GK BFN Noord

GK BFN Noord Baie welkom by die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord

AAN GOD AL DIE EER!

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika bestaan sedert 1859 reeds, en het van die oorspronklike 5 kerke, tot 389 kerke in 2017 gegroei, Daar is tans 265 predikante. Plaaslike kerke is regoor die RSA en ook in Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië verspre

Vakature:  Hulpmaatskaplike Werker
03/06/2026

Vakature: Hulpmaatskaplike Werker

Vakature:  Kinder Versorger
03/06/2026

Vakature: Kinder Versorger

03/06/2026
Ons het die allermooiste stemboodskap ontvang al die pad van Venterstad:  “Ons wil weereens sê dankie.  Dankie vir elke ...
03/06/2026

Ons het die allermooiste stemboodskap ontvang al die pad van Venterstad:

“Ons wil weereens sê dankie. Dankie vir elke Tannie wat gehelp brei het aan die lieflike, wonderlike, mooi geskenkies vir ons se kindertjies hier van Venterstad. Om daai glimlaggie op daai kind se gesiggie te sien! Dit beteken soveel vir ons as Onderwysers. En ons weet daai warm handskoenjies, die mussies, die serpies – dit beteken so baie vir hulle. Hulle is mal oor die lieflike kleure. Dit is pragtige kleure wat u gebruik het. Ons kindertjies waardeer dit opreg. Ons Onderwysers se harte is ook gesmelt daardeur. Dit maak ons harte warm om te weet daar is sulke wonderlike mense daarbuite wat God gebruik om uit te reik na kindertjies in ‘n arm gemeenskap. Ons waardeer dit en ons vra die Here se seën oor elke een se lewe wat skenkings vir ons doen; wat dinge uit liefde vir ons doen. Ons het regtig waardering. Mag julle net van krag tot krag gaan. Kareefontein Primere skool waardeer dit.”

Dis dieselfde kindertjies wat eet by die sopkombuis in Venterstad. Baie dankie aan ons lidmate wat huisraad, klere, kombuisware en kinderboeke skenk, want so word daar fondse verkry vir die kos vir die sopkombuise in Venterstad. Daar is nog ‘n dringende, groot behoefte aan warm kinderklere en komberse. Dit word tot minus 14 grade in Venterstad.

31/05/2026

31 Mei 2026 Erediens
Ds Kobus Botha
Handelinge 9: 1-9 & Filippense 3: 1-14
Teks: Filippense 3: 10-11

Address

Dealeweg, Dan Pienaar
Bloemfontein
9300

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GK BFN Noord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category