Connexo Krugersdorp

Connexo Krugersdorp Ons visie is om te CONNECT met God, mekaar en die wêreld! CONNEXO
Waar ons connect met God, mekaar en die wêreld.

Ons is ‘n charismatiese kerk wat daarna strewe om ‘n impak te maak op ons gemeenskap met die waarheid oor God, sy Woord en Sy doel vir ons bestaan.

Bring ń Kombers! Baie dankie vir julle ondersteuning en omgee vir behoeftiges.Bring Sondag ‘n kombers saam kerk toe. Nuw...
03/06/2026

Bring ń Kombers!

Baie dankie vir julle ondersteuning en omgee vir behoeftiges.
Bring Sondag ‘n kombers saam kerk toe. Nuwe of netjiese gebruikte komberse is welkom.

Elke kombers wat geskenk word, is meer as net warmte dit is ‘n tasbare teken van liefde, omgee en hoop.

7Junie is die laaste Sondag om ń kombers saam te bring.
Help ons om hierdie winter ‘n verskil in iemand se lewe te maak.

“Want ek was koud, en julle het My warm gehou...” (vgl. Mattheus 25)

Baie dankie vir julle ondersteuning en omgee vir dié wat dit die nodigste het.

29/05/2026

Die spreek van Tale

Sien julle daar!
22/05/2026

Sien julle daar!

🧠✨ D**k jy, jy weet ’n bietjie van alles? Kom geniet ’n heerlike Senior Trivia oggend saam ons!!

Verwag lekker lag, vriendelike kompetisie, goeie geselskap en hope pret terwyl ons jul kennis toets oor verskeie onderwerpe.

Connexo Krugersdorp

22/05/2026

Pinkster

Connexo Care Vanaand bespreek ons die volgende🤍 🌿🫖Soos 'n tee sakkie in kookwater, word ware karakter onder druk onthul....
21/05/2026

Connexo Care Vanaand bespreek ons die volgende🤍

🌿🫖Soos 'n tee sakkie in kookwater, word ware karakter onder druk onthul.
Die beproewings van die lewe skep nie wat binne ons is nie—hulle ontbloot dit.
En die geur wat ons agterlaat, word die nalatenskap wat die wêreld onthou.
Romeine 5:3-4 ✝️
Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.

🪾Morele waardes is die wortels, waardes is die takke—saam vorm hulle die karakter wat ons word.
Jou waardes lei jou keuses; Jou morele waardes bepaal wie jy is wanneer niemand kyk nie.
'n Persoon se grootste rykdom is nie wat hulle besit nie, maar die waardes wat hulle weier om te kompromitteer.
Filipense 4:8 ✝️
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle - julle gedagtes rig.

💭Jou oortuigings vorm jou gedagtes, jou gedagtes vorm jou dade, en jou dade vorm jou bestemming.
Wat jy van jouself glo, word die standaard waarvolgens jy leef.
Jy tree nie op volgens jou wense nie — jy tree op volgens jou oortuiging.
Romeine 12:2 ✝️
Julle moet nie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Kom en geniet vanaand saam ons by Connexo Care met 'n koffie en goeie geselskap.
6:30pm-8:30pm ☕

Address

85 Kingdon Street
Krugersdorp
1739

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 10:30

Telephone

+27119535780

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Connexo Krugersdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Connexo Krugersdorp:

Share