Pellissier Gemeente

Pellissier Gemeente Pellissier Gemeente is 'n plek waar jy deel van die familie kan wees, 'n familie wat saam lewe in God se liefde.

Pellissier Gemeente is deel van God se familie wat Sy hande en voete in die wêreld is - daarom bedien ons mekaar en ander met die gesindheid en goeie nuus van Jesus Christus.

Daar is nog net 4 x 4 b***e beskikbaar! Indien jy jou plek wil bespreek, kontak Ronél by nommer op advertensie.
07/09/2026

Daar is nog net 4 x 4 b***e beskikbaar! Indien jy jou plek wil bespreek, kontak Ronél by nommer op advertensie.

Welcome to our English service! May the Lord bless you as you watch this. If you are from out of town and you are tuning...
06/09/2026

Welcome to our English service! May the Lord bless you as you watch this. If you are from out of town and you are tuning into our services on a regular basis, please drop us a line and tell us where you are from? https://www.youtube.com/watch?v=Q-dCS5M1Po0

06/09/2026

Dis ons laaste erediens in die Groei reeks en dis obvious waar ons eindig! 😉
Almal is welkom. Almal kom worship. Almal kan groei.
Deur: Francois Lamprecht
Baie welkom by ons erediens - ons glo dit sal vir jou ‘n geseënde geleentheid wees. Laat weet ons asb. van waar af jy inskakel vandag.
As jy gereeld van ver af inskakel sal ons graag met jou wil kontak maak, volg gerus die skakel https://www.ngkerkpellissier.co.za/welkombypellissier en een van ons leraars sal jou kontak.
==========================================================
Om jou dankoffer of bydrae te maak gebruik gerus een van ons veilige aanlyn opsies by:
http://www.ngkerkpellissier.co.za/bydrae
Jou bydrae maak dit moontlik vir ons om te bedien in God se koninkryk.

06/09/2026

God wag nie dat jy eers ’n beter mens moet word voordat Hy jou liefhet nie. As verbondskind of as iemand wat later tot bekering gekom het, is jy in Christus reeds nuut gemaak, geliefd en syne. Nou roep Hy jou om al hoe meer te leef soos die mens wat jy reeds in Christus is.

Kom ontdek saam uit Efesiërs 4:17–32 asook vanuit die ryk betekenis van die doop wat dit beteken om die ou mens uit te trek, die nuwe mens aan te trek en soos ’n geliefde kind van God te leef.
Deur: Charles James

Baie welkom by ons erediens - ons glo dit sal vir jou ‘n geseënde geleentheid wees. Laat weet ons asb. van waar af jy inskakel vandag.

As jy gereeld van ver af inskakel sal ons graag met jou wil kontak maak, volg gerus die skakel https://www.ngkerkpellissier.co.za/welkombypellissier en een van ons leraars sal jou kontak.

==========================================================
Om jou dankoffer of bydrae te maak gebruik gerus een van ons veilige aanlyn opsies by:

http://www.ngkerkpellissier.co.za/bydrae

Jou bydrae maak dit moontlik vir ons om te bedien in God se koninkryk.

Hierdie kollega van ons verjaar vandag! Baie geluk Deon!
05/09/2026

Hierdie kollega van ons verjaar vandag! Baie geluk Deon!

SHOPDAY – GEBEDSTASIEAan die einde van die roete wag daar ’n besonderse oomblik. By die Gebedstasie kry elke gas die gel...
04/09/2026

SHOPDAY – GEBEDSTASIE

Aan die einde van die roete wag daar ’n besonderse oomblik. By die Gebedstasie kry elke gas die geleentheid om hul storie te deel, iemand te hê wat luister, en saam te bid. Daar word ook geestelike literatuur aan hulle gegee om huis toe te neem en verder te lees.

Dankie aan elkeen wat hier diensbaar was. Dat julle geluister het na stories, tyd gemaak het vir mense en saam met hulle gebid het. Dankie dat julle gehelp het om Shopday ’n plek te maak waar mense kon ervaar dat hulle gehoor, gesien en geliefd is.

SHOPDAY – WINKELASSISTENTE, LOGISTIEK & SEKURITEITDie Logistieke span het hand aan hand met die winkelassistente gewerk ...
04/09/2026

SHOPDAY – WINKELASSISTENTE, LOGISTIEK & SEKURITEIT

Die Logistieke span het hand aan hand met die winkelassistente gewerk om seker te maak dat alles op Shopday vlot en georganiseerd verloop. Hulle het die beweging van mense en die vloei by die klere-afdelings dopgehou, terwyl die winkelassistente gesorg het dat die klere deurentyd aangevul word soos wat dit nodig was.

Die Sekuriteitspan het op hul b***t by die hekke gehelp om die groot hoeveelheid mense ordelik te bestuur en seker te maak dat elke gas ’n regverdige kans kry om iets te eet en klere te kies.

Dankie aan elkeen van julle vir julle harde werk, geduld en oplettendheid. Julle het gehelp om orde te bring te midde van die groot hoeveelheid mense en het ’n belangrike rol gespeel om die dag vir almal veilig en spesiaal te maak!

SHOPDAY - KOMBUISSPAN & KELNERSDie Kombuisspan en Kelners het hand aan hand gewerk om seker te maak dat elke gas so gou ...
04/09/2026

SHOPDAY - KOMBUISSPAN & KELNERS

Die Kombuisspan en Kelners het hand aan hand gewerk om seker te maak dat elke gas so gou as moontlik ’n plek aan ’n tafel kon kry, en natuurlik iets heerliks om te eet en te drink!

Dankie vir elkeen van julle se harde werk op die dag!

Address

6 Vlakfontein Avenue
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:30
Tuesday 08:00 - 12:30
Wednesday 08:00 - 12:30
Thursday 08:00 - 12:30
Friday 08:00 - 12:30
Sunday 08:00 - 11:00
17:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pellissier Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Pellissier Gemeente:

Shortcuts

Share