NG Florauna

NG Florauna Hier deel ons algemene gemeentenuus sowel as die program vir elke week.

God is die Een wat presies tot die fynste detail die aarde bestuur. Die aarde bewe in Sy teenwoordigheid.Ons God is ook ...
08/09/2026

God is die Een wat presies tot die fynste detail die aarde bestuur. Die aarde bewe in Sy teenwoordigheid.

Ons God is ook die Een wat 'n situasie in 'n oogwink op 'n bonatuurlike wyse kan verander.

Dit maak ook perfekte sin in Jesus, wat ons Rots en ook vir ons strome van Lewende Water is.

God is die Een wat binne my en jou situasie die hele landskap kan verander.

Vra Hom. Hy bly getrou.

Môre-oggend maak ons weer ’n bietjie ruimte om stil te word, saam te aanbid en na God se stem te luister. Kom kuier saam...
07/09/2026

Môre-oggend maak ons weer ’n bietjie ruimte om stil te word, saam te aanbid en na God se stem te luister.

Kom kuier saam met ons by NG Floruana se Adoramus diens. Jy hoef niks te bring of iets spesiaals te doen nie, kom net soos jy is. Kom begin jou dag in die Here se teenwoordigheid, saam met ander gelowiges wat ook net weer hulle harte op Hom wil rig.

Ons wil graag saam met jou aanbid. Jy is baie welkom!

07/09/2026

Hoe God ons verhaal verander as ons anders daarna kyk.

06/09/2026
Ons leef in ’n wêreld waar daar baie doodloopstrate is.In mense se lewens.In ons gemeenskappe.In ons land.Maar Esegiël 3...
06/09/2026

Ons leef in ’n wêreld waar daar baie doodloopstrate is.

In mense se lewens.
In ons gemeenskappe.
In ons land.

Maar Esegiël 33 herinner ons daaraan dat God nie onverskillig staan teenoor die rigting waarin mense en gemeenskappe beweeg nie.

God waarsku.
God roep.
God gee geleentheid om terug te draai.

Daarom is ons roeping nie om moedeloos langs die doodloopstraat te staan nie, maar om te bid, te werk en mee te help dat doodloopstrate weer nuwe geleenthede kan word.

“Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie. Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe!”
— Esegiël 33:11

🙏 Bid. Werk. Draai terug. Lewe.

Ons almal beland soms in doodloopstrate.Soms is dit die gevolg van keuses wat ons self gemaak het. Soms besef ons eers l...
05/09/2026

Ons almal beland soms in doodloopstrate.

Soms is dit die gevolg van keuses wat ons self gemaak het. Soms besef ons eers later dat die pad waarop ons is, ons nêrens heen lei nie.

Maar God se hart is nie om ons daar te los nie.
Hy roep ons om terug te draai en te lewe.

Bekering beteken nie net om jammer te sê nie. Dit beteken om jou rigting te verander en weer die pad saam met God te kies.

“Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe!”
— Esegiël 33:11

🌿 Daar is altyd ’n pad terug na God.

Die welstand van God se skepping, word ondergeskik aan die mens se gierigheid gestel. Dis die tyd waarin ons leef.🌎💔As g...
04/09/2026

Die welstand van God se skepping, word ondergeskik aan die mens se gierigheid gestel. Dis die tyd waarin ons leef.🌎💔

As gelowiges, het ons een van twee keuses: Ons trek ons skouers op en verklaar dat ons dit nie kan keer nie.🤷🏻‍♀️🤷‍♂️

Óf ons verklaar dat ons teen elke sosiale onreg en ekologiese krisis, uitgesproke fluitjieblasers sal wees.🪈🎺

'n Sagte vermaning is dalk net die waarskuwing wat gehoor moet word, om 'n verskil in hierdie gebroke wêreld te maak. 🔈📢

Address

685 Berg Avenue
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:45

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Florauna posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Florauna:

Shortcuts

Share

Category