Agape Gemeente Potchefstroom

Agape Gemeente  Potchefstroom Ons bedien oud en jonk met die Woord van God, want ons is 'n Drie Generasie Gemeente waar die Hele Fa

Agapé Gemeente is ‘n Bybelse Evangeliese Gemeente in die Heiligheids Tradisie, Wesleyaans. Ons glo dat God ons as wedergebore kinders van die Here, oproep tot ‘n heilige lewens wandel. Die christen lewe word gekenmerk deur die reiniging van die hart van erfsonde en die vervulling met die Heilige Gees as ’n tweede genade werk na wedergeboorte. Die ondervinding word ondervind deur algehele toewyding

en oorgawe aan die wil van God. Net soos redding is volkome heiligmaking nie deur werke nie, maar is ‘n genadewerk van God, wat in die geloof opgeneem moet word. Die gevolg is om God en mens lief te hê en te dien uit ’n rein hart. Hierdie leerstelling van redding en volkome heiligmaking onderskei Agapé Gemeente van ander Christelike denominasies.

🌿 ’N SORGSAME DOMINEE BOU SY GEMEENTE EN ’N SORGSAME GEMEENTE BOU HUL DOMINEEOktober is Pastors Appreciation Month — ’n ...
04/09/2026

🌿 ’N SORGSAME DOMINEE BOU SY GEMEENTE EN ’N SORGSAME GEMEENTE BOU HUL DOMINEE

Oktober is Pastors Appreciation Month — ’n besondere geleentheid om ons dankbaarheid te bewys teenoor die mense wat God geroep het om ons geestelik te lei, te versorg en saam met ons die pad te stap.

Maar daar is ’n waarheid wat ons maklik vergeet:

’n Pastoor bou nie alleen nie.

’n Pastoor bid, leer, bemoedig, waarsku, dra laste en staan dikwels saam met mense in hulle donkerste oomblikke. Deur sy bediening help hy om mense se geloof te versterk en hulle nader aan Christus te bring.

Maar dan gebeur iets besonders…

Wanneer mense hulle pastoor ondersteun, bemoedig en vir hom bid, bou húlle ook in hóm.

Dit gaan nie bloot oor waardering in Oktober nie.
Dit gaan oor ’n kultuur van dankbaarheid, liefde en wedersydse ondersteuning wat die hele jaar behoort te leef.

Kom ons bedank nie net ons pastoor vir wat hy doen nie — kom ons bid vir hom, bemoedig hom, dra hom en staan langs hom.

Want wanneer ’n gemeente en sy pastoor saam bou, word daar iets groter gebou as net ’n gemeente…

’n Koninkryk word gebou.

❤️ Aan elke predikant, dominee, pastoor en geestelike leier: Dankie dat jy bou.
🙏 Aan elke gemeente: Kom ons bou ook aan hom.

“Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.” — Galasiërs 6:2

02/09/2026
Altyd 'n besonderse tyd van die week,om so saam met ons Goue jare groep saam te kuier by die Dienssentrum. Ons gesels sa...
28/08/2026

Altyd 'n besonderse tyd van die week,om so saam met ons Goue jare groep saam te kuier by die Dienssentrum. Ons gesels saam en sing saam en maak tyd vir God se Woord. Die Here is so getrou en Hy ontmoet ons altyd presies waar ons Hom die nodigste het. Loof die Here. Ons by Agape Gemeente Potchefstroom bid besonderlik vir die Dienssentrum met al hulle bedienings en die geweldige groot werk wat hulle verrig vir ons bejaardes in die Potchefstroom gemeenskap. Blessings en liefde.Ds.Willie Henning

Geliewe Agapé Gemeente.Ek nooi jou uit,en nooi jy ook iemand anders saam vir Sondag se diens. Doen moeite en beplan jou ...
26/08/2026

Geliewe Agapé Gemeente.
Ek nooi jou uit,en nooi jy ook iemand anders saam vir Sondag se diens. Doen moeite en beplan jou naweek so, om daar te wees.🤗🙏
Weet ek sal dit waardeer en kom 'n verwagting van die Here. Dat Hy Sy Woord tot ons harte sal bevestig.
Dankie vir elkeen wat so meelewend arbeid om die Koninkryk van God uit te bou,terwyl daar nog tyd is.
Wees gebless.Ds.Willie

Geliewe Agapé Gemeente,voordat jy in droomland is,kan jy gerus hierdie saam deur lees. Wees gebless.HOU VAS WAT JY HET "...
22/08/2026

Geliewe Agapé Gemeente,voordat jy in droomland is,kan jy gerus hierdie saam deur lees. Wees gebless.

HOU VAS WAT JY HET

"Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom." Open 2:25

In die konteks:
Jesus praat met die gemeente in Tiatira (Open 2:18-29).
Hy prys hulle eers: Ek ken julle werke, liefde, diens, geloof en lydsaamheid (v19).
Maar daar was kompromie en misleiding binne die gemeente.
Jesus sê om iets nuuts te soek nie,inteendeel sê Hy "hou vas wat julle reeds het."

Die woord vir "hou vas" hier is om kragtig vas te gryp en nie los te laat nie.

Dus, Wat moet ons vashou?

Hou vas aan wat Christus reeds in jou lewe bewerk het:onthou jy daardie Reddende geloof, die getuienis van wedergeboorte en die reiniging van jou hart en die vervulling met die Heilige Gees.
Jou toewyding tot Sy diens en die uitbreiding van Sy koninkryk.
Sy Woord en Waarheid, jou geloof en liefde vir Hom.
Jou diensbaarheid en volharding in die goeie.

Moenie dit stadig prysgee onder druk nie, moet dit nie laat gaan nie.

Hoe lank nog moet jy vashou? Totdat Ek kom sê Jesus.
Jy sien daar is 'n eindbestemming.
Ons hou nie vas omdat ons sterk is nie, maar omdat Hy so getrou is.
"Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou." Heb 10:23

Net soos 'n bergklimmer nie die kruin sien nie, maar op beweeg deur te soek na die volgende greep op die rotswand, so is geloof soms. Jy hoef nie die hele pad vooruit te sien nie, jy hoef net vas te hou.

Ons wag nie vir 'n beter dag nie. Ons wag vir 'n Persoon en Sy Naam is Jesus vir wanneer Hy terugkom.

Wat het God aan jou toevertrou, wat jy nou onder druk van die wêreld, die vyand,die vlees of mense, besig is om te laat los? Moenie los nie. Hou vas. Jesus is al wat jy nodig het.

Bid saam as die Here jou so lei.
Here Jesus, dankie dat U getrou bly wanneer ek moeg word en my greep verloor.Help my om vas te hou aan wat U in my lewe alreeds gedoen het tot die dag dat U kom of wanneer ek U sal sien met die uitblaas van my laaste asem. Tot dan, hou my trou Here Jesus,hou my trou. Amen.

Mag die kleindingetjies in jou lewe vir jou die kosbaarste wees. Dank die Here vir alles wat jy as van selfsprekend aanv...
22/08/2026

Mag die kleindingetjies in jou lewe vir jou die kosbaarste wees.
Dank die Here vir alles wat jy as van selfsprekend aanvaar. Dien Hom en Eer Hom daarvoor.
Dank die Here vir jou geliefdes, jou familie en ook jou geestelike familie by die Agape Gemeente Potchefstroom
Blessings en Liefde. Ds.Willie

🦊 DIE KLEIN KLEIN JAKKALSIES – nr 8Hierdie Sondag wag daar nóg ’n verrassende boodskap in ons reeks.Sondag | 23 Augustus...
21/08/2026

🦊 DIE KLEIN KLEIN JAKKALSIES – nr 8

Hierdie Sondag wag daar nóg ’n verrassende boodskap in ons reeks.

Sondag | 23 Augustus | 09:00
📍 Agapé Gemeente Potchefstroom

Kom wees deel daarvan. Jy wil hierdie een nie misloop nie!

Blessings Ds.Willie

Address

194 Beyers Naude Street
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Agape Gemeente Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share