25/08/2026
Ds Anton woon hierdie week ‘n predikante saamkoms by Goudini by. Dit word aangebied deur die Algemene Sinode vir predikante vanoor die hele Suid-Afrika. Ons bid dat hy verfris sal word na liggaam, siel en gees!
Ons wou natuurlik baie graag hê dat Past Adam dieselfde samekoms sou kon bywoon en het so ‘n versoek gerig. Vanweë die beperking op getalle (700), is dit ongelukkig nie oopgestel vir
Jeugwerkers nie. Bid asb ook vir hom wat die fort hier moet hou tussen sy ander verpligtinge deur.
“Die saamkoms het rus, bemoediging, toerusting en groei ten doel. Dit bied aan leraars die geleentheid om in die Woord te verdiep, rondom die Woord nuwe perspektiewe te ontdek, van mekaar te leer en die netwerke en verhoudings te versterk wat hulle in hul roeping en bediening ondersteun."