05/06/2013
it is die verhaal van Lika, dogter van Klippie en Liezl du Randt, wat in Delportshoop bly.
(Hierdie briefie is deur Liezl geskryf)
"Lika du Randt is 9 Februarie 2011 op 34 weke gebore. Sy is die jongste van 4 kinders. Ná haar geboorte was sy vir 3 weke in die hoësorg-eenheid. Daar het sy reeds haar eerste bloedoortapping gekry. Dokters het dit toegeskryf aan al die bloed wat hulle tydens prosedures moes trek, daarom was haar bloedtelling so laag.
Op 9 weke was sy doodsbleek en wou glad nie drink nie. Sy het net geslaap. Lika is dadelik opgeneem in ICU waar bevind is dat haar HB-telling 2 is. Dit is eintlik veronderstel om 12 te wees. Enige telling onder 7 kan lewensgevaarlik wees. Sy het feitlik geen bloed meer in haar klein lyfie gehad nie.
Sy is gediagnoseer met ‘n Parvo-virus. ‘n Virus wat in die beenmurg voorkom. Dit keer dat bloed vervaardig word. Elke 3 maande word nuwe bloed vervaardig, en hierdie bloed is veronderstel om 3 maande ‘n aktiewe tydperk te hê.
In haar geval het haar liggaam nie nuwe bloed vervaardig nie, en haar bloed het net minder geraak. Met die gevolg is dat sy 3 bloedoortappings gekry het om haar bloedvlakke te laat styg. Vir elke 1kg liggaamsgewig kon sy 15ml bloed kry. Sy het toe net 2kg geweeg.
Na verdere bloedtoetse is bevestig dat sy aan Totale Aplasma (Aplastic Anemia) lei. Daar is geen behandeling daarvoor, slegs bloedoortappings en dalk ‘n latere beenmurgoorplanting. Dokters het steroȉdes begin voorskryf wat ‘n moontlike invloed op die vervaardiging van beenmurg kon hê. Die steroȉdes stimuleer en prikkel die beenmurg – met totale Aplasma het jy geen weerstand teen enige siektes nie.
Lika was die afgelope bietjie meer as twee jaar gereeld in die hospitaal.
Nadat hulle beenmurg getrek het, het hulle bevind sy het ‘n spesifike Aplasma nl. Pure Red Cell Aplasia. Dit staan ook bekend as Diamond-Blackfan Anemia.
Haar beenmurg produseer glad nie - ook nie rooibloedselle nie. Dit vertraag ook die groeiproses. Daar is baie gevolge van die siekte. Soms raak ek as Mamma so bang net om te d**k aan alles wat kan gebeur, dat ek eerder besluit het om net van dag tot dag te leef.
Elke keer as sy ‘n bloedoortapping kry moet sy gehospitaliseer word. Elke keer is daar risiko’s. Elke keer is daar ‘n vrees dat haar liggaam die bloed kan verwerp.
Dit gaan met hoë mediese onkostes gepaard, waarvan die mediese fondse reeds uitgeput is.
Na vier maande is steroȉdes gestaak agv te veel newe-effefte. Sy het ‘n ampete ekseem vel wat soos omlope lyk. Sy ontwikkel ook gereeld seertjies is haar mond en kan dan nie eet of drink nie. Haar groei is ook vertraag en sy is ook laat met die mylpale in haar lewe.
Omdat dit so ‘n rare siekte is, is daar min inligting hieroor en dokters kom selde of nooit hiermee in aanraking nie."
Intussen is 'n beenmurgoorplanting verlede Woensdag (22.05.2013) in Kaapstad gedoen. Haar sussie, die oudste van vier kinders, Carla, was die skenker. Sy is voorwaar 'n klein held. My Sister's Keeper. Lika het nog twee boeties, Filip en Neul, wat by hul ouma Ina by hul huis in Delportshoop versorg word. Terwyl Lika in die hospitaal was, afwagtend vir die beenmurgoorplanting, was Filip vir meer as 'n week in Kimberley in die hospitaal met longontsteking. Klippie (pappa) is tans ook in die Kaap waar hy Lika en Liezl bystaan.
Hierdie gesinnetjie is die afgelope twee jaar deur baie diep waters. Kort-kort word hulle beproef, maar hulle bly sterk in hul geloof. Liezl, 'n onderwyseres, moes verlof neem wat by haar pensioen afgetrek sal word aangesien sy nie genoeg verlof het nie.
Ek vra dat julle asb vir die Du Randts, maar in besonder vir Lika, in jul gebede sal jou. Sy ondergaan nou 'n baie kritieke tydperk