NG Kerk Langenhovenpark

NG Kerk Langenhovenpark Ons is 'n dinamiese NG Gemeente in Langenhovenpark, Bloemfontein. Ons Eredienste is Sondagoggende 9:00.

Met ons diverse bedienings, probeer ons om aan 'n groot verskeidenheid mense 'n geestelike tuiste te bied. Dan is daar ook 'n Kleuterkerk, Kinderkerk , Junior Omgeegroepe en 'n hoërskoolgroep, genaamd Tieners vir Christus.

Ons het die afgelope Sondag 'n 2de jaar teologie student gehad wat by ons kom preek het, baie dankie Pieter vir die dien...
07/09/2026

Ons het die afgelope Sondag 'n 2de jaar teologie student gehad wat by ons kom preek het, baie dankie Pieter vir die diens.

Maak nie saak hoe koud en winderig dit was nie, die lente kermis was 'n baie groot triomf, ons gemeente sal altyd opstaa...
07/09/2026

Maak nie saak hoe koud en winderig dit was nie, die lente kermis was 'n baie groot triomf, ons gemeente sal altyd opstaan!
Baie dankie vir almal wat deelgeneem het en 'n draai kom maak het!

Al waai die wind ons weg gaan ons steeds Kermis hou! Onthou om vanmiddag vanaf 5 uur 'n draai by die Kerk te kom maak om...
04/09/2026

Al waai die wind ons weg gaan ons steeds Kermis hou! Onthou om vanmiddag vanaf 5 uur 'n draai by die Kerk te kom maak om jou aandete, nagereg en heerlike koeke en terte vir die naweek te kom koop!

Mis jy daai lekker gevoel van gemeenskap, lekker geselskap, die reuk van braaivleis en pannekoek in die lug, en net ’n l...
02/09/2026

Mis jy daai lekker gevoel van gemeenskap, lekker geselskap, die reuk van braaivleis en pannekoek in die lug, en net ’n lekker gemeente-atmosfeer? 🌞

Vrydag 4 September kan jy dit alles kom ervaar by die lente Kermis by NG Kerk Langenhovenpark om 17:00! 🎉

Bring jou familie, bring jou vriende en hulle vriende, jy wil definitief nie die kermis misloop nie!

Wil jy net rustig sit en ’n koffie en pannekoek geniet, maar wonder wat om met die kinders te maak? Moenie worry nie! Ons het ’n springkasteel met lekker toesig, sodat die kinders hulself kan geniet terwyl jy ’n bietjie kan ontspan. 🎈

En dan wag daar ook nog ’n onvergeetlike avontuur op die kinders… 👀 Ek hoor dis iets wat jy nie wil misloop nie!

Sien julle Vrydag! ☀️
(as jy die fotograaf sien, roep hom gerus dat hy 'n foto van jou en jou familie en/of vriende neem, hy doen dit met graagte)

Moet nie vergeet, Sondag 'n halfuur na kerk, ontmoet ons almal by die oop stuk veld lanks Elsabé Steenberg vir ons jaarl...
01/09/2026

Moet nie vergeet, Sondag 'n halfuur na kerk, ontmoet ons almal by die oop stuk veld lanks Elsabé Steenberg vir ons jaarlikse Stap en Fietsry vir bybels.
Indien dit reen en modderig is sal daar gekommunikeer word tot wanneer dit uitegestel word

Die kleuterkerk se muur het nuwe lewe gekry met n pragtige muur kunswerk.
31/08/2026

Die kleuterkerk se muur het nuwe lewe gekry met n pragtige muur kunswerk.

Sondag by die jongklomp het hulle vissies gevang en geleer hoe om vissers van mense te wees, baie lekker gedans en 'n ge...
31/08/2026

Sondag by die jongklomp het hulle vissies gevang en geleer hoe om vissers van mense te wees, baie lekker gedans en 'n gesellige tydjie gehad

Sondag 30 Augustus by Ng kerk LangenhovenparkJesaja 40: 18 & 27-31Met wie wil julle god vergelyk
28/08/2026

Sondag 30 Augustus by Ng kerk Langenhovenpark
Jesaja 40: 18 & 27-31
Met wie wil julle god vergelyk

Kermis is om die draai, jy gaan dit nie wil misloop nie, so baie stalletjies met kos wat jou 2 of 3 keer sal wil laat te...
26/08/2026

Kermis is om die draai, jy gaan dit nie wil misloop nie, so baie stalletjies met kos wat jou 2 of 3 keer sal wil laat terug kom, daar is lekker aktiwiteite vir die jong klomp om hulle besig te hou.

Sluit jou werks week af met n gesellige gemeente byeenkoms by die NG kerk Langenhovenpark kermis om 5 uur, 4 September.

'n Heerlike en opwindende Sondag by Sondag Skool. Die kinders het weereens so lekker gedans en n lekker speletjie gespee...
25/08/2026

'n Heerlike en opwindende Sondag by Sondag Skool. Die kinders het weereens so lekker gedans en n lekker speletjie gespeel

Address

Cnr Etienne Le Roux & Boerneef Street
Bloemfontein
9330

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00
Sunday 09:00 - 10:00
18:00 - 19:00

Telephone

+27514462225

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Langenhovenpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Langenhovenpark:

Shortcuts

Share