NG Kerk Laaiplek

NG Kerk Laaiplek Die gemeente is geleë aan die Weskus.

Die visie van die gemeente is: “Dat ons, gedring deur die liefde van Christus, en ń liefde vir mekaar, aktief siele sal wen, en opbou, vir die Koninkryk van God”

Welkom, Junie! Op hierdie eerste dag van 'n nuwe maand kyk ons met dankbare harte terug na alles wat Mei vir ons as geme...
01/06/2026

Welkom, Junie!

Op hierdie eerste dag van 'n nuwe maand kyk ons met dankbare harte terug na alles wat Mei vir ons as gemeente gebring het.

Dit was beslis 'n woelige maand, maar ook een gevul met seën, geloof en wonderlike herinneringe. Ons het saam die vreugde van ons basaar beleef, die diepte van Pinkster ervaar, die voorreg van doopvieringe gedeel, en soveel ander spesiale oomblikke saam geniet. Deur elke geleentheid het ons weer gesien hoe getrou die Here is en hoe Hy deur sy gemeente werk.

Ons besef opnuut hoe geseënd Laaiplek Gemeente is. Nie net deur die aktiwiteite wat plaasvind nie, maar veral deur elke lidmaat wat met liefde, diensbaarheid en geloof bydra tot die opbou van God se Koninkryk. Elke persoon het 'n unieke plek en doel in die Here se plan, en dit is vir ons 'n voorreg om saam op hierdie geloofsreis te stap.

Terwyl ons nou die sesde maand van 2026 betree en reeds halfpad deur die jaar beweeg, vul dankbaarheid ons harte. Ons sien met verwagting uit na alles wat die Here nog vir elke lidmaat, elke gesin en ons gemeente as geheel in voorbereiding het.

Mag Junie vir elkeen 'n maand wees van nuwe geleenthede, groei in geloof en die belewenis van God se genade en teenwoordigheid.

Dankie, Here, vir U goedheid. Ons sien uit na wat voorlê!

Baie geluk met die doop van julle drie kosbare klein mensies. Mag hierdie besondere dag gevul wees met liefde, seën en m...
31/05/2026

Baie geluk met die doop van julle drie kosbare klein mensies.

Mag hierdie besondere dag gevul wees met liefde, seën en mooi herinneringe.

Aan die ouers en grootouers — mag julle harte altyd oorloop van trots, vreugde en dankbaarheid terwyl julle hierdie kleintjies met wysheid en liefde grootmaak om die Here te ken.

29/05/2026
28/05/2026
24/05/2026

Wat ’n besondere oomblik om te beleef – op haar 85ste verjaarsdag loof en prys tannie Rosemary die Here steeds met haar hele hart. ’n Kosbare getuienis van geloof, dankbaarheid en ’n lewe vol genade.

KINDERKRANS Na die lang breuk was dit heerlik om weer saam te kon kuier, gesels en speel! Ons tema het gehandel oor Pink...
23/05/2026

KINDERKRANS

Na die lang breuk was dit heerlik om weer saam te kon kuier, gesels en speel!

Ons tema het gehandel oor Pinkster. Ons het begin by Jesus se koms en saam geleer oor Pinkster — die viering van die koms van die Heilige Gees.

Die kinders het elkeen ‘n windwaaiertjie gemaak om hulle altyd te herinner aan die Heilige Gees: net soos die wind wat ons nie altyd kan sien nie, maar wel kan voel, is die Heilige Gees altyd by ons en in ons.

Ons het ook heerlik saam Jaffels geëet! Baie dankie aan tannie Anita Eigelaar, een van ons mammas, vir die heerlike bederf.

Dit was regtig ‘n spesiale en geseënde saamwees.

Ons Pinkster reeks het Maandag oggend in Dwarskersbos by die Soverby Lapa begin. Wat ń ervaring met 121 lidmate wat daar...
19/05/2026

Ons Pinkster reeks het Maandag oggend in Dwarskersbos by die Soverby Lapa begin. Wat ń ervaring met 121 lidmate wat daar was.

Pinkster word drie keer per dag aangebied om dit moontlik te maak dat soveel lidmate moontlik dit kan bywoon. Die middag was ons 55 lidmate en die aand diens 87 lidmate.

Die offergawes gaan vir Bybelverspreidig aan die SA Bybelgenootskap.

Dankie vir elke kers wat ons sover kan laat brand!

Ons het vanoggend die voorreg gehad om nuwe Kerkraad lede te bevestig. Ons wens beide Shaun Bosman en Irene Coetzee alle...
17/05/2026

Ons het vanoggend die voorreg gehad om nuwe Kerkraad lede te bevestig.

Ons wens beide Shaun Bosman en Irene Coetzee alles wat mooi is toe vir hierdie nuwe amp.

Mag die Here julle lei en gebruik in ons gemeente tot Sy eer.

17/05/2026

PINKSTER

Bybelverspreiding – Kom ons laat die LIG skyn

Al die kollektes gedurende Pinkster gaan vanjaar aan Bybelverspreiding.

Wat ’n voorreg om as gemeente deel te wees van iets wat lewens kan verander — een Bybel op ’n slag.

Vir elke bedrag wat gelykstaan aan 10 Bybels, sal ds. Charl ’n kers aansteek. Elke vlam sal simbolies wees van God se Woord wat lig bring waar daar donkerte, hooploosheid en nood is.

Die Bybel verander harte. Dit bring hoop vir die moedelose, troos vir die gebroke en waarheid vir dié wat soek. Ons het as gemeente die geleentheid om saam ’n groot verskil te maak — nie net plaaslik nie, maar in mense se ewige lewens.

Kom ons bid saam.
Kom ons aanbid saam.
Kom ons kuier saam.
Kom ons gee saam.

En kom ons laat die Lig van Christus helder skyn deur ons gemeente en ver daarbuite.

Ons sien uit daarna om hierdie besondere Pinksterweek saam met julle te beleef.

Address

18 Voortrekker Straat
Laaiplek
7365

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Laaiplek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Laaiplek:

Share

Category