NG Kerk Bainsvlei

NG Kerk Bainsvlei Kom tot rus in God saam ons Sondae
Erediens: 09:00
Sotho-dienste: 09:00
Sondagskool: 10:00

02/09/2026
04/08/2026

Tydens Sondag se Kinderdiens is ons herinner dat God ons oorlaai met Sy liefdesgeskenke. Hy sorg vir ons harte én vir dit wat ons elke dag nodig het. Hierdie geskenke is egter nie bedoel om net vir onsself gehou te word nie.

Jesus roep ons om raak te sien wanneer ander swaarkry, om vir hulle te bid en om self bereid te wees om te help. Dit maak nie saak hoe oud of jonk ons is nie, elkeen kan God se liefde sigbaar maak deur te deel, te troos, om te gee en iemand wat alleen voel, raak te sien.

Die kerk is nie bloot ’n gebou nie. Die kerk is God se mense wat Sy liefde met ander deel.

Kyk gerus hier na die volledige preek:
https://www.youtube.com/watch?v=JQoVn8d6zrE

28/07/2026

Hoofgedagte | 26 Julie 20265
Op die berg in Galilea gee Jesus nie bloot vir Sy dissipels ’n laaste opdrag nie, Hy wys vir hulle hoe Sy kerk in die wêreld moet leef.

Die kerk is nie geroep om net op die berg te bly en terug te d**k aan wat God gedoen het nie. Ons word gestuur om die evangelie te verkondig én God se koninkryk deur ons optrede sigbaar te maak.

Ons bou ons lewe op Jesus se woorde. Ons spandeer tyd in gemeenskap met die Vader. Ons sien mense in nood raak, kry hulle innig jammer en doen goed aan hulle en selfs wanneer dit iets van ons vra, dra ons moedig ons kruis.

Mag ons nie net kerk toe gaan nie, maar elke dag waarlik kerk wees—daar waar God ons plaas.

Ds. Cobus Hamman het die boodskap uit Matteus 28:16–20 tydens die erediens van Sondag, 26 Julie 2026, gedeel.

Kyk hier na die volledige diens:
NG Kerk Bainsvlei – 26 Julie 2026

22/07/2026

Hoofgedagte | 19 Julie 2026

Die kerk van Christus word nie deur ’n gebou, gemeente, taal, kultuur of landsgrens bepaal nie. Oral regoor die wêreld waar mense aan Jesus Christus behoort, is ons deel van dieselfde geloofsfamilie.

Al verskil ons agtergronde, tradisies en omstandighede, bind Christus ons aan mekaar. Deur Hom is ons nie vreemdelinge nie, maar broers en susters, lede van een liggaam en deel van een kerk.

Hierdie waarheid herinner ons dat ons geloof nooit net oor onsself of ons eie gemeente gaan nie. Ons word geroep om mekaar raak te sien, vir mekaar om te gee en saam te leef as die wêreldwye familie van God.

In Christus is ons baie mense, maar een kerk.

Herlize Nel het Sondag se boodskap met ons gedeel. Kyk hier na die volledige preek:
https://www.youtube.com/watch?v=HJaBTTeu_RM&t=12s

Kom maak 'n verskil saam met ons.Hierdie Saterdag is NG Kerk Bainsvlei weer by die Boeremark-uitreik in Hardekoolstraat,...
09/07/2026

Kom maak 'n verskil saam met ons.

Hierdie Saterdag is NG Kerk Bainsvlei weer by die Boeremark-uitreik in Hardekoolstraat, naby Koffiekraal.

Ons Diensaksie Getuienis-span is daar om met mense te gesels, te luister, vrae oor die geloof te beantwoord en die liefde van Jesus op 'n eenvoudige, opregte manier te deel.

Kom maak gerus 'n draai by ons stalletjie. Jy is baie welkom.

📍 Hardekoolstraat, naby Koffiekraal
📅 Saterdag, 11 Julie 2026
🕘 09:00 – 12:00

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies..." – Matteus 28:19

Psalm 13 begin met vrae wat baie van ons al self gevra het:"Hoe lank nog, Here?"Dit is 'n Psalm vir elkeen wat al gewond...
26/06/2026

Psalm 13 begin met vrae wat baie van ons al self gevra het:

"Hoe lank nog, Here?"

Dit is 'n Psalm vir elkeen wat al gewonder het waar God is te midde van wagtyd, onsekerheid of swaarkry. Maar dit eindig nie by die vrae nie – dit eindig by vertroue.

Mag hierdie naweek vir jou 'n geleentheid wees om jou hart stil te maak voor die Here en Hom opnuut te ontmoet.

Ons nooi jou uit om Sondag saam met ons deur Psalm 13 te reis.

Sondag | 09:00
NG Kerk Bainsvlei

Address

Posbus 17020
Bloemfontein
9338

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 12:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 12:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27514511788

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Bainsvlei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share