NG Moedergemeente Worcester

NG Moedergemeente Worcester NG Kerk Moedergemeente Worcester Wes Kaap. Ons kerkraadslede is offisieel op 25 Januarie 1821 aangestel

19/06/2026
19/06/2026

Luister hierdie Sondag saam!

Ons nooi graag ons vriende, ondersteuners en die breër gemeenskap uit om hierdie Sondag, 21 Junie, in te skakel op RSG se program Leefwêreld van die Gestremdes.

Ons Hoof Uitvoerende Beampte, Stephné Botha, sal met Fanie du Toit in gesprek wees oor Innovation for the Blind, ons werk en die verskil wat gemaak word in die lewens van persone met visuele gestremdhede.

Moenie hierdie interessante gesprek misloop nie. Skakel in en luister saam!

📻 RSG – Leefwêreld van die Gestremdes
📅 Sondag, 21 Junie om 11:00

Deel gerus hierdie plasing om meer mense bewus te maak van die waardevolle werk wat daagliks by Innovation for the Blind gedoen word.

19/06/2026

🎉 145 Jaar van Hoop, Opleiding en Onafhanklikheid 🎉

Op Maandag 15 Junie het Innovation for the Blind 'n merkwaardige mylpaal bereik – 145 jaar van diens aan persone met visuele gestremdhede.

Sedert 1881 het ons organisasie gegroei van sy ontstaan tot 'n dinamiese organisasie waar inwoners die geleentheid kry om hul volle potensiaal te bereik. Vir 145 jaar word ons gedryf deur 'n passie om lewens te verander, onafhanklikheid te bevorder en waardigheid te versterk.

Hierdie besonderse verjaarsdag behoort aan elke inwoner, personeellid, vrywilliger, donateursvriend en ondersteuner wat deur die jare deel was van ons storie. Julle ondersteuning, toewyding en geloof in ons missie maak dit moontlik om elke dag 'n verskil te maak.

Terwyl ons terugkyk op 145 jaar van impak, sien ons met opgewondenheid uit na die toekoms – 'n toekoms waar nog meer persone met visuele gestremdhede die geleentheid sal kry om te leer, te groei, te werk en onafhanklik te leef.

Dankie dat julle deel is van hierdie ongelooflike reis. 💙

Op 145 jaar van hoop, geleenthede en die bemagtiging van mense met visuele gestremdhede – en nog vele jare wat voorlê.

19/06/2026
Aankondigings vir Sondag 21 Junie 2026
19/06/2026

Aankondigings vir Sondag 21 Junie 2026

Laaste kans, bestellings sluit vandag
16/06/2026

Laaste kans, bestellings sluit vandag

Bestellings sluit Woensdag 17 Junie. Gou spring en maak seker jou bestelling is betyds in.
15/06/2026

Bestellings sluit Woensdag 17 Junie. Gou spring en maak seker jou bestelling is betyds in.

14/06/2026

Welkom by vanoggend se erediens gelei deur Ds. Carel van der Merwe

Afkondigings 14 Junie
12/06/2026

Afkondigings 14 Junie

Address

Adderleystraat 25
Worcester
6850

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 00:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 00:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 09:30 - 10:30

Telephone

+27233470165

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Moedergemeente Worcester posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Moedergemeente Worcester:

Share

Category