Rustenburg Gemeenskapskerk

Rustenburg Gemeenskapskerk Rustenburg Gemeenskapskerk. Almal Welkom. Rustenburg Gemeenskapskerk

Die gemeente is op 10 Februarie 2008 met tien (10) lidmate gestig. Jeugbediening
4. Reklame

Die Kerk het 'n gereformeerde belydenis. Dit beteken lidmate glo soos alle Gereformeerde Kerke wêreldwys in God Drie-enig met Jesus Christus ons Verlosser. Ons aanvaar die Bybel as die onfeilbare Woord van God en aanvaar ook die volgende as ons belydenisskrifte:-
Heidelbergse Kategismus
Nederlandse Geloofsbelydenis
Dordtse Leerreëls

VISIE:
"Ons is 'n gemeente na God se Bedoeling"

Fokus Are

as:-

1. Dinamiese eredienste en suiwer Woordverkondiging
2. Betrokkenheid by lief en leed, in en om die gemeente
3. Groepwerk met Bybelstudie as fokusarea
5. Gesonde Finansiële projekte & bestuur
6. Gasvryheid
7.

EREDIENS - 6 September 2026 - Ds Ernst Gottschalk
07/09/2026

EREDIENS - 6 September 2026 - Ds Ernst Gottschalk

Goeienaand liewe RGK!Hiermee word jy hartlik uitgenooi na ons erediens om 09:00 vanaf Laerskool Rustenburg! Kom kuier na...
06/09/2026

Goeienaand liewe RGK!

Hiermee word jy hartlik uitgenooi na ons erediens om 09:00 vanaf Laerskool Rustenburg!

Kom kuier na die tyd saam met ons met heerlike verversings wat spesiaal deur Omgeegroepe 4 en 5 voorsien word!☕🍰 ons sê by voorbaat báie dankie!

Onthou ook ons kategese vir die kleuters, kinders en tieners! Ons jeugspan staan weereens gereed om die jongklomp te leer hoe ons bruikbaar kan wees vir Jesus.💪🏻💪🏻

Almal is welkom!

Ds Ernst Gottschalk🧔🏻‍♂️

RGK MAATJIES, GOD HET ’N AFSPRAAK MET JOU! 🤍🧡💙Hierdie Sondag gaan ons uitvind wat gebeur wanneer ’n leë pot (dis nou jy)...
03/09/2026

RGK MAATJIES, GOD HET ’N AFSPRAAK MET JOU! 🤍🧡💙
Hierdie Sondag gaan ons uitvind wat gebeur wanneer ’n leë pot (dis nou jy) na God toe kom… 👀

Ons gaan leer van ’n tannie met net ’n klein bietjie olie — maar toe God begin werk, hou die olie sommer aan en aan! 😲✨
Ons gaan speel, sing en ontdek:
Wat het ék wat ek vir God kan gee? En waarmee wil Hy my hart vul? ❤️
📖 2 Konings 4:1–7
🫙 God maak vol wat ons vir Hom gee in geloof!

En ná die les… 🍦 DRAAIROOMYS voor by die kerkkombuis!😋
R20 p roomys om die jeugkamp te ondersteun! Want roomys en kerk loop mos saam!
Sien julle Sondag!🤍🧡
Baie groete 🐝

Trio - 6 September 2026
02/09/2026

Trio - 6 September 2026

Onthou om die jeug te kom ondersteun by Soet September Sondag!
01/09/2026

Onthou om die jeug te kom ondersteun by Soet September Sondag!

EREDIENS - 30 Augustus 2026 - Ds Theo Moller
31/08/2026

EREDIENS - 30 Augustus 2026 - Ds Theo Moller

Rustenburg Gemeenskapskerk - Ds Theo Möller ...

29/08/2026
24/08/2026

DIS WARM by RGK Kinderkerk 🔥
Ons het Sondag Les3 aangebied: Dat ons as Sy kleipotte, deur die vuur (moeilike dinge) gebak moet word, om sterk en bruikbare potte vir Hom te word! Daar was groot gees toe ons groot skaal pass the parcel speel (waar elke ronte ‘n moeiliker taak by kom, maar steeds moet die belangrike pakkie aangestuur word, om hierdie konsep te verduidelik! Oor die 60 kinders het opgedaag soekend om meer te leer oor hul Pottebakker & ons het gesien hoe kinders oopmaak, vrae vra en dit geniet om in Sy huis te wees! Dankie vir elke ouer en voog wat belê in ons kinders se ewigheid x

Address

Laerskool Rustenburg Skoolsaal, 170 Fatima Bhayat Straat
Rustenburg
0299

Opening Hours

09:00 - 10:00

Telephone

+27662703086

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rustenburg Gemeenskapskerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share