Bloemfontein Baptiste Kerk

Bloemfontein Baptiste Kerk Afrikaanse kerk vir die gesin. DIENSTYE
8:30 | 10:15 | 18:30
(1)

Dis ń spesiale dag en ons sien uit om saam met julle te kuier! Onthou die DIENSTYE 8:30 / 10:30 en 18:30
06/09/2026

Dis ń spesiale dag en ons sien uit om saam met julle te kuier!

Onthou die DIENSTYE 8:30 / 10:30 en 18:30

Ons vier ons kerk se 36ste verjaarsdag saam by die ARC Conference in Pretoria!Wat ’n voorreg om saam met ander gelowiges...
02/09/2026

Ons vier ons kerk se 36ste verjaarsdag saam by die ARC Conference in Pretoria!

Wat ’n voorreg om saam met ander gelowiges bymekaar te kom — om te leer, te groei en getuies te wees van GOD WAT SY KERK BOU.

Ons kyk met dankbaarheid terug oor 36 jaar van God se genade en getrouheid, maar ons kyk ook met groot verwagting vorentoe vir dit wat die Here nog in en deur ons gemeente wil doen.

Ons droom saam groot, want “…aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.”
- Efesiërs 3:20–21

Hiep hiep hoera!  Dankie Jesus vir 36 jaar!Wat ’n voorreg om vanoggend terug te kyk oor die afgelope 36 jaar, met harte ...
02/09/2026

Hiep hiep hoera! Dankie Jesus vir 36 jaar!

Wat ’n voorreg om vanoggend terug te kyk oor die afgelope 36 jaar, met harte vol dankbaarheid vir God se genade, trou en goedheid.

Deur elke seisoen, elke hoogtepunt en elke uitdaging was Jesus die hoeksteen van hierdie kerk. Ons vier nie net waar ons vandaan kom nie, maar ook die Een wat ons tot hier gedra het.

En ons sien met verwagting uit na alles wat nog voorlê!

Ons vier dit Sondag 6 September 8:30 | 10:30 | 18:30
Almal is welkom!

Johannes 3 herinner ons aan die grootste waarheid: God het ons só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het. Dit gaan n...
24/08/2026

Johannes 3 herinner ons aan die grootste waarheid: God het ons só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het.

Dit gaan nie oor wat ons kan doen nie, maar oor wat God reeds vir ons gedoen het. Glo in Hom, ontvang Sy liefde en begin nuut leef.

21/08/2026

Goeiemôre!

Mag jy vanoggend onthou: Jesus sien jou raak. Hy ken jou deur en deur. Hy ken jou hart, jou vrese, jou drome, jou foute en jou verlede.

En ten spyte van dit alles, kyk Hy steeds na jou en sê: “Volg My.”
Wat ’n genade dat Hy ons ken… en ons steeds nooi om saam met Hom te stap.

20/08/2026

Die tyd hardloop uit!

As jy 'n man is wat wonder oor jou rol in die huis en of jou invloed werklik belangrik is, is hierdie konferensie vir jou. Kom leer hoe om 'n MASTER MENTOR te wees waar ook al jy beweeg.

Dames daar is 'n uitstekende program vir julle - The Mother Design.

THE WORLD NEEDS A FATHER / THE MOTHER DESIGN
21 - 23 Augustus by Bloemfontein Baptiste Kerk

Die program is as volg:
Vrydag 18:00 - 21:00
Saterdag 8:00 - 16:00
Sondag 12:00 - 15:00

Volg die skakel vir meer Inligting of om te registreer.
https://bloemfonteinbaptistekerk.churchsuite.com/.../1352

19/08/2026

Het jy al The World Needs a Father bygewoon? Kom doen dit weer!

Want elke seisoen bring nuwe uitdagings, nuwe vrae en nuwe geleenthede om te groei. Daar is iets wat die Here in hierdie seisoen op jou hart wil druk, iets wat Hy wil genees, herstel en nuut maak.

Kom ontvang die regte perspektief, kry praktiese hulpmiddels en word toegerus om met wysheid en doelgerigtheid vorentoe te beweeg.

The World Needs a Father

21 - 23 Augustus by Bloemfontein Baptiste Kerk
Die program is as volg:
Vrydag 18:00 - 21:00
Saterdag 8:00 - 16:00
Sondag 12:00 - 15:00

Volg die skakel vir meer Inligting of om te registreer.
https://bloemfonteinbaptistekerk.churchsuite.com/.../1352

Soos ons deur die Evangelie van Johannes werk, plaas ons elke Maandag ’n kort oorsig van die week se hoofstuk.Gebruik di...
17/08/2026

Soos ons deur die Evangelie van Johannes werk, plaas ons elke Maandag ’n kort oorsig van die week se hoofstuk.

Gebruik dit in jou stiltetyd, kyk na die uitdaging op die laaste skyfie en stuur dit vir iemand aan.

Kom ons maak God se Woord prakties - sodat ons kan glo.

15/08/2026

Dis weer tyd vir The World Needs a Father!

Ons nooi alle mans en vrouens uit na hierdie konferensie op 21 Aug - 23 Aug by die Bloemfontein Baptiste kerk. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Nooi asseblief jou vriende en kom kry jou geestelike inspirasie en wysheid vir 'n tyd soos nou.

Volg die skakel om te registreer https://bloemfonteinbaptistekerk.churchsuite.com/calendar/events/1352

Sien julle daar!

14/08/2026

THE WORLD NEEDS A FATHER

By The World Needs a Father fokus ons nie net op die rol van pa’s nie, maar ook op die unieke invloed van ma’s.

A Mother Design is ’n spesiale program wat vir die dames aangebied word - ’n geleentheid om te ontdek hoe God jou as ma ontwerp het, hoe jou invloed jou kinders vorm en hoe jy met wysheid, liefde en doelgerigtheid kan bou aan die volgende generasie.

Want die wêreld het nie net goeie vaders nodig nie.
Dit het moeders nodig wat weet wie hulle is, Wie hulle dien en watter verskil hulle maak.

Kom wees deel van hierdie spesiale geleentheid en bring gerus ’n vriendin saam!

21 - 23 Augustus
Bloemfontein Baptiste Kerk
Die program is as volg:
Vrydag 18:00 - 21:00
Saterdag 8:00 - 16:00
Sondag 12:00 - 15:00

Volg die skakel vir meer Inligting of om te registreer.
https://bloemfonteinbaptistekerk.churchsuite.com/calendar/events/1352

Address

1 Van Blerk Avenue, Spitskop
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:15 - 13:00
Tuesday 08:15 - 13:00
Wednesday 08:15 - 13:00
Thursday 08:15 - 13:00
Friday 08:15 - 13:00
Sunday 08:30 - 11:30
18:30 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bloemfontein Baptiste Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Bloemfontein Baptiste Kerk:

Share