Every Nation Kruislig

Every Nation Kruislig Kruislig se hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy woord, krag en teenwoordigheid.
(1)

03/09/2026

Daar is 2 dae oor tot Celebration Sunday.

Nooi iemand saam, kom vroeg en geniet die diens.

Ons deel graag Jayme se “testimony” van 2023.

02/09/2026

Daar is 3 dae oor tot Celebration Sunday.

Ons sien uit om saam te kom, om vir God dankie te sê vir Sy goedheid in en om die gemeente.

Ons deel graag Gerhard en Tarien se “testimony” van laasjaar se Celebration Sunday.

Ons sien julle daar.

01/09/2026

4 Dae tot Celebration Sunday

Ons nooi graag elke persoon uit om Celebration Sunday, 6 September om 9 uur, saam te kom vier. Ons vier God se goedheid in hierdie laaste jaar.

Wilmi deel haar "Testimony" van 2024 se Celebration Sunday.

Moet dit nie mis nie.

SONDAGAANDDIENS - 30 Augustus 2026In hierdie Sondagdiens sluit André de Jager die reeks “Die Kerk” af. Sy boodskap hande...
31/08/2026

SONDAGAANDDIENS - 30 Augustus 2026

In hierdie Sondagdiens sluit André de Jager die reeks “Die Kerk” af. Sy boodskap handel oor die belangrikheid dat die Kerk nie verdeeld kan wees nie. Hy neem ons deur verskeie skrifgedeeltes wat ons herinner dat ons as die Kerk geroep is om heilig en in eenheid te leef.

André spreek belangrike areas van ons denke aan en daag ons uit om eerlik te ondersoek waar ons denkwyse moet verander, sodat ons as die Kerk kan leef soos God ons geroep het.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/ENyvrTYFaxM

27/08/2026

Ons kyk terug op wat God gedoen het en ons gee Hom al die eer.

Maar ons glo Hy is nog nie klaar nie. Ons sien met verwagting uit na wat Hy volgende gaan doen!

🎉 Celebration Sunday 2026
📅 6 September

Kom vier saam met ons wat God gedoen het, wat Hy besig is om te doen, en wat nog voorlê.

Moet dit nie misloop nie.

VROUE VREUGDE - 26 Augustus 2026Ons nooi graag elke vrou na Vroue Vreugde wat vanaand plaasvind. Bring ‘n vriendin, kom ...
26/08/2026

VROUE VREUGDE - 26 Augustus 2026

Ons nooi graag elke vrou na Vroue Vreugde wat vanaand plaasvind. Bring ‘n vriendin, kom eet iets klein, drink ‘n koffie en groei saam in die Woord.

⏰ 18:00
📍 Every Nation Kruislig

Bring jou Bybel!

SONDAGAANDDIENS - 23 Augustus 2026In hierdie Sondagaanddiens gaan die reeks voort met Deborah de Beer, wat ons bedien oo...
25/08/2026

SONDAGAANDDIENS - 23 Augustus 2026

In hierdie Sondagaanddiens gaan die reeks voort met Deborah de Beer, wat ons bedien oor die Kerk as ’n ‘Fellowship of believers’. Sy neem ons deur Johannes se beskrywing van dit wat hy self gehoor, gesien en aangeraak het, naamlik Jesus, die Woord van die lewe. Sy verduidelik hoe ‘fellowship’ nie net beteken om saam met ander gelowiges te wees nie, maar om saam met die Vader en Sy Seun, Jesus Christus, te leef.

Die boodskap wys dat ware ‘fellowship’ meer is as om net saam te wees. Dit is ’n aktiewe deelname aan ’n gemeenskaplike lewe met God en met mekaar, wat sigbaar word in ons geloof, ons alledaagse lewe en ons verhoudings met ander.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/sbGo6LSl-ms

SONDAGDIENS - 23 Augustus 2026In hierdie Sondagoggenddiens gaan die reeks voort met Tristen Bourne, wat ons deur Matthéü...
24/08/2026

SONDAGDIENS - 23 Augustus 2026

In hierdie Sondagoggenddiens gaan die reeks voort met Tristen Bourne, wat ons deur Matthéüs 6(:5–13) neem. Hy deel oor die Kerk as ’n plek waar mense na God toe kom en herinner ons daaraan dat God se huis nog altyd bedoel was om ’n plek te wees waar ons in Sy teenwoordigheid inkom, Hom aanbid, ons sonde bely, Hom aanroep en leer om Hom te vertrou.

Volg die link om na die diens te luister:
https://youtu.be/f6oHhh7S7Eg

SONDAGDIENS - 16 Augustus 2026In hierdie Sondagdiens gaan die reeks voort met André de Jager, wat bedien oor die Kerk as...
17/08/2026

SONDAGDIENS - 16 Augustus 2026

In hierdie Sondagdiens gaan die reeks voort met André de Jager, wat bedien oor die Kerk as die Geestelike Huis. Hy neem ons diep in die Skrif en verduidelik hoe dit lyk om deel te wees van ’n geestelike huis. Die boodskap daag ons uit om eerlik na ons eie lewens te kyk en te vra of ons werklik deel vorm van die geestelike huis wat God besig is om te bou.

Volg die link om na die diens te luister:
https://youtu.be/yExiRZFll-8

SONDAGAANDDIENS - 9 Augustus 2026In hierdie Sondagaanddiens het Tristen Bourne voortgegaan met die reeks “Die Kerk”, met...
11/08/2026

SONDAGAANDDIENS - 9 Augustus 2026

In hierdie Sondagaanddiens het Tristen Bourne voortgegaan met die reeks “Die Kerk”, met ’n spesifieke fokus op “Chosen, Royal and Holy”. Hy het ons deur 1 Petrus 2:(1–25) geneem en gewys hoe ons as God se uitverkore volk geroep is om anders te leef, as ’n koninklike priesterdom te funksioneer en ’n heilige lewe te leef wat Hom eer.

Kyk gerus na die boodskap om saam te volg en verder te ontdek wat dit beteken om as God se gekose, koninklike en heilige volk te leef.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/dquoZtJth40

Address

(Dienste-09: 00
Rustenburg
0300

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 00:00

Telephone

+27824189349

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Every Nation Kruislig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Every Nation Kruislig:

Shortcuts

Share