Christus Koninkryk Familie Kerk Lofdal Gemeente

Christus Koninkryk Familie Kerk Lofdal Gemeente Christus Koninkryk Familie Kerk Lofdal Gemeente

13/09/2026
12/09/2026

Missionary To Africa Saved MiraculouslyCredit:

Goeie môre, dit is amper tyd, kom geniet dit saam met ons môre, beloof om 'n Geesvervulde diens te wees. CKFC, 23 5de st...
08/08/2026

Goeie môre, dit is amper tyd, kom geniet dit saam met ons môre, beloof om 'n Geesvervulde diens te wees.
CKFC, 23 5de straat
09h00

Goeie dag geliefdes, dit is weereens vir ons 'n voorreg om Leon en Rietha Goosen hier by ons te verwelkom. Leon en Rietha kom besoek ons Sondag 9 Augustus met musiek en woord. Ons glo dit sal weer 'n goddelike en geseënde diens wees. Ons wil u graag uitnooi na die diens, om dit saam met ons te kom geniet en bring sommer iemand saam

Waar: CKFC Lofdal gemeente 23 5de straat langs dierekliniek.
Wanneer: 9 Augustus 2026
Hoe laat: 9h00
Toegang: Gratis en verniet
Kontak: Past. Frik Botha 0662237377

Môre, môre, hierdie is vanmiddag hoop om jou daar te sien!!
08/08/2026

Môre, môre, hierdie is vanmiddag hoop om jou daar te sien!!

Hierdie gaan awesome wees, bring jou kind om dit saam met ons te geniet, terwyl ons die Here se Naam groot maak in Sy teenwoordigheid. Dit gaan heerlik wees, dan kry hul nog 'n hotdog, koeldrank en 'n lekker dingetjie, kom en bring sommer 'n maatjie saam.

Dis môre 14h00 by die kerk langs die dierekliniek 23 5de straat.

Hierdie gaan awesome wees, bring jou kind om dit saam met ons te geniet, terwyl ons die Here se Naam groot maak in Sy te...
07/08/2026

Hierdie gaan awesome wees, bring jou kind om dit saam met ons te geniet, terwyl ons die Here se Naam groot maak in Sy teenwoordigheid. Dit gaan heerlik wees, dan kry hul nog 'n hotdog, koeldrank en 'n lekker dingetjie, kom en bring sommer 'n maatjie saam.

Dis môre 14h00 by die kerk langs die dierekliniek 23 5de straat.

Goeie dag geliefdes, dit is weereens vir ons 'n voorreg om Leon en Rietha Goosen hier by ons te verwelkom. Leon en Rieth...
01/08/2026

Goeie dag geliefdes, dit is weereens vir ons 'n voorreg om Leon en Rietha Goosen hier by ons te verwelkom. Leon en Rietha kom besoek ons Sondag 9 Augustus met musiek en woord. Ons glo dit sal weer 'n goddelike en geseënde diens wees. Ons wil u graag uitnooi na die diens, om dit saam met ons te kom geniet en bring sommer iemand saam

Waar: CKFC Lofdal gemeente 23 5de straat langs dierekliniek.
Wanneer: 9 Augustus 2026
Hoe laat: 9h00
Toegang: Gratis en verniet
Kontak: Past. Frik Botha 0662237377

11/06/2026

Goeie môre geliefdes, kinders van ons hemelse Vader. Daar is iets wat baie swaar op my hart lê, 'n dringendheid omdat die misleiding so groot is. Daar is hierdie nuwe liedjie wat nou groot opgang maak op sosiale media, "Every single cell in my body". Mense hierdie ding so onskuldig as wat dit mag voorkom is uit die put van die hel. Hieronder is 'n uiteensetting van hoekom ek so sê, lees asb. daardeur en moet in liefde asb. nie aan hierdie liedjie deel hê nie. Die Here seën u, groete Past. Frik.

Die gevaar van die liedjie “every cell in my body”

1. Dit verskuif goddelike genesing na self. Ons vetrou nie meer in God nie, en ons genesing is nie meer in die krag van Christus nie. Jesus is nie meer die bron van ons geloof en genesing nie.
2. Die mag van lewe en dood is in die tong, die Skrif sê dit duidelik. My woorde dra krag, en dit het ‘n invloed op my gemoed.
3. Maar die konteks hiervan is geloof, nie geloof in my eie vermoë nie, maar in die Here en Sy Woord. Om met geloof in Hom, Sy Woord en beloftes, oor my lewe uit te spreek. En daarom sê die Skrif ook “en hulle het oorwin deur die Bloed van die Lam en die woord van hul getuienis.”
4. Hierdie liedjie in sy hele wese is “New Age”, Dit is gebore uit die okkulte en oosterse geestelike genesing. Die aanhoudende herhaling is dieselfde as “Chanting” wat hekse doen. Dit volge ‘n sekere ritme en frekwensie, wat nie net ons redeneringsvermoë afsluit nie, maar dit maak ons oop vir demoniese geeste.
5. New Age healing: Is oosterse genesing soos “Reiki & Gaia”, hulle glo in ‘n onsigbare universele magiese krag, wat deur die liggaam vloei. Om deur tegnieke soos meditasie en yoga en mantras soos die liedjie geaktiveer.
6. In die liedjie is daar vier punte op die liggaam wat hy aanraak; voorhoof tussen die oë (wat hy self erken is die 3de oog), die hart, die solar plexus (bors), die maag en dan net onder die naeltjie.
7. Hierdie is nie bloot toevallig nie, dit is wat hulle die “Hara” lyn noem, van die kroon van die kop, regdeur die middel van die liggaam tot in die aarde. Dit is die energie wat jou verbind met die aarde en ‘n hoër geestelike realm.
8. Hierdie punte wat hy aanraak word “chakras” genoem, chakra beteken ‘n roterend wiel of skyf, energie punte op die liggaam. Daar is in totaal sewe chakras, die 1ste op die bodem van stuitjie tot die 7de die kroon bo die kop.
9. Ek gaan net die vier bespreek wat hy aanraak;
i) Die eerste een wat hy aanraak is die Agnya Chakra of ook die 3de oog chakra. Dit word verbind met intuïsie, helderheid en geestelike insig. Die vermoë om bonatuurlik of in die geestelike realm te kan sien. Om ‘n dieper vlak van bewustheid te hê, dit verbind die natuurlike en geestelike realms. Dit bring geestelike helderheid, dit bring ‘n balans tussen Solar(Pingala)/Son en Lunar(Ida)/Maan energie – hierdie is absoluut sonaanbidding!
ii) Die tweede een wat hy aanraak is die Anahata Chakra of ook die hart chakra, hy noem dit ook so, die hart. Dit beheer liefde, empatie en emotionele balans. Dit verbind die hart, longe thymus klier en hande en arms. Dit beheer die vloei van “Pranal” lewenskrag energie. Dit is die verbintenis tussen die hoër chakras(geestelike bewustheid) met die laer chakras(Fisiese & emotionele behoeftes).
iii) Die derde een wat hy aanraak is die Manipura Chakra of die solar plexus chakra, wat hy ook so noem. Dit verbind jou met jou innerlike self, dit help met selfbemagtiging en positiewe energie wanneer dit geaktiveer word. Dit word verbind met son en vuur energie. Jy kan hier totale selfbewustheid ervaar.
iv) Die vierde een wat hy aanraak is die Swadishatana Chakra of die sakrale werwel chakra, net onder die naeltjie. Dit word verbind met die element water. Dit beheer begeertes, kriatiwiteit en seksualiteit. Dit bevorder entoesiasme.
10. Die verbintenis tussen Kundaline en chakras is diepgaande. Wanneer die Kundalini energie ontwaak by die basis van die ruggraat, die eerste chakra, begin dit met sy weg boontoe totdat dit die kroon bereik, die sewende chakra. En dit is hier waar geestelike verligting plaasvind.
11. Kundalini word beskryf as ‘n dormante energie by die basis van die ruggraat, opgerol soos ‘n slang. Hierdie energie simboliseer potensiaal en ‘n geestelike ontwaking. In yoga filosofie word Kundalini gesien as die primêre energie wat, as dit ontwaak het, deur die chakras beweeg, die energie punte van die liggaam, wat lei tot diepgaande transformasie en bewustheid. ‘n Verhoogte staat van die geestelike insig en gevoel van eenheid met die heelal.
12. Dit is duidelik aan die bogaande beskrywing dat hierdie liedjie nie bloot onskuldig is nie, en die wysie wat so maklik op die tong is, en wat jy sukkel om uit jou kop te kry nie, maar dat dit inherent boos is. Die duiwel kom soos ‘n engel van die lig, en ons moenie verbaas wees as sy agente dieselfde doen nie. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte, die wêreldheersers van die duisternis en bose geeste. Wat het lig en duisternis met mekaar te doen, kom ons wandel in die Lig. Soms is dit wat so onskuldig lyk tog so gevaarlik, dit is die groot misleiding, net soos in die tuin van Eden. Moenie hieraan deel raak nie, dis okkulties en oosterse sonaanbidding, gee aan die duiwel geen vatplek. Mag die Heilige Gees aan u hierdie waarheid openbaar.

Address

5th Street 23
Naboomspruit

Telephone

+27662237377

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Christus Koninkryk Familie Kerk Lofdal Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share