George-Bergsig Gemeente

George-Bergsig Gemeente God verander lewens. Hy stuur ons om Sy liefde te leef

Daarom:
Sien raak, gee om, & gaan groot! Eredienste: Sondae 08:30 / 10:15

Ons leef ons verhouding:
- DIEPER met GOD deur aanbidding, gebed, dissipelskap & onderrig
- NADER aan MEKAAR deur gemeenskap en versorging
- WYER na die WÊRELD deur getuienis en barmhartigheid

Ons gemeente skep ruimtes waarin gelowiges binne hierdie drie verhoudings kan groei en daagliks God se wil vir Bergsig prakties kan uitleef. Ons is saam met die Here op reis om die visie 'n konkrete realiteit te maak in ons gemeente.

04/09/2026
01/09/2026

Laaste kans! WhatsApp die kerkkantoor om jou plek te bespreek (+27791368107)

Fondse gaan direk vir ons sendelinge 🙏

28/08/2026

In vandeesweek se Bulletin:
* Koos van der Merwe by die Pannekoek-ontbyt!

* Petronel Baard kuier Vrydag, 18 September by ons!

Die stof het al gaan lê na Msinga 2026, maar God se transformerende liefde leef voort in elkeen van ons, en daai gemeens...
14/08/2026

Die stof het al gaan lê na Msinga 2026, maar God se transformerende liefde leef voort in elkeen van ons, en daai gemeenskap se harte

Lees hier bietjie meer oor Msinga 2026

Elke jaar, tydens die Junie/Julie-skoolvakansie, pak George-Bergsig-gemeente die lang pad na Ebusi, Msinga, in KwaZulu-Natal aan. Wat vir baie soos 'n jaarlikse uitreik lyk, begin lank voor die eerste bus vertrek, in gebed. Maande se beplanning en voorbereiding word voortdurend aan die Here opgedra....

Geseënde vrouedag van die Bergsig familie. Mag elke vrou vandag herinner word aan hoe kosbaar, uniek en geliefd sy is. M...
09/08/2026

Geseënde vrouedag van die Bergsig familie.

Mag elke vrou vandag herinner word aan hoe kosbaar, uniek en geliefd sy is. Mag ons mekaar vier, bemoedig en dra, vandag en elke dag

Ons jaarlikse WêreldImpakNaweek is om die draai! En jy kan natuurlik weer uitsien na heerlike pannekoek, soet en sout, t...
07/08/2026

Ons jaarlikse WêreldImpakNaweek is om die draai! En jy kan natuurlik weer uitsien na heerlike pannekoek, soet en sout, ten bate van ons sendelinge!

Kom eet en kuier lekker saam, en luister na bekende digter en sanger, Koos van der Merwe!

Kaartjies is van Dinsdag 11 Augustus by die kerkkantoor beskikbaar!

Bergsig se Vrouedagviering was ’n oggend vol lag, hartlike geselskap en kosbare saamwees.Suria Scholtz se inspirerende a...
04/08/2026

Bergsig se Vrouedagviering was ’n oggend vol lag, hartlike geselskap en kosbare saamwees.

Suria Scholtz se inspirerende aanbieding oor kreatiewe stiltetydjoernale het elke vrou aangemoedig om op ’n vars en betekenisvolle manier tyd saam met die Here deur te bring.

Vriendinne, ma’s, dogters en selfs vreemdelinge wat gou vriende geword het, het saam gekuier, lekker geëet en die voorreg van vrouwees gevier.

Dit was ’n oggend gevul met vreugde, inspirasie en dankbaarheid.

Address

Hoek Van Vierde En Meyerstraat
George
6529

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 08:30 - 11:30

Telephone

+27791368107

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when George-Bergsig Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share