NG Florauna

Directions Website Contact the place of worship

NG Florauna Hier deel ons algemene gemeentenuus sowel as die program vir elke week.

Wanneer ons besig is om die evangelie te verkondig, met woord en daad, bring dit soveel gemoedsrus, wanneer ons onthou d...
21/10/2026

Wanneer ons besig is om die evangelie te verkondig, met woord en daad, bring dit soveel gemoedsrus, wanneer ons onthou dat dit die Here se werk is, nie ons eie nie.

Hy laat Sy praktiese werksplan vir ons duidelik word. Ons is nie alleen wanneer ons besig is om die Goeie Nuus te bring nie.

Daardie wete versterk my en jou, wanneer, om diensbaar te wees, voel soos om konstant stroom-op te swem.

Dit gaan nie altyd maklik en gemaklik wees, wanneer ons as gelowiges in diens van God staan nie. Daarom is daar die spre...
20/10/2026

Dit gaan nie altyd maklik en gemaklik wees, wanneer ons as gelowiges in diens van God staan nie.

Daarom is daar die spreekwoord dat wanneer iets te maklik voel, doen ek dit waarskynlik verkeerd!

Verduur die teenstand, want daarin is die bevestiging dat die Goeie Nuus wel besig is, om verkondig te word.

19/10/2026
16/10/2026
Psalm 99:7:-"In 'n wolkkolom het Hy gepraat, en Sy bevele en voorskrifte, wat Hy gegee het, het hulle gehoorsaam."Aan di...
16/10/2026

Psalm 99:7:-"In 'n wolkkolom het Hy gepraat, en Sy bevele en voorskrifte, wat Hy gegee het, het hulle gehoorsaam."

Aan die een kant, is die keuse hardkoppigheid en eiesinnige optrede.

Aan die ander kant, die keuse van onderwerping en gehoorsaamheid.

Rebelsheid en wederstrewigheid: SĂł 'n voorbeeld, dryf die wĂŞreld verder van God en brei nie Sy Koninkryk uit nie.

Liewe familie en vriende van NG Florauna,As ek terugkyk oor die jare – veral die afgelope drie jaar waar ek die voorreg ...
14/10/2026

Liewe familie en vriende van NG Florauna,

As ek terugkyk oor die jare – veral die afgelope drie jaar waar ek die voorreg gehad het om hand aan hand as dominee saam met julle te stap – oorstroom my hart net van diep, opregte dankbaarheid. Om as diensleraar beroep te word by dié kerk waar ek al sedert 1989 tuis is, was vir my 'n ongelooflike genade en 'n groot eer.

Julle het my en Suretha met soveel liefde, aanvaarding en genade omring. Die bande wat ons hier gevorm het, sit diep in ons harte; dit is bande wat 'n leeftyd hou en nooit gebreek sal word nie. Julle is en bly vir altyd deel van ons geloofsfamilie, en ons sal elkeen van julle vir altyd koester.

Die lewe bring egter nuwe paaie, en dit is tyd vir ons om 'n bietjie nader aan Johannesburg te beweeg om ons daaglikse pendel te vergemaklik. Ons is nog in die proses om te besluit tussen twee gemeentes wat op ons pad gekom het, en ons vra nederig dat julle ons in hierdie tyd biddend sal bystaan, soos julle altyd gedoen het.

Ek is van plan om steeds voort te gaan met ons stukkies van geloof🙏🏼.

Baie, baie dankie vir elke gebed, elke glimlag en elkeen van julle se kosbare vriendskap. Mag die Here elkeen van julle ryklik seën met Sy liefde, vreugde en vrede.

In groot liefde en dankbaarheid in ons Here Jesus Christus,

Erick & Suretha 🙏🏼🤍

1 Tessalonisense 1:10:-"en om sy Seun uit die hemel te verwag. Hierdie Seun is Jesus wat God uit die dood opgewek het. D...
14/10/2026

1 Tessalonisense 1:10:-"en om sy Seun uit die hemel te verwag. Hierdie Seun is Jesus wat God uit die dood opgewek het. Dit is HĂ˝ wat ons verlos van die oordeel wat kom."

Paulus skryf oor die positiwiteit van die gelowiges in Tessalonika. Mense het wyd daaroor gepraat.

Enige positiewe uitkyk was nog altyd aansteeklik. Dis beslis deel van gelowiges se roeping, om lig en sout vir die wĂŞreld te wees.

Ons het 'n toekomsverwagting. Jesus het ons nie net reeds verlos van sonde nie, maar sal ons ook verskans teen die oordeel wat oppad is.

Hoe kan ons dan anders as om met 'n gesindheid van optimisme vorentoe te strek?

Address

685 Berg Avenue
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:45

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Florauna posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Florauna:

Shortcuts

Share

Category

Nearby places of worship