15/10/2024
Oktober word aangewys as Pastor Waarderingsmaand om eer en dankbaarheid te betoon vir die geestelike leierskap en leiding wat pastore aan hul gemeentes verskaf.
Hierdie tradisie is gewortel in die Bybelse oproep om diegene wat in die bediening werk te erken en te ondersteun. Spesifiek, gedeeltes soos 1 Timoteus 5:17 ( LAAT die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.)
en Hebreërs 13:17 ( Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie)
Die idee van 'n spesifieke maand vir pastoor-waardering het in die 1990's in die Verenigde State begin, en is bevorder deur Christelike organisasies soos Focus on the Family, as 'n manier vir gemeentes om tyd opsy te sit om hul dankbaarheid vir die opofferings, harde werk en toewyding van leraars en bedieningsleiers uit te spreek . Pastore werk dikwels onvermoeid agter die skerms, verskaf geestelike sorg, berading, onderrig en moet herders van die kudde wees.
Deur pastore in hierdie tyd te waardeer, erken gemeentes die emosionele, geestelike en soms fisiese uitdagings wat hul pastore in die gesig staar. Dit is 'n geleentheid om hulle aan te moedig, rus en vernuwing te bied, en liefde en ondersteuning te toon, om te verseker dat hulle gewaardeer voel vir hul rol in die bou en instandhouding van die kerkgemeenskap.
Daarom tydens hierdie Oktober maand is dit die gewoonte om jou Pastoor te waardeer. Dit is waar, geen Pastoor doen dit vir 'n dankie of selfs vir die eer van mense nie maar die waarheid is Pastore is ook net mense en hulle word ook moeg, moedeloos en het ook nodig om te hoor jy doen 'n goeie werk. Elke Pastoor doen wat hulle doen omdat hulle 'n liefde het vir God en omgee oor die mense wat God aan hulle toevertrou. Waardeer dit en onthou om dit te wys.