Eden Gemeente

Eden Gemeente Eden Gemeente is ’n Afrikaanse kerk in George wat saam ontdek wat dit beteken om God te ken, Jesus te volg en geloof uit te leef.

06/09/2026

In hierdie diens:
𝗣𝗿𝗲𝗲𝗸𝗿𝗲𝗲𝗸𝘀: Vier Seisoene Kind
𝗗𝗶𝗲𝗻𝘀𝘁𝗲𝗺𝗮: Wat as God stil voel?
𝗣𝗿𝗲𝗱𝗶𝗸𝗲𝗿: Gerhard de Jager

04/09/2026

Wat as God stil voel?

Ons álmal beleef soms seisoene waar God ver en stil voel.

Hierdie Sondag begin ons met ’n nuwe reeks: “Vier Seisoene kind”, en Gerhard de Jager gaan met ons gesels oor die tema: “Winter”.

⛪️ 6 September | 09:00
🤩 Kinderkerk 09:00
😎 Tieners kom in die ouditorium bymekaar en verdaag na die sangreis na hul verskeie lokale
☕Koffie en kuier na afloop van die diens

Sien jou Sondag.

02/09/2026

Baie dankie aan elkeen wat so getrou bydra tot ons spens.

Dit stel ons in staat om deurlopend te help waar daar nood is.

Saam maak ons ‘n groot verskil in ons omgewing! 🫶🏻

30/08/2026

Wat as jy ontdek dat God jou nie uit jou gewone lewe roep nie, maar juis dáárin?

In Ons is … Buitemense kyk ons na wat dit beteken om met God se groter agenda te leef - by die huis, by die werk, tussen mense en in die wêreld om ons. ’n Boodskap oor roeping, invloed, kompromie, lig wees en die vraag: Wie besit eintlik my lewe?

Jy is nie net ’n toeskouer nie. Jy is God se handewerk, en Hy wil jou gebruik om die wêreld om jou mooier te maak.

In hierdie diens:
𝗣𝗿𝗲𝗲𝗸𝗿𝗲𝗲𝗸𝘀: Ons is
𝗗𝗶𝗲𝗻𝘀𝘁𝗲𝗺𝗮: Dis my lewe… of is dit??
𝗣𝗿𝗲𝗱𝗶𝗸𝗲𝗿: Koos van der Merwe

Laai die preekmanuskrip hier af: https://storage1.snappages.site/VTRH5T/assets/files/Ons-is-%26hellip%3B.-Buitemense-2.pages

Roeping… ’n Woord wat ons so maklik angstig kan laat voel. Maar wat beteken die woord régtig? Die antwoord mag jou dalk ...
29/08/2026

Roeping… ’n Woord wat ons so maklik angstig kan laat voel. Maar wat beteken die woord régtig? Die antwoord mag jou dalk verras.

Kom luister môre-oggend wanneer Koos van der Merwe met ons gesels oor die tema: Ons is… Buitemense

Sien jou môre!

⛪️ 30 Augustus | 09:00
🤩 Kinderkerk 09:00
😎 Tieners kom in die ouditorium bymekaar en verdaag na die sangreis na hul verskeie lokale

Nog net EEN week voor ons eerste Rock in die Tuin konsert 🎸🥳Ons kan nie wag om dit met julle te deel nie!
28/08/2026

Nog net EEN week voor ons eerste Rock in die Tuin konsert 🎸🥳

Ons kan nie wag om dit met julle te deel nie!

25/08/2026

In hierdie Sê “La Vie”:
Tema: Vergewe en onthou
Koos van der Merwe & Gerhard de Jager

Address

Eden Place
George
6546

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eden Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Eden Gemeente:

Shortcuts

Share