09/08/2026
Hierdie Vrouedag het ons die voorreg gehad om saam met Dieter Voigt te kuier waar hy ‘n paar goue lewenslesse met ons gedeel het.
Dieter het vertel van die besondere vroue wat hom gevorm het, van sy ouma en mamma tot sy onderwyseresse. Vroue wat waardes geleer het, in hom geglo het en ’n blywende merk op sy lewe gelaat het.
Dit laat ons wonder… watter Spreuke-vrou vier jy vandag? 🌸
Die vrou wat wysheid leef. Wat bou, bemoedig, leer en liefhet. Die vrou wie se invloed dalk baie groter is as wat sy ooit sal besef.
Vandag vier ons háár. 💐
Die Spreuke-vrou.