Die Ark Familie Gemeente

Die Ark Familie Gemeente Gemeenskap van Christene Ons glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. Ons glo in die Heilige Gees.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel d

ie wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ons glo aan ʼn heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ʼn ewige lewe.

01/09/2026

🌸🌿 Gelukkige Lentedag! 🌼☀️

Mag die nuwe blomme, die vars groen blare en die herlewing van die natuur ons vandag weer herinner aan die grootheid en getrouheid van ons God. Hy is die Skepper wat alles nuut maak en hoop bring waar daar winter was.

“Kyk, Ek maak alles nuut!” – Openbaring 21:5

Mag hierdie lente-seisoen jou hart vul met vreugde, dankbaarheid en nuwe lewe in Christus. 🙏✨

Geniet die seisoen van groei en seëninge!

14/07/2026
21/06/2026

🌟 Gelukkige Vaderdag! 🌟
Namens ons kerk wil ons vandag al ons wonderlike vaders en pa-figure hartlik gelukwens met Vaderdag!
Dankie vir al die liefde, leiding, beskerming en opofferings wat julle elke dag gee. Mag julle vandag spesiaal bederf word en die vreugde van julle gesinne ervaar. Ons hoop julle het ’n heerlike, geseënde dag gehad saam met dié wat julle liefhet.
Mag die Here julle krag gee, julle seën en julle as vaders steeds lei en versterk.

'n Dag van hoop! Mag die Here jou vandag herinner aan Sy ewige liefde en die belofte van Sy wederkoms.
14/05/2026

'n Dag van hoop! Mag die Here jou vandag herinner aan Sy ewige liefde en die belofte van Sy wederkoms.

Ons kerk hou weer 2 Mei 'n padstal. Kom ondersteun ons asseblief. Julle is welkom om vooraf bestellings in te sit. Baie ...
23/04/2026

Ons kerk hou weer 2 Mei 'n padstal. Kom ondersteun ons asseblief. Julle is welkom om vooraf bestellings in te sit. Baie dankie 🍔🥤

12/04/2026

Ons harte is vol dankbaarheid na ’n wonderlike TamaaiBraai-dag😇
Baie dankie aan die Vryburger Pretoria Omgeemense vir die heerlike braai, bykosse en koeldranke waarmee julle ons Inwoners bederf het. Julle omgee maak ’n groot verskil!

Ook ’n spesiale woord van dank aan Die Ark Familie Gemeente vir die pragtige sang wat soveel vreugde en vrede gebring het.

Hierdie was ’n dag vol lag, kuier en seën! Ons Inwoners het dit opreg geniet🙏

Address

350 Ben Viljoen Str
Pretoria
0182

Telephone

+2781276590

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Ark Familie Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category