NG Kerk - Uitsig Bloemfontein

NG Kerk - Uitsig Bloemfontein Vriendelike gemeente met oop arms en 'n oop hart!!!

07/09/2026
SPRINGBOKKE TE KOOP:Bestellings is nou oop!! Indien jy belangstel om ‘n springbok te koop, kan jy jou naam op die bestel...
21/08/2026

SPRINGBOKKE TE KOOP:
Bestellings is nou oop!! Indien jy belangstel om ‘n springbok te koop, kan jy jou naam op die bestelvorm voor in die kerk opskryf of skakel Bennie by 079 915 3500.

GESINSNAGMAAL:Sondag, 23 Augustus 2026TYD:  08:45PREDIKER: Ds Johan DavidTEMA: “Onthou om te onthou!”Skriflesing: Genesi...
21/08/2026

GESINSNAGMAAL:
Sondag, 23 Augustus 2026
TYD: 08:45
PREDIKER: Ds Johan David
TEMA: “Onthou om te onthou!”
Skriflesing: Genesis 15
Kategese na die diens

ALMAL GAAN SAAM KOFFIE & TEE DRINK:
Ds Johan preek Sondag met die Nagmaal net by Uitsig. Ons gaan na die diens ALMAL kerksaal toe vir tee en ietsie om te eet EN ons almal gaan as gemeente saam met ds Johan kuier.

Ons wil almal vriendelik versoek om deel van ons gemeente te wees oor ‘n koppie tee. Ons het koffie ook.

Ons wil graag hiermee vir elke gemeentelid dankie sê vir jou bydrae en deelneem aan ons gemeente se aktiwiteite op watter manier ookal. Ons sien jou in die kerksaal na die diens!!

VET PRET-AAND:Graad 5 tot die Belydenisklas, Ouers & Grootouers, julle word hartlik uitgenooi na ons Vet Pret-aand.VRYDA...
21/08/2026

VET PRET-AAND:
Graad 5 tot die Belydenisklas, Ouers & Grootouers, julle word hartlik uitgenooi na ons Vet Pret-aand.

VRYDAGAAND, 21 Aug om 18:00 (vanaand)
Vir alle kinders van Graad 5 tot by die Belydenisklas saam met hul ouers en grootouers.
Ons gaan veerpyltjies (darts), tafeltennis en vingerbord speel, hotdogs eet en warmsjokolade drink. Ons sal nie later as 20:00 besig wees nie.
Laat weet asseblief vir Marinda (082 816 5586) of julle dit gaan bywoning, sodat ons die nodige voorbereidings kan tref.

17/08/2026

Ervaar: ...Ons gesinsvriendelike gemeente, met lekker vermaak vir die hele gesin.

Proe: ...die ware gees van ons gemeenskap!

Kuier: ... Bring jou familie en vriende. Die fees is die ideale plek om lekker saam te kuier

Feesvier: ... kom vier fees saam met ons!

Ontdek: ... iets van als vir die hele gesin!

Smul: ... aan ons heerlike gebak, ontbyt, potjie ens.!

17/08/2026

Ons sluit ons Oppi Koppi fees af, en nooi jou, jou familie en vriende uit, om Sondag die 27ste September 2026 om 8H45, en in die teenwoordigheid van die Heilige Gees, na Dewald Gouws se liefde vir Ons Hemelse Vader, deur middel van sy (“gospel” bediening), wat sy roeping is, te kom luister.

Dewald se passie om die Here te dien, deel hy met almal wat bereid is om te luister.

Sagte kollekte word opgeneem.

Address

2 Werda Avenue
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Sunday 08:00 - 11:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk - Uitsig Bloemfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category