08/09/2026
Ons dien die Lewende God van Hemel en Aarde wat sien! Hy sien waar niemand anders sien nie. Hy sien nie net dit wat voor oog is nie, maar Hy sien binne in ons harte en Hy ken die bedoeling van ons harte.
Moet jy nie dink dat dit wat jy doen wat goed en mooi is gaan ongesiens verby nie. Moenie ophou om die goeie en mooi te doen vir die Here nie.
Daar is nie baie dankies hier op aarde nie, maar dit weet ek, daar kom 'n dag van loon by my Heer.