N G Gemeente Velddrif

N G Gemeente Velddrif NG Gemeente Velddrif -
Vissers van Mense 🐟

Jy is SΓ“ welkom hier! β›ͺ️

Leraar: Ds Elize Stander
Kerkkantoor : 022 783 0005
Maan tot Vry
08:00 tot 12:00
Koster :
Marius Milstein
Skriba :
Tenique Barkhuysen
0227830005

08/09/2026

🎢 PRAISE & WORSHIP 🎡

Kom kuier saam met ons hierdie Vrydag om 18:00 vir ’n aand van lofprysing, aanbidding en saamwees. 🎢❀️

Kom sing saam, kom aanbid en kom beleef God se teenwoordigheid. πŸ™βœ¨

Almal is welkom! Bring jou familie en vriende saam, ons sien uit om die aand saam met julle te deel! 🌿

πŸ“… Vrydag
πŸ•• 18:00
πŸ“ NG Kerk Velddrif

08/09/2026

πŸ“Œ KLEREVERKOPING! πŸ‘—πŸ‘šπŸ‘–βœ¨

Elke Dinsdag van 09:00 tot 11:00! 🌟

Kom loer gerus in β€” daar is letterlik iets vir almal! 😍

En die beste van alles? Spotgoedkoop pryse! πŸ›οΈπŸ’°
Kom snuffel, kom koop en kry vir jou ’n paar lekker winskopies! ❀️

πŸ“… Elke Dinsdag
⏰ 09:00 – 11:00

Moenie dit misloop nie! 🌸

🀍 ’n Spesiale dag van genade en vreugde! 🀍Baie geluk aan die vyf kosbare kinders wat vanoggend in ons gemeente gedoop is...
06/09/2026

🀍 ’n Spesiale dag van genade en vreugde! 🀍

Baie geluk aan die vyf kosbare kinders wat vanoggend in ons gemeente gedoop is! 🌿✨

Mag hulle grootword met die wete dat hulle aan God behoort, en mag Sy liefde, genade en beskerming hulle elke dag vergesel. πŸ™πŸ»

Aan elke ouer en familie: baie geluk met hierdie besondere geloofsgeleentheid. Mag julle as gesinne saam in geloof groei en hierdie kinders lei op die pad van Jesus. ❀️

β€œEk het jou by jou naam geroep; jy is Myne.” – Jesaja 43:1

Welkom, klein lyfies, in die groot familie van God! πŸ•ŠοΈπŸ’™

04/09/2026
β˜•πŸŽΆ KINDERKRANS & KOFFIE KROEG πŸŽΆβ˜•Vrydag is dit weer tyd vir Kinderkrans & Koffie Kroeg vir ons kinders en tieners! Kom ku...
03/09/2026

β˜•πŸŽΆ KINDERKRANS & KOFFIE KROEG πŸŽΆβ˜•

Vrydag is dit weer tyd vir Kinderkrans & Koffie Kroeg vir ons kinders en tieners!

Kom kuier saam, ontspan en geniet ’n lekker aand vol kuier en aktiwiteite vir die kinders. β˜•πŸŽ΅

πŸ“… Vrydag
⏰ 17:00
πŸ“ NG Kerk Velddrif

Bring jou vriende en kom geniet die saamwees! ❀️
Ons sien julle Vrydag om 5-uur! πŸŽΆβ˜•

πŸŽΆπŸ“Ή MUSIEK- & MEDIABEDIENING – ONS WIL GRAAG VAN JOU HOOR!Ons wil graag ’n beter idee kry van die vaardighede, ervaring e...
02/09/2026

πŸŽΆπŸ“Ή MUSIEK- & MEDIABEDIENING – ONS WIL GRAAG VAN JOU HOOR!

Ons wil graag ’n beter idee kry van die vaardighede, ervaring en belangstelling wat reeds binne ons gemeente bestaan. ❀️

Die Musiek- en Mediabediening sluit verskillende areas in – van musiek en sang tot klank, rekenaars, kameras, fotografie en koΓΆrdinering.

‼️ Jy hoef glad nie te voel jy verbind jou tot enigiets deur die vorm in te vul nie. ‼️

Dit help ons bloot om te weet wie moontlik belangstel, watter talente en vaardighede in ons gemeente is, en met wie ons in die toekoms verder kan gesels.

πŸ‘‰ Vul asseblief die vorm in:

Ons wil graag ’n beter idee kry van die vaardighede, ervaring en belangstelling wat reeds binne ons gemeente bestaan. Die Musiek- en Mediabediening sluit verskeie areas in – van musiek en sang tot klank, rekenaars, kameras, fotografie en koΓΆrdinering. Die invul van hierdie vorm beteken nie dat ...

🌸🌿 HALLO LENTE! 🌿🌸Die lente is hier! β˜€οΈπŸŒ· ’n Nuwe seisoen van kleur, groei en nuwe lewe.Mag hierdie nuwe seisoen ons heri...
01/09/2026

🌸🌿 HALLO LENTE! 🌿🌸

Die lente is hier! β˜€οΈπŸŒ· ’n Nuwe seisoen van kleur, groei en nuwe lewe.

Mag hierdie nuwe seisoen ons herinner aan God se getrouheid, dat Hy alles nuut maak en ons elke dag nuwe hoop gee. πŸ’™

🌱 Mag jou hart, huis en tuin hierdie lente blom!

NG Gemeente Velddrif
Vissers van Mense 🀍

Address

Smitlaan 36
Velddrif
7365

Opening Hours

Monday 10:00 - 12:00
Tuesday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Thursday 09:00 - 12:00
Friday 09:00 - 12:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when N G Gemeente Velddrif posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to N G Gemeente Velddrif:

Share