NG Kerk Nelspruit

NG Kerk Nelspruit As Christelike familie aanbid ons God;
koester&bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing.

04/09/2026

Hierdie naweek gaan ons GROOT op die Sonheuwel bedieningsterrein waar ons lekker verhoudingsbou en saam fees vier omdat ons dankbaar is vir die Oes waarmee die Here ons geseën het!
SATERDAG:
Rugby - Hekke maak 16:00 oop, wedstryd begin 17:00!
Bring jou stoel, eetgerei, iets om te braai en te drink. Die kerk verskaf Pap en sous en lekker vure! 🥳
SONDAG:
Oesfees - 09:00
Bring jou Oesfees Dankoffer, ‘n gazebo, ‘n stoel, piekniekmandjie met eet en drinkgoed. Daar sal koffie, tee en vetkoek met maalvleis wees!
Wonder jy waar is die Sonheuwel Bedieningsterrein? Reg oorkant Boulders Estate, Johannastr, Sonheuwel!🥳
Sien jou daar!

03/09/2026
Jesus het geweet wie rondom daardie tafel sit. Hy het geweet van die verloëning, die verraad, die swakheid en tog buk Hy...
19/08/2026

Jesus het geweet wie rondom daardie tafel sit. Hy het geweet van die verloëning, die verraad, die swakheid en tog buk Hy en was hulle voete.
Jesus sien mense nie net raak wanneer hulle op hulle beste is nie. Hy ken ons deur en deur, en steeds kyk Hy ons raak.
Dalk is dit ook hoe ons geroep word om te leef: om mense raak te sien, te dien, en deur ons lewe te sê:
Jy maak saak.

Luister na die klankgreep van die boodskap op die webwerf.
Link is in die bio.

Ons ken die storie van die Barmhartige Samaritaan so goed dat dit ‘n spreekwoord geword het. Verwar ons dalk bekendheid ...
12/08/2026

Ons ken die storie van die Barmhartige Samaritaan so goed dat dit ‘n spreekwoord geword het. Verwar ons dalk bekendheid met werklike verstaan?

As jy die storie “ken”, maar jou lewe skuif nie nader aan mense in nood nie, het die boodskap dalk sy krag verloor.
In hierdie week se boodskap daag ons mekaar uit: Gaan jy twee tree verder wegstaan, of gaan jy kies om nader te skuif?

Luister na die volledige opname om weer nuut te hoor wat dit beteken om ‘n lewe te leef wat werklik die moeite werd is.
Volledige opname is op die webwerf beskikbaar:
https://www.ngknelspruit.co.za/klankopname

Ons kyk so maklik na dit wat ons het en dink dit is te min.Te min tyd.Te min energie.Te min geld.Te min geloof.Te min om...
05/08/2026

Ons kyk so maklik na dit wat ons het en dink dit is te min.
Te min tyd.
Te min energie.
Te min geld.
Te min geloof.
Te min om regtig ’n verskil te maak.
Maar in Johannes 6 sien ons ’n seuntjie wat nie baie gehad het nie. Hy het net vyf garsbrode en twee vissies. Tog maak hy sy hand oop en plaas die bietjie wat hy het in Jesus se hande.
God vra nie dat ons baie moet hê voordat Hy ons kan gebruik nie.
Wanneer ons die bietjie wat ons het met oop hande vir Hom gee, kan Hy dit gebruik om deur ons hoop vir ander te skep.
Wat is in jou hand, en sal jy dit oopmaak en Hom daarmee vertrou?

As jy die hele boodskap en getuienis wil luister loer na die website in ons bio.
https://www.ngknelspruit.co.za

Ontdek hoe om met nuwe “lus” te werk. Klik op die skakel in ons bio vir die volledige boodskap.
29/07/2026

Ontdek hoe om met nuwe “lus” te werk.
Klik op die skakel in ons bio vir die volledige boodskap.

22/07/2026

Die wêreld gee ons elke dag nuwe redes om teen die onkruid vas te kyk.
Jesus vertel egter ‘n ander storie. Terwyl die slawe net die onkruid sien, sien die Boer reeds die oes.

Luister hierdie week se boodskap oor Matteus 13 hier:
https://www.ngknelspruit.co.za/klankopname

Hierdie kwartaal se program is propvol lekker dinge en plekke waar jy jou ‘Lyf kan skuif’.Skakel in, wees deel en behoor...
21/07/2026

Hierdie kwartaal se program is propvol lekker dinge en plekke waar jy jou ‘Lyf kan skuif’.
Skakel in, wees deel en behoort by die gemeente waar verhoudings die verskil maak!

Die program is ‘color coded’:
GEEL- Gemeente uitreik info
GROEN- Kwartaal tema: ‘n Moeite werd lewe
ORANJE- Tieners
BLOU-Verhoudingbou en sosiale geleenthede
PIENK- Die vroue groep stap hierdie Kwartaal
TURQUOISE - Ons het nie van die Kinders vergeet nie.

Trek jou dagboek of kalender nader en beplan saam jou volgende 3 maande. 😉

Enige vrae? Skakel gerus die kerkkantoor.
👋

Address

35 Bell Street
Mbombela
1200

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 08:00 - 11:00

Telephone

013 752 4518

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Nelspruit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Nelspruit:

Shortcuts

Share