26/02/2026
God is so groot dat dit onmoontlik is vir ons as mens om ooit Sy volheid te kan begryp, maar as ons d**k aan God se name, dan gee dit vir ons 'n idee van hoe groot Hy werklik is. God se name identifiseer en beskryf aan ons wie Hy werklik is.
Sy naam is:
- Elohim, God die Skepper
- Yahweh-Jireh, die God wat voorsien
- Yahweh-Rapha, die God wat genees
- Yahweh-Nissi, die God wat my toevlug is
- Yahweh-Shalom, die God wat vrede gee
- Yahweh-Sela, die God wat my rots is
- Yahweh-Rohi, die God wat my herder is
- Yahweh-Shammah, die God wat daar is
- Yahweh-Magen, die God wat beskerm
- Yahweh-Chatsahi, die God wat krag gee
- Yahweh-Go'el, die God wat verlos
- Yahweh-Ori, die God wat lig gee
- Adonai, God die meester en heerser oor als
Ons kan dus weet dat God groot genoeg is om in elke voorval en omstandigheid te kan voorsien.