07/09/2026
Jesus het leierskap heeltemal anders kom wys. Grootheid gaan nie oor hoeveel mense jou dien nie, maar oor hoeveel mense jy bereid is om te dien.
Jy lyk die meeste soos Jesus wanneer jy iemand dien wat jou niks kan teruggee nie.
So dalk is die vraag nie: “Wat kry ek hieruit?” nie,
maar eerder: “Wie het my nodig?”
Vat ’n handdoek. Dien iemand. Volg Jesus. 🙌
Hierdie gedagtes kom uit Sondag se Heeltemal Nuut-boodskap oor ’n nuwe manier van leierskap. Wil jy verder luister?
🎥 Kyk die volledige boodskap hier - https://www.youtube.com/live/U7wBUtHAplQ