Hervormde Kerk Naboomspruit

Hervormde Kerk Naboomspruit Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika is een van die drie Susterkerke in Suid-Afrika.

Dit is 'n Reformatoriese kerk in die Calvinistiese tradisie en werk tradisioneel veral onder Afrikaners.

Braai vir Barmhartigheid.Wat 'n heerlike braai waar fondse geïn is vir barmhartigheid.Riëtte en die diakonie het ons beh...
30/08/2026

Braai vir Barmhartigheid.

Wat 'n heerlike braai waar fondse geïn is vir barmhartigheid.

Riëtte en die diakonie het ons behoorlik bederf. Tussen die Hervormers van Naboom word altyd lekker geëet.

Hoe gepas was dit nie. Nadat God ons bederf en gevoed het aan die nagmaaltafel het die gemeente hulle harte en hande oopgemaak om die te voed wat nie so bevoorreg soos ons is nie!

Doen so voort my geliefde gemeente.

MOENIE MÔRE SE NAGMAAL MISLOOP NIE! Gemeente, môre is ’n besondere dag! Die tafel van die Here is gedek — en Jesus Chris...
29/08/2026

MOENIE MÔRE SE NAGMAAL MISLOOP NIE!

Gemeente, môre is ’n besondere dag!

Die tafel van die Here is gedek — en Jesus Christus self nooi ons om aan te sit.

Kom bring jou gesin, jou hart, jou dankbaarheid, jou bekommernisse en selfs jou gebrokenheid.

By sy tafel herinner Hy ons weer: “Jy behoort aan My.”

Dit is nie net nóg ’n Sondag nie. Dit is ’n geleentheid om saam as God se huisgesin stil te word, Christus se genade te ontvang en ons geloof te versterk.

Kom sit saam met ons aan die tafel van die Heer.

Wie kan bekostig om nie deel te wees nie?

Môre geliefdes. Sondag 23 Augustus, kom ons as gemeente en vriende van die gemeente bymekaar vir ’n besondere voorbereid...
21/08/2026

Môre geliefdes. Sondag 23 Augustus, kom ons as gemeente en vriende van die gemeente bymekaar vir ’n besondere voorbereidingsdiens met die oog op volgende Sondag se Nagmaal. Maar dit is méér as net voorbereiding vir ’n kerklike gebruik. Dit is ’n uitnodiging om Jesus weer raak te sien.

Ons gaan ook die aanneming van ’n volwasse kategesant beleef Leoné Smith– iemand wat voor God en gemeente sê: “Ek behoort aan Christus.”

Dit herinner óns ook daaraan dat geloof nie net iets is wat ons weet nie, maar Iemand aan wie ons behoort.

Dink môre aan die erediens soos ’n tafel waarheen God ons nooi. Ons kom nie omdat ons alles verstaan of omdat ons volmaak is nie. Ons kom met ons vreugde, vrae, dankbaarheid en selfs ons teleurstellings.

En daar, rondom God se Woord en tussen sy mense, kan ons ontdek:
Hy was reeds hier. Hy loop reeds langs ons.

Maak daarom môreoggend ’n doelbewuste keuse: kom kerk toe met ’n oop hart.

Moenie net kom om ’n diens by te woon nie. Kom om iemand te ontmoet.
Kom ontmoet God.
Kom ontmoet mekaar.
Kom ontdek weer dat Jesus reeds langs jou loop.

🙏 Here, maak môre my oë oop om U raak te sien. Amen.

15/08/2026
MOENIE HIERDIE SONDAG MISLOOP NIE!Kan God besig wees om in jou lewe te werk... sonder dat jy dit raaksien?Het jy al gewo...
18/07/2026

MOENIE HIERDIE SONDAG MISLOOP NIE!

Kan God besig wees om in jou lewe te werk... sonder dat jy dit raaksien?

Het jy al gewonder:

- Waarom lyk dit of my gebede onbeantwoord bly?

- Waarom verander niks, al vertrou ek die Here?

- Werk God nog, selfs wanneer alles stil voel?

Jesus antwoord hierdie vrae met twee eenvoudige gelykenisse oor... 'n saadjie.

Wat Hy Sondag openbaar, kan jou hele perspektief op God se werk in jou lewe verander.

Tema:
"Die saad van die Koninkryk – God werk, selfs wanneer jy dit nie sien nie."

Skriflesing: Markus 4:26–34

Sondag 19 Julie 2026

09:00

Hervormde Kerk Naboomspruit

Kom ontdek waarom Jesus sê dat die grootste dinge wat God doen, dikwels begin waar niemand iets kan sien nie.

Bring jou gesin, nooi 'n vriend en kom luister na hierdie boodskap van hoop.

Ons sien uit daarna om jou Sondag te verwelkom!

Bokkieweek 2026. Die klomp Hervormers is weer plesierig saam by die pap, kaiings en maalvleis stalletjie.Wat 'n voorreg ...
08/07/2026

Bokkieweek 2026. Die klomp Hervormers is weer plesierig saam by die pap, kaiings en maalvleis stalletjie.

Wat 'n voorreg om deel te wees van so klomp mooi mense! Mense wat kan saamwerk, saam lag!

Address

40 Nelson Mandela Drive
Mookgopong
0560

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 22:00

Telephone

+27147431425

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Naboomspruit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share