04/10/2025
Bonfire-aand by VGK Wellington Jeugtak
Wat ’n ongelooflike manier om die kwartaal af te sluit! Ons programleier, ons eie Kylo Le Cordeur, het die aand met passie gelei. Tema: “Burn the Fear. Build the Fire.”
Ons het ons vrese en skynbare tekortkominge in die vuur gegooi en saam Jenga gebou op die Godgegewe talente en gawes wat die Here vir ons gegee het.
Jeugtakke van VGK Van Wyksvlei en vriende van Bergrivier het die aand saam met ons geniet—dominoes, Jenga, selfs ’n bietjie “telefoontjie”.
Wees sterk en moedig. Moenie bang wees of ontmoedig word nie, want die Here jou God is met jou, oral waar jy gaan.Josua 1:9
Die heerlike herinneringe en die heerlike lag sal nog lank by ons bly. Ons kan nie wag om dit weer te doen nie!