31/08/2026
Wat ’n besonderse Sondag in God se teenwoordigheid!
Van die oggenddiens tot die aanddiens was daar ’n duidelike uitnodiging: MOENIE OPHOU SOEK, BID EN NADER NIE.
📖 BID TOTDAT DIE HEMEL BEGIN BEWEEG
Ons is herinner dat gebed nie net iets is wat ons doen wanneer alles anders misluk nie — gebed is waar ons begin. Ons bid met geloof. Ons bid met volharding. Ons bid totdat die hemel begin beweeg!
📖 KOM NADER
God se uitnodiging bly staan: “Kom nader aan My.” Wanneer ons nader aan Hom beweeg, verander Sy teenwoordigheid ons harte, ons perspektief en ons lewens.
Ons sluit hierdie Sondag af met een begeerte:
MEER VAN JESUS!!
MEER VAN SY TEENWOORDIGHEID!!
MEER VAN SY WIL OP AARDE!!
Dankie aan elke persoon wat saam met ons aanbid, gebid en die Here gesoek het. Ons glo dat dit wat God begin het, nie by ’n Sondagdiens eindig nie. ❤️🔥
JESUS ONS BOODSKAP • MENSE ONS HART