Pinkster Protestante Kerk, Laaiplek

Pinkster Protestante Kerk, Laaiplek Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie. -Lev 6:13

Pastoor Afrikaner en sy vrou verwelkom ons besoekende geliefdes by vanoggend se erediens. Mag u ʼn seen ontvang en mag Go...
06/09/2026

Pastoor Afrikaner en sy vrou verwelkom ons besoekende geliefdes by vanoggend se erediens. Mag u ʼn seen ontvang en mag God se goedheid wn guns op u lewe rus.

31/08/2026
Past Piet Kleynhans, vanoggend se gas-prediker al die pad van PPK Pretoria-Oos gemeente, dit was goed om u met ons te ko...
30/08/2026

Past Piet Kleynhans, vanoggend se gas-prediker al die pad van PPK Pretoria-Oos gemeente, dit was goed om u met ons te kon hê, mag die Here se seën met u en geliefdes wees.

Pastoor Afrikaner verwelkom ook vir Pastr Shawn en sy vrou by die erediens. Baie dankie pastr dat u ons kon vertel van u...
30/08/2026

Pastoor Afrikaner verwelkom ook vir Pastr Shawn en sy vrou by die erediens. Baie dankie pastr dat u ons kon vertel van u journey tot dusver. Groot seën op die dienswerk wat u verrig.

Pastoor Afrikaner verwelkom alle besoekende dierbares, onder andere Pastr Piet Kleynhans se vrou - ons glo en vertrou da...
30/08/2026

Pastoor Afrikaner verwelkom alle besoekende dierbares, onder andere Pastr Piet Kleynhans se vrou - ons glo en vertrou dat u die diens saam met ons geniet het.

Wense van seën gaan uit aan die Malinga-egpaar met hul herdenkingshuwelik die afgelope week. Mag God sy liefde op u lewe...
30/08/2026

Wense van seën gaan uit aan die Malinga-egpaar met hul herdenkingshuwelik die afgelope week. Mag God sy liefde op u lewe rus, mag Hy u vir mekaar nog vele lewensdae en jare deurdra.

25/08/2026

Lewend vir God: Moeg te voet – hardloop met God - 25 Augustus 2026

Louise Gevers

As voetsoldate jou moeg hardloop, hoe sal jy teen perde kan hardloop? En as jy net in 'n vreedsame land veilig voel, hoe sal jy maak in die digte bos aan die Jordaan? Jeremia 12:5, 1983-vertaling

Onlangs, een Sondagoggend op pad kerk toe, was ek in 'n ongeluk betrokke. Ek het met 'n motor wat om die draai gekom het, gebots. In dié motor was 'n gesin onderweg na die erediens in 'n buurkerk, een straat weg van ons kerk.

Die botsing het letterlik by die laaste stopteken voordat ek moes parkeer, plaasgevind. Die vroegoggend son wat deur die bome en stof geskyn het, het my so verblind dat ek glad nie die ander motor – voor of onmiddellik na die botsing – gesien het nie. Ek het vir 'n oomblik gewonder of ek in die smal straat na die verkeerde kant beweeg het en iets op die sypaadjie raakgery het. Dit is 'n skok om skielik met iets te bots wat jy nie geweet het daar is nie, maar die feit dat dit in 'n stil straatjie gebeur het nadat ek stilgehou, na beide kante gekyk het voordat ek vorentoe gery het, het my heeltemal verwar.

Later, na die skok om met iets te bots wat ek glad nie gesien het nie, en ten spyte van die feit dat ek alles reg gedoen het, het ek gewonder wat God wou hê ek deur dit alles moes leer.

Alhoewel 'n geringe ongeluk, het dit tog die vrede en blydskap van gelowiges onderweg kerk toe versteur. Ek was baie spyt dat ek die ontsteltenis veroorsaak het. Die bestuurder van die ander voertuig het hom egter onberispelik gedra, met genade en deernis. Dieselfde geld sy verskrikte gesin. Toe ons mekaar weer na ons onderskeie eredienste ontmoet, was ons almal duidelik verheug in God se genesende Gees en ek het reeds, sonder dat ek dit besef het, God se uitdaging aanvaar om op Hom te fokus.

Miskien vind God se woorde aan Jeremia oor sy ervaring in 'n ander situasie baie jare gelede tog vandag steeds aanklank.

Jeremia het homself uitgeput deur voortdurend by God te kla oor die voorspoed van die goddeloses want deur sy menslike oë gesien was dit vir hom in teenstryd met God se geregtigheid: "Waarom is die goddelose mense voorspoedig en het die ontrou mense geen sorge nie?... Hulle neem u Naam graag op hulle lippe, maar U is nie in hulle hart nie. " (Jeremia 12:1b,2b) Dit terwyl hy wat deur God geroep is, moet voortswoeg.

God se antwoord in ons teksvers was nie 'n trooswoord nie, maar 'n uitdaging – "As voetsoldate jou moeg hardloop, hoe sal jy teen perde kan hardloop? En as jy net in 'n vreedsame land veilig voel, hoe sal jy maak in die digte bos aan die Jordaan?" Deur na wat Hy as relatief gering beskou te verwys, het God Jeremia voorberei vir die groter uitdagings wat op hom wag – "hoe sal jy dan met perde meeding" – of Jeremia nou daarmee gemaklik was of nie.

Miskien is dit die rede vir die klein frustrasies. God daag ons ook uit. Nie om ons te breek nie, maar om vir ons te wys waar ons vertroue min is en om dit te versterk voordat ons die "digte bos" bereik. Vir die gelowige is die vraag nie of ons 'n "digte bos" sal bereik nie, maar wanneer. Leer vandag se wedren teen die "voetsoldate" ons om meer op God te vertrou of laat dit ons uitgeput agter vir wanneer die volgende wedren aanbreek?

Gebed: Here, wanneer klein dingetjies my ontstel, leer my om nie die oomblik te vermors nie, maar daaruit te leer. Gebruik my daaglikse frustrasies om my vertroue in U te versterk sodat wanneer groter beproewinge oor my pad kom ek nie onvoorbereid is nie, maar gereed om met U aan my sy te hardloop. Amen

24/08/2026

Lewendig vir God: Die hart se toestand - 24 Augustus 2026

Louise Gevers

Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. Esegiël 36:26, 1983-vertaling

Wat sal ons sonder 'n hart doen? Wat is ons sonder 'n hart? Of dit nou letterlik of figuurlik is, ken ons nie reeds die antwoord nie?

Die hart klop ongeveer 'n 100 000 keer per dag en sowat twee tot drie miljard keer in 'n gemiddelde leeftyd. Ons harte rus nooit en dit hou ons aan die lewe. Nie net dit nie – ons glo dat ons emosies uit ons harte voortvloei en dat ons gemoedstoestand bepaal word deur hoe ons daarop reageer. In antieke Israel het hierdie bewustheid die hele innerlike self – verstand, siel en waardes – ingesluit. Hoe ons ook al daarna kyk, wanneer ons harte gelukkig is, is ons gelukkig. Maar beteken dit noodwendig dat ons reg is met God?

Salomo herken dat 'n persoon se aksies 'n refleksie is van wat in sy hart is, en hy verstaan dat 'n persoon met integriteit weet hoe om 'n balans tussen die twee te hou. Oor die hart waarsku hy ons: "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe." (Spreuke 4:23) Die daaropvolgende vers erken ons vermoë om tussen reg en verkeerd te kan onderskei en daarvolgens te kies: "Bly weg van 'n mond wat valsheid verkondig, en slinkse lippe, hou dit ver van jou." (Spreuke 4:24, 2020-vertaling)

Dikwels begin dit by 'n insinuasie, dan word die waarheid 'n bietjie verdraai, 'n geheim word met smaak oorvertel en dit het dan 'n geskinder tot gevolg – alles dinge wat reëlreg indruis teen die gebod om God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself – wat die vuur aansteek waarna Jakobus in sy brief verwys.

Wat het met God se volk gebeur dat hulle harte so verhard is dat Hy beloof om dit met harte van vleis te vervang?

Doodeenvoudig, afgodediens was die oorsaak.

In die bergrede (Matteus 5) verwys Jesus na die "a***s van gees", "dié wat treur", "die sagmoediges", "dié wat honger en dors na geregtigheid", "die barmhartiges", "dié wat suiwer van hart is", "die vredemakers" en "dié wat vervolg word", en Hy noem hulle gelukkig. Dit is duidelik dat hulle diegene is wat die geestelike sensitiwiteit eie aan die "hart van vleis" uitleef: teerheid, genade, 'n liefde vir vrede, gewillig om op te staan vir geregtigheid en ontvanklik is vir God – alles kwaliteite wat die Israeliete verloor het.

Die bergrede is 'n portret van hoe 'n hart daaruit sien as dit nuut gemaak is, en dit is presies wat God aan sy volk in ballingskap beloof het: nie beter gedrag nie, maar 'n hart wat volkome verander is. 'n Sagte hart wat daartoe in staat is om oor die sonde berou te hê, wat honger na geregtigheid en genade kan betoon, is nie die gevolg van slegs wilskrag nie – dit vereis volkome oorgawe. Ons kan slegs die hart wat ons het na Hom toe bring, hoe verhard ook al, en Hom toelaat om te doen wat slegs Hy kan.

Gebed: Genadige Here Jesus, verwyder asseblief my hardkoppigheid en my weerstand teen u wil. Gee asseblief aan my 'n hart van vleis – sagmoedig, genadig, een wat waarlik aan U behoort. Amen

Ons verwelkom vir Pastoor Piet Kleynhans by ons Erediens, hy is van die Pretoria-Oos gemeente.
23/08/2026

Ons verwelkom vir Pastoor Piet Kleynhans by ons Erediens, hy is van die Pretoria-Oos gemeente.

Address

C/o Watsonia & Krom Street
Velddrif
7365

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pinkster Protestante Kerk, Laaiplek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category