Gereformeerde Kerk Kempton Park

Gereformeerde Kerk Kempton Park Religious Kerk in Kempton Park

Ons hou weer heerlik biltongfees!!!
29/08/2026

Ons hou weer heerlik biltongfees!!!

Ons neem afskeid van tannie Anna Hattingh wat Mosselbaai toe verhuis het.
05/08/2026

Ons neem afskeid van tannie Anna Hattingh wat Mosselbaai toe verhuis het.

Ons jaarlikse sop-en-sjerrie-aand was weereens 'n heerlike warm saam kuier- en eetgeleentheid vir 'n koue wintersaand.
27/07/2026

Ons jaarlikse sop-en-sjerrie-aand was weereens 'n heerlike warm saam kuier- en eetgeleentheid vir 'n koue wintersaand.

Baie interessante geselsie oor die toekoms van die pyporrel in kerke.
10/07/2026

Baie interessante geselsie oor die toekoms van die pyporrel in kerke.

Are pipe organs going extinct?Across the church world, historic p...

04/07/2026

Sustersaamtrek 2027

Beste susters van Gereformeerde Kerk Kemptonpark en Kemptonpark-Noord

Ons is baie bly en opgewonde om julle te laat weet dat ons, as die Here wil, weer in 2027 ’n Sustersaamtrek vir die Oosrand streek gaan aanbied.

Ons sien met dankbaarheid terug op die mooi samewerking tussen ons twee gemeentes tydens die saamtrekke van 2016 en 2024. Dit was besondere geleenthede waar ons saam in Kemptonpark se kerkgebou kon byeenkom, kon luister na ’n goeie spreker en heerlik saam kon sing. Ons is dankbaar vir hierdie mooi tradisie van saamwerk en saam bou.

Vir 2027 wil ons graag op hierdie goeie dinge voortbou, maar ook innoverend dink oor hoe ons die saamtrek nog beter kan maak. Daarom nooi ons al die susters in beide gemeentes hartlik uit om vir ons voorstelle en idees te gee oor wat ons moet anders doen, beter doen, aanhou doen of ophou doen om die saamtrek nog meer besonder en opbouend te maak.

Gee asseblief julle idees deur aan Ansie Hennop of Carin Tredoux teen die einde van Julie 2026, sodat ons dit in ag kan neem in die beplanning.

Ons beplan ook om weer ’n gesamentlike komitee saam te stel, met drie of vier susters uit elke gemeente, om saam aan die voorbereiding van die Sustersaamtrek te werk.

Ons sien baie uit daarna om weer as susters in die geloof saam te werk en saam te geniet.

Vriendelike groete
Ansie Hennop & Carin Tredoux

Ons gaan weer Biltongfees hou. Kom geniet saam met ons.
20/06/2026

Ons gaan weer Biltongfees hou. Kom geniet saam met ons.

Kom geniet 'n heerlike warm sop-en-sjerrie-aand saam
17/06/2026

Kom geniet 'n heerlike warm sop-en-sjerrie-aand saam

Die Getroue Goues kuier weer heerlik saam. Ons het baie interessante familiestaaltjies gedeel en daarna weer heerlik saa...
17/06/2026

Die Getroue Goues kuier weer heerlik saam. Ons het baie interessante familiestaaltjies gedeel en daarna weer heerlik saam tert en vetkoekies geëet en koffie en tee gedrink.

Gemeentefunksie, aangebied deur ons susters. Spreker: Dr. Louise Stoker oor die onderwerp van verhouding tussen ouers en...
16/05/2026

Gemeentefunksie, aangebied deur ons susters. Spreker: Dr. Louise Stoker oor die onderwerp van verhouding tussen ouers en volwasse kinders.

10 Mei 2026 Gemeente-ete. Lekker saamkuier en -eet.
12/05/2026

10 Mei 2026 Gemeente-ete. Lekker saamkuier en -eet.

Address

Cnr Hugget & Highveld Road
Kempton Park
1619

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Kempton Park posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Gereformeerde Kerk Kempton Park:

Shortcuts

Share