Pitstop met God

Pitstop met God Pitstop met God, saam met Ds. Willie Henning is 'n bediening wat tans lugtyd geniet op LIFEFM/ Radio.

My motto is: Waar die Tekkie die Teer Tref moet Jy Jesus Christus Uitleef! Ons wil elke persoon help om te groei in hul verhouding met God.

🌿 ’N SORGSAME DOMINEE BOU SY GEMEENTE EN ’N SORGSAME GEMEENTE BOU HUL DOMINEEOktober is Pastors Appreciation Month — ’n ...
04/09/2026

🌿 ’N SORGSAME DOMINEE BOU SY GEMEENTE EN ’N SORGSAME GEMEENTE BOU HUL DOMINEE

Oktober is Pastors Appreciation Month — ’n besondere geleentheid om ons dankbaarheid te bewys teenoor die mense wat God geroep het om ons geestelik te lei, te versorg en saam met ons die pad te stap.

Maar daar is ’n waarheid wat ons maklik vergeet:

’n Pastoor bou nie alleen nie.

’n Pastoor bid, leer, bemoedig, waarsku, dra laste en staan dikwels saam met mense in hulle donkerste oomblikke. Deur sy bediening help hy om mense se geloof te versterk en hulle nader aan Christus te bring.

Maar dan gebeur iets besonders…

Wanneer mense hulle pastoor ondersteun, bemoedig en vir hom bid, bou húlle ook in hóm.

Dit gaan nie bloot oor waardering in Oktober nie.
Dit gaan oor ’n kultuur van dankbaarheid, liefde en wedersydse ondersteuning wat die hele jaar behoort te leef.

Kom ons bedank nie net ons pastoor vir wat hy doen nie — kom ons bid vir hom, bemoedig hom, dra hom en staan langs hom.

Want wanneer ’n gemeente en sy pastoor saam bou, word daar iets groter gebou as net ’n gemeente…

’n Koninkryk word gebou.

❤️ Aan elke predikant, dominee, pastoor en geestelike leier: Dankie dat jy bou.
🙏 Aan elke gemeente: Kom ons bou ook aan hom.

“Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.” — Galasiërs 6:2

02/09/2026
Op my Hart - as die Dominee nie kan wag vir Sondagoggend nie - Vars ontmoeting met God - lekker koffie - mense weer ontv...
15/08/2026

Op my Hart - as die Dominee nie kan wag vir Sondagoggend nie -
Vars ontmoeting met God - lekker koffie - mense weer ontvang - samesang en Woord bediening - dit alles omdat Jesus vir ons gesterf het.
Waarna sien jy uit vir Sondagoggend?

Vir die wat gereeld inskakel en die wat nuut aansluit,welkom. Ek is opgewonde om jou uit te nooi na vanaand die afskop m...
12/08/2026

Vir die wat gereeld inskakel en die wat nuut aansluit,welkom. Ek is opgewonde om jou uit te nooi na vanaand die afskop met 'n nuwe reeks. Die Klein Klein Jakkalsies van die Lewe. Die sal vanaand begin om 20:00 op Life FM SA se Facebook kanaal. So moenie uit mis nie. Sien dan.Blessings Ds..Willie

11/08/2026

Vir die wat graag wil opvang of weer luister die reeks oor "Die Visserman se Storie" Die brief van Petrus. Hier is die skakel, kliek op soundcloud hier onder en dan kan jy dit weer luister. Scroll net af na die eerste program,jy sal sien dit is mooi genommer. Dankie vir Brandon Meyer by Lifefm wat dit vir ons moontlik maak. Mag die Here jou Bless terwyl jy luister en share.Blessings Ds.Willie

In die afgelope weke gesels ons oor die Klein Jakkalsies en iemand vra: "nou wat van die wolwe"😜❓En al wat ek aan dink i...
08/08/2026

In die afgelope weke gesels ons oor die Klein Jakkalsies en iemand vra: "nou wat van die wolwe"😜❓

En al wat ek aan dink is as wolwe skaapsklere aangetrek het,dan is 'n wolf baie gevaarlik en kan geweldige skade aanrig erger as die van die klein jakkalsie.

Dus,wat 'n WAARSKUWING AAN DIE GEMEENTE,DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS.

Die kerk se krag word baie kere nie van buite die kerkgrense afgebreek nie, maar van binne word dit aangeval en verswak wanneer ons as lidmate self geestelik vals beginne optree en voorgee. Hierdie vermaning vra nie net: "Wie in die kerk is gevaarlik?" nie, maar: "Here, is ek dalk die skuldige een wat die skade aanrig en hoe gemaak as ek skuldig is?

Van die eerste gevaartekens is as volg:

1. *Wanneer erkenning van mense vir my belangriker word as die goedkeuring van God*
Dis wanneer ek net dien en dinge doen as mense dit kan sien – ek sing, bid hardop of help, of gee net solank iemand my naam kan noem en dankie sê voor ander.

EGTE / OPREGTE geloof dien egter getrou agter die skerms of jy nou gesien word of nie.
Daar waar net God sien moet voldoende wees vir die kind van die Here.

2. *Wanneer ons die Bybel ken, maar niks DOEN wat dit vra nie.*
Ons ken die regte antwoorde tydens byeenkomste, ons kan ander selfs teregwys en op hulle plek sit met ons skrifkennis, maar tuis lewe jy eintlik maar 'n dubbele lewe.

Geestelike volwassenheid is nie hoeveel jy weet nie, maar gaan eerder oor hoeveel jy gehoorsaam is aan God.

3. *Wanneer ons vinnig praat en stadig vra om verskoning en vergifnis.*
Dis die mees algemene gewoonte om maklik oor ander se foute te praat, maar jy sal nooit na hulle toe gaan en verneem hoe jy kan help nie.
'n Getroue lidmaat gebruik eerder sy woorde om op te bou,in stede daarvan om ander af te breek.

4. *Wanneer ons verdeeldheid veroorsaak*
Dis wanneer ons skinderstories aanstuur op WhatsApp, kante kies wanneer daar konflik is,party is vir Paulus ander weer vir Apollos, veral in 'n rusie, of jy vorm 'n kliek wat ander sien as 'n bedreiging en is net ons wat reg is,hulle is verkeerd,terwyl ons almal een is in Christus.

'n Geesvervulde lidmaat bewaak die eenheid van die Gemeente van God, selfs wanneer daar verskil word,want God gebied Sy seën waar daar eensgesindheid is.

5. *Wanneer ons geestelik lyk, maar geen vrug dra nie*
Ons kan elke Sondag kerk bywoon, hande ophef en aanbid en selfs "Amen" sê, maar by die huis is ons vol ongeduld, bitterheid en hardnekkigheid om te buig voor God en die Waarheid uit die Woord.
Want die "EK" kan nooit getem word nie,die "EK" moet gekruisig word saam met Christus.

God soek nie 'n mooi vertoning nie, maar Hy soek die vrug wat die Helige Gees oplewer in ons alledaagse lewens, dit wat sigbaar word in ons verhoudinge met God en mens.

6. *Wanneer ons die waarheid verdraai*
Dis wanneer ons 'n halwe waarheid vertel, 'n Bybelteksvers uit verband ruk om ons eie gedrag en optrede te regverdig, of ander met ons eie opinies wil beindruk en doelbewus wil mislei.

'n Getroue en Geesvervulde lidmaat bly eerlik en getrou, toegewy aan God en Sy Woord, selfs al kos dit hom iets,want Christus het met Sy Alles betaal.

Hierdie paar gedagtes dwing ons tot ons knieë om in gebed tot God te gaan en toe te laat dat die Heilige Gees aan ons openbaar hoe ons lyk.
Is jy daardie wolf, bely dan en vra die Here om jou te vergewe en jou te verander, jou die wedergeboorte te skenk, sodat jy van Sy egte Skape kan word.

Wees eerder 'n lam soos ons voorbeeld Jesus Christus.
Blessings Ds.Willie

Address

192 Beyers Naude
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pitstop met God posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Pitstop met God:

Shortcuts

Share