi na vanaand se Biduur om 19:00 by die...
26/08/2026

GEMEENTE BIDUUR - 26 AUGUSTUS 2026 @19:00

Geliefde gemeente,

U word hartlik uitgenooi na vanaand se Biduur om 19:00 by die kerk.

Kom ons deel in die tema deur te luister na hoe God ons elkeen wil gebruik om Sy Koninkryk te laat kom.

Hoop om u daar te sien.

DOOPDIENS - 23 Augustus 2026 @ 10:00Geliefde gemeente, U word hartlik uitgenooi na eerskomende Sondag se Doopdiens.Tema:...
21/08/2026

DOOPDIENS - 23 Augustus 2026 @ 10:00

Geliefde gemeente,

U word hartlik uitgenooi na eerskomende Sondag se Doopdiens.

Tema: “Geseël deur God se genade”
Skriflesing: Romeine 6:3–5
Prediker: Ds. Roger Groenewald

Kom vier saam met ons die wonder van God se genade, sy verbond en sy beloftes tydens hierdie besondere doopdiens.

Almal is hartlik welkom!

BYBELSTUDIE - 19 AUGUSTUS 2026 @19:00Geliefde gemeente,U word hartlik uitgenooi na ons Bybelstudie vanaand om 19:00 by d...
19/08/2026

BYBELSTUDIE - 19 AUGUSTUS 2026 @19:00

Geliefde gemeente,

U word hartlik uitgenooi na ons Bybelstudie vanaand om 19:00 by die kerk. Die fokus sal wees Openbaring 10.

Sien u daar!

KANSELRUILING - VGK WELLINGTON & VGK AGTER-PAARLGeliefde gemeente,Ons nooi u hartlik uit na ’n besondere Kanselruiling t...
14/08/2026

KANSELRUILING - VGK WELLINGTON & VGK AGTER-PAARL

Geliefde gemeente,

Ons nooi u hartlik uit na ’n besondere Kanselruiling tussen VGK Wellington en VGK Agter-Paarl.

Datum: Sondag, 16 Augustus 2026
Tyd: 10:00
Plek: VGK Wellington
Gasprediker: Ds. Christo Williams

Die erediens sal verder verryk word deur:

Spesiale optrede: VGK Agter-Paarl Kerkkoor
Spesiale gaste: Ligstraal Skool vir LSO

Kom beleef saam met ons ’n besondere geleentheid van aanbidding, gemeenskap en geestelike verryking.

Almal is hartlik welkom!

Ons sien daarna uit om u en u familie by die erediens te verwelkom.

Address

Melling Street
Wellington
7655

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VGKSA URCSA Wellington posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to VGKSA URCSA Wellington:

Shortcuts

Share