AGS Betsaida

AGS Betsaida Ons glo in die Drie-Enige God, in Sy Woord, Waarheid en Wonderwerke. Ons glo in die krag van gebed en die mag van lof en aanbidding.

En ons roeping is om God se hande en voete hier op aarde te wees. Ons is weer ten volle aan die gang by ons kerk op Sondae. Dis nie meer nodig om te bespreek nie - ons het genoeg sitplek vir almal, selfs met "social distancing". Kom net en kom geniet die heerlikheid van God saam met ons.

https://youtu.be/YBl84oZxnJ4?si=BNwigKPZoTtk0vZY - SurroundedDeut 20:4 “want dit is die Here julle God wat saam met jull...
08/09/2026

https://youtu.be/YBl84oZxnJ4?si=BNwigKPZoTtk0vZY - Surrounded
Deut 20:4 “want dit is die Here julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.” (A53)
Daar kom dae, soos vandag, wat ek maar net my kop in totale verdwaasdheid skud en myself wil oorgee aan die gekkigheid wat rondom my plaasvind. Die lewe het my nou al geleer: daar is sekere gevegte wat jy net eenvoudig nie op hierdie aarde gaan wen nie, maak nie saak wat jy doen of wie jy is nie. Twee kapok-hane se baklei oor mag en gesag het nou al so verspot geraak dat hierdie hoender-hennetjie maar net in stilte haar nessie skrop en die manne se geite beloer – niks kan tog teen testosteroon staan nie! Laat die manne nou maar baklei en klaar kry, en dan sal ek later die bloed neusies en stukkende ego’s behandel met ‘n bietjie TLC!
Gelukkig pla hierdie goed my nie, want ek hou vas aan die mooi belofte van Deut 20:4. Solank as wat ek by die Here bly, hoef ek my nie te bekommer oor hierdie skermutselings in die lewe nie. Hy veg vir my! Ek en jy hoef nie eens ‘n enkele wapentuig op te tel nie, want die Here stry vir ons en gee vir ons die oorwinning. Daarom kan ek die woorde van hierdie lied eggo – this is how I fight my battles – in totale lof-oorgawe aan die Here. My advies vir jou vandag is so eenvoudig: beklee jouself met Hom; omring jouself met Sy teenwoordigheid en bedek jouself onder die vlerke van die Here. Skuil in Sy heerlikheid en aanskou hoe Hy vir jou stry en vir jou die oorwinning behaal. Moenie die gevegte van die lewe jóúne maak nie – die Here is in beheer van dit; gee dit oor aan Hom. So, ten aanskoue van die gevegte rondom jou, sing ‘n loflied vir die Here – dís hoe ons baklei. Nie met woorde en dade nie, maar met lofliedere tot God. Daarteen is die vyand absoluut magteloos!
My Oorwinnaar God, ek staan vandag met my hande omhoog en ‘n loflied tot U op my lippe. This is how I fight my battles! Dankie, Here, dat ek deur U guns en genade omring en omsingel is! Amen.

Pre-Order the record: https://smlxl.lnk.to/Pm2YlMusic video by Mic...

https://youtu.be/LfzpfqrPUDo?si=0QsqF4pxEQCl9GhZ – Glorious Day2 Kor 4:17 “Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik...
07/09/2026

https://youtu.be/LfzpfqrPUDo?si=0QsqF4pxEQCl9GhZ – Glorious Day
2 Kor 4:17 “Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid.” (A53)
Ek haat dit om te vlieg. En nee, dis nie ‘n irrasionele vrees nie – ek is ‘n lugverkeerbeheerder; ek wéét wat in ons lugruim aangaan! So werk ek myself nou al die hele dag in ‘n frenzy omdat ek vanmiddag Kaap toe moet vlieg. Om alles te kroon is daar ‘n storm op OR Tambo lughawe, dit reën asof iemand die stortkrane oopgedraai het, die aanloopbaan lyk soos die Nyl rivier en ons vlieg met ‘n relatief klein vliegtuigie in hierdie wilde weer in. (Okay, die Embraer is nou nee heeltemal klein nie, maar dis darem nou ook nie ‘n Boeing nie!) Na twee ure van angs is ek uiteindelik weer terug op Moeder Aarde, met my Lyfwag wat hom verbeel hy is Antonelli hier op Kaapstad se paaie – asof die vlug nie erg genoeg was nie! Maar God, met Sy wonderlike maat van heerlikheid, stuur ‘n groot, vet kat by my hotel kamer in om op my bed te kom lê en my te koester en net weer rustig te maak. Ai, dis heerlike om ‘n Koningseun te wees!
Paulus pen vir ons ‘n belofte neer waaraan ons altyd kan vashou, en Kristian Stanfill sing dit so mooi in hierdie lied: dit wat ons nou deur gaan, is net tydelik – God het iets veel beter en heerliker in stoor vir ons, en dit gaan vir ewig wees! Helaas, ek glo die vet kat sal seker nou-nou aan die deur krap en wil uitgaan – ook maar net ‘n tydelike trosie – maar die vrede en rus wat ek en jy by God vind, is ewig. Dit word deur niks afgeskrik of weggejaag nie; dit het geen voorwaardes anders as om aan Hom vas te hou nie; dit stel geen eise aan ons nie. Al hierdie dinge is reeds deur Yahweh Nissi betaal! Die oorwinning is reeds behaal en die heerlikheid is reeds beskikbaar gemaak vir ons. Hou net vas – hierdie swaarkry is net tydelik.
Yahweh Nissi, U is my oorwinning, die banier van heerlikheid wat oor my gespan is. Ek het redding nodig gehad, my nood was swaar, maar kettings breek onder die gewig van U heerlikheid. Toe ek skuiling nodig gehad het, en 'n weeskind was, roep U my en noem my 'n burger van die hemel. Toe ek gebroke was, was U my genesing. Nou is U liefde die lug wat ek inasem. Dankie, my Here. Amen.

Passion - Official Live Video for “Glorious Day (feat Kristian Stan...

06/09/2026

https://youtu.be/dWTgc2oqitk?si=aSmqirrr3T3zHMZE – Victory in Jesus
1 Joh 5:4 “For everyone born of God is victorious and overcomes the world; and this is the victory that has conquered and overcome the world—our [continuing, persistent] faith [in Jesus the Son of God].” (AMP)
Sjoe, ons het amptelik die stryd teen die koue vir ‘n wyle verloor ... bibberende bloublasies, dis ysig koud hier in Gauteng! Watter deel van “hello, lente!” het ons klein provinsie nou nie so lekker gesnap nie? Maar die voordeel natuurlik van so ‘n onverwagse koue op jou pad, is dat daar meer tyd is om nuwe winter-drankies uit te vind! So het ek nou vanaand ‘n nuwe ding gemaak – nie seker of ek dit michai of chailo moet noem nie – en dit is ‘n wenner! ‘n Heerlike, stomende beker milo, met so ‘n hoogvol lepeltjie chai tee mengsel daarby. YUMMY! Nou is ek net spyt dat ek dit nie al vroeër ontdek het nie! Yep, my michai (uitgespreek maichai) is voorwaar ‘n wenner!
Net so is ek en jy ongetwyfeld wenners, en selfs meer as wenners, en dit net deur ons geloof in Christus. Die Woord beloof ons dat ons geloof in Jesus, die Seun van God, al reeds vir ons die oorwinning behaal het. Kyk mooi hoe is hierdie vers in die Amplified geskryf: “is victorious” “and overcomes” – dit dui op iets aanhoudend, en “has conquered and overcome” – dis al reeds gedoen en behaal. Ek het met onsekerheid my michai gemaak, en het benoud gewonder hoe dit sou uitkom. Maar in Jesus Christus is daar géén onsekerheid nie en hoef ek oor níks benoud te wonder nie – ons wéét dat Hy ons banier en ons oorwinning is! Dis juis hoekom ons bestempel word as meer as oorwinnaars! Glo dit net eenvoudig vanaand en sing hierdie lied met oorgawe.
God van my oorwinning, ek juig en jubel vanaand in U, want hierdie belofte van U staan vas: ons geloof in U het ons al reeds die oorwinning gegee. Dankie, Here, dat die wêreld en die lewe geen houvas op ons het nie; in U en deur U het ons dit alles reeds oorwin. Halleluja! Amen.

Ons tema vir September is Yahweh Nissi - The Lord is our Banner. Ander vertalings lees ook Die Here is ons Oorwinning. P...
06/09/2026

Ons tema vir September is Yahweh Nissi - The Lord is our Banner. Ander vertalings lees ook Die Here is ons Oorwinning. Proteas oorleef die warmste vuur om hul sade te kan skiet. Sonneblomme draai altyd hul gesigte na die son - soos ons altyd ons hoop op Christus plaas.

https://youtu.be/NYwUytM0tmg?si=id7JNfC0iWdsUhFH – I Will Sing to the Glory of the KingPs 59:16 “Maar ék sal sing van U ...
05/09/2026

https://youtu.be/NYwUytM0tmg?si=id7JNfC0iWdsUhFH – I Will Sing to the Glory of the King
Ps 59:16 “Maar ék sal sing van U sterkte en elke môre jubel oor U goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.”
Ten spyte van die ysige koue dag wat ons vandag beleef het, was die dag tog ook een reuse sukses. Vanoggend heerlike ontbyt saam met my Ousus geniet terwyl ons karre lekker gewas en gepamperlang word. Vanmiddag was dit ‘n ongelooflike bederf tyd by ons kerk, waar die Sondagskool ons behoorlik tot in die afgrond bederf het met ‘n karnaval dag – allerhande lekker speletjies gespeel, heerlike braaivleis geniet en, bo alles, SPOOKASEM! Oh my soul, ek LOVE daai fluffy sugar rush! En net om die kersie op ons spreekwoordelike kolwyntjie te sit, het die Bokke weer vandag teen die Kiwi’s gewen. Yep, inderdaad ‘n dag van oorwinning op oorwinning, met meer as genoeg rede om te jubel!
En so is dit ook in ons geestelike lewe – elke dag is ‘n dag van juig en jubel in ons Redder, want Sy banier van oorwinning wapper oor ons. Aan die kruis het Hy reeds elke moontlike mag en aanslag teen ons verslaan. Daarom is Hy inderdaad vir ons altyd ‘n veilige toevlug en ‘n rotsvesting by wie ons kan skuil. Selfs al is die lewe nie so warm en gemaklik soos ons gehoop het nie – ons God stel ons in staat om die beste daarvan te maak, juis omdat Hy ons al reeds vooruit gegaan het en die pad vir ons gelyk gemaak het. Vanaand juig en jubel ek in hierdie mooi belofte van die Here – die belofte dat Hy my toevlug en rotsvesting is. Ek juig en jubel omdat ek onder Sy banier kan skuil. Ek sing en getuig van Sy Almag, want Sy oorwinningsvlag is in my lewe gehys. Halleluja!
Yahweh Nissi, ek wil sing en van U krag getuig, my Here. U is my Banier van Oorwinning, selfs in tye wanneer dit vir my voel asof ek nie die oorwinning gaan smaak nie. As ek net by U skuil, Here, my toevlug en rotsvesting, dan hoef ek niks te vrees nie, want die geveg is nie meer myne nie, maar dit behoort aan U. En U swaai die banier van oorwinning, want U het reeds alles oorwin. Ek het U so oneindig lief, Yahweh Nissi. Amen.

Artist: Joe NiemandSong: I will sing to the glory of the KingAl...

Wat 'n heerlike Karnival fees! Dankie, Ronelle Mollentze en jou span, vir ons ongelooflike lekker bederf. Almal het iets...
05/09/2026

Wat 'n heerlike Karnival fees! Dankie, Ronelle Mollentze en jou span, vir ons ongelooflike lekker bederf. Almal het ietsie gewen, heerlik gespeel en gesmul aan spookasem, roomys en 'n tafel oorlaai met kos.

https://youtu.be/u-1fwZtKJSM?si=jbmdneEvSxLRsU2u – Living HopeRom 8:11 “En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode op...
04/09/2026

https://youtu.be/u-1fwZtKJSM?si=jbmdneEvSxLRsU2u – Living Hope
Rom 8:11 “En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.” (A53)
Net toe ek nou gedink het die somer is op ons, toe kom hierdie ou koue weertjie al weer verby. Waarskynlik die laaste stuiptrekkings van die winter, en al wat ons kan doen, is om vas te hou aan die hoop dat die somer wel in volle glorie sy gesig sal uitsteek. En al is ek wel ‘n winter mens, en al is winter my gunsteling tyd van die jaar, sal ek nou regtig nie omgee vir ‘n paar lekker, behoorlike swembad-weer daggies nie! Daar is min dinge wat my moeë lyf en gedagtes so opkikker soos om in my swembad rond te hang nie.
Net so is daar niks wat my so opgewonde maak soos hierdie belofte van God nie – ‘n belofte van ‘n Lewende Hoop vir ons almal! Net soos wat lente en somer die aankondiging van nuwe lewe is, net so bevestig God met hierdie belofte dat daar vir ons ook ‘n aankondiging van nuwe lewe is – ‘n belofte van lewe en opwekking deur die Heilige Gees. En glo my, die belofte handel nie net oor die dag wanneer ons fisies dood is nie. Hoe meer ek hierdie Skrif lees, hoe meer beleef ek die wonder van opwekking deur die Gees in my daaglikse lewe! Daar is ‘n banier van Lewende Hoop wat God oor ons koppe hys, en wat ons in die aangesig van die vyand kan swaai in oorwinning – want die Gees van die lewe woon al reeds in ons. Nou. In die teenwoordige tyd. In hierdie oomblik. Nóú het ek en jy al reeds die lewe in ons – hoe wonderlik is dit?! Halleluja!
God van my oorwinning en lewe, hoe heerlik om nou al hallelujas te sing oor die lewende hoop wat ons in U het! Halleluja, ek prys U wat my vrygemaak het! Halleluja, die dood het sy houvas op my verloor. U het elke ketting verbreek; daar is redding in U Naam, Jesus Christus, my lewende hoop! Amen.

The brand new single from Phil Wickham, available everywhere 3/30. ...

Een besige Sondag - bring bietjie eer aan ons seniors, nagmaal, heerlike Sondagskool en dan nog 'n lekker kuier na kerk....
04/09/2026

Een besige Sondag - bring bietjie eer aan ons seniors, nagmaal, heerlike Sondagskool en dan nog 'n lekker kuier na kerk. Moenie dit mis nie!

https://youtu.be/-68_QmST37U?si=7o_4oKMEgdD1s-D2 – Promises Gal 6:9 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want...
03/09/2026

https://youtu.be/-68_QmST37U?si=7o_4oKMEgdD1s-D2 – Promises
Gal 6:9 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” (A53)
Ek dreig nou al geruime tyd om my eerste beef wellington te maak – dis een van my gunsteling geregte, maar nog nooit self gemaak nie. Vanaand is toe die aand wat ek hierdie outjie aanpak, maar, eish, wat ‘n stryd! Moes die beef verruil vir volstruis fillet, want ek kan nie beesvleis eet nie. Het die parma-ham verruil vir hoender patee, want Johanna, my skoonmaakster, mag nie vark eet nie. Het die sampioen duxelle verruil vir gesmoorde uie, want Johanna eet nie sampioene nie. Ai, wat mens nie alles sal opoffer vir ander nie! Maar aan die einde van die dag was my beef-wellington-cum-ostrich-pie ‘n reuse sukses! Gekyk soos die ware Jakob en net so lekker gesmaak ook ... om die waarheid te sê, ek dink dit was beter!
Moenie ophou goed doen nie! Hou aan om op te offer wanneer die Here dit op jou hart lê, want Hy belowe dat Hy op die regte tyd vir jou sal voorsien. Elke goeie daad het 'n voorspelbare oes. Laat ons dus nie mismoedig raak in die tussentye nie. Maak egter seker dat jou goeie dade liefde gedrewe is eerder as plig gedrewe; geloof werk deur liefde, plig deur wilskrag. Ek het nie uit plig my beef wellington resep verander nie, maar uit liefde en waardering vir ‘n vrou wat al vir bykans 20 jaar vir my werk. En die oes daarop was iets wat lekkerder gesmaak het as van die beste beef wellingtons wat ek al geëet het! Dít is hoe ons God en Sy beloftes werk – Hy is getrou en voorsien op die regte tyd en op die regte plek, met presies dit wat jy nodig het. Jy kan maar in Hom glo en op Sy beloftes staan.
Yahweh Nissi, dankie dat ek in geloof U banier oor my kan hys en op U beloftes kan staan. Nie oor wat ons daardeur kan kry nie, maar uit liefde vir U en vir die mense wat U op ons pad stuur. Amen.

https://youtu.be/4dKw6WnPOg8?si=p7UmAHKybAmgbUwP – His Banner over me is LoveHoogl 2:4 “Hy het my in die wynhuis ingebri...
02/09/2026

https://youtu.be/4dKw6WnPOg8?si=p7UmAHKybAmgbUwP – His Banner over me is Love
Hoogl 2:4 “Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.” (A53) “He has brought me to his banqueting place, And his banner over me is love [waving overhead to protect and comfort me].” (AMP)
Ek is in die afgelope 24 maande erg geteister deur ‘n spesifieke persoon. Aanvanklik het ek my nie daaraan gesteur nie, maar in die laaste paar weke het dit mense naby my begin raak en het die persoon absoluut ge-eskaleer in sy onsinnigheid. Gister middag, op kantoor, bring ‘n kollega vir my die woorde “This is a spiritual battle” en ons bid saam oor die saak, maar dit hou my steeds wakker. Gisteraand bel iemand my en gee my hierdie woord (sonder om eens van iets te weet!): “The Lord says you are going through a spiritual battle, but not to worry – the enemy lost this battle already 2 000 years ago!” En so het dit vandag ook aangegaan, met nog twee mense wat bevestig het dat dit ‘n geestelike oorlog is wat al reeds deur die vyand verloor is. How awesome is that!!!!
Vandat ek gisteraand gehoor het van ‘n geliefde wat met borskanker gediagnoseer is, sing ek nog die hele tyd hierdie pragtige lied: His banner over me is love. Die dag toe ék met kanker gediagnoseer was, was dit die lied wat ek en my liewe ou Moeder die aand gesing het – ‘n oorwinningslied dat alles okay gaan wees. En hierdie mooi belofte van Hooglied 2 is waaraan jy vanaand kan vashou – ons Yahweh Nissi het vir jou ‘n banket tafel vol heerlike voedsel voorberei, ‘n oorwinningsmaaltyd, terwyl jy onder die beskerming van Sy liefde sit. Hy het al reeds 2 000 jaar gelede Sy vaandel oor jou lewe gehys, eeue voor jou geboorte, en aan jou die oorwinning gegee. Dit wat jy dalk vandag en in hierdie tyd deurgaan, is net die laaste stuiptrekkings van die vyand in ‘n geveg wat hy al lankal reeds verloor het.
Vaandel van oorwinning, dankie dat ek vanaand in hierdie totale vrede kan sit: U banier oor my spreek van oorwinning wat lankal reeds behaal is. Yahweh Nissi, ek bring vanaand elke een wat in een of ander stryd of worsteling sit en ek plaas hulle onder U banier. Mag hulle ook nou die vrede ervaar in die wete – hierdie stryd is nie ons s’n nie, en is in elk geval al lankal vir ons gewen. Amen.

LIVE Song and Dance by the Believers Fellowship KIDS.Music by Ced...

Address

93 Parkland Drive
Kempton Park
1619

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 09:30
Wednesday 07:00 - 21:00
Sunday 08:30 - 10:00

Telephone

+27726048512

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Betsaida posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AGS Betsaida:

Shortcuts

Share