NG Kenridge - kerk/church

NG Kenridge - kerk/church Ons bou brûe soos Jesus/we build bridges like Jesus

Eredienste op Sondae: 09:00 & 18:30

Kernwaardes:
Ons... :..gee om..leef met integriteit..dien met al die gawes van die Gees..bedien eietyds..luister na God en na mekaar..omhels diversiteit..getuig van God se verlossing..verwelkom almal

Kenridge Gemeente Erediens: 13 September 2026Prediker: Christi ThirionTeks: Hand. 8:26-39Reeks: Getuienis en die Heilige...
13/09/2026

Kenridge Gemeente Erediens: 13 September 2026

Prediker: Christi Thirion
Teks: Hand. 8:26-39
Reeks: Getuienis en die Heilige Gees

▪️ 09:00 Christi Thirion
▪️ 09:00 Kinder- en Jongtienerbediening
▪️ 18:00 Christi Thirion (Tienerkerk)
▪️ 18:30 Johan Steenkamp

Begunstigde: Sobambisana

Almal welkom!

Baie welkom by ons "livestream" erediens. Vandag se prediker: Chr...

11/09/2026

Lees ons VrydagNuus:

Toe ek klein was, kon ek myself baie vermaak met 'n spons en water. Die manier hoe 'n spons water kan opsuig en hou en laat uitloop kon my klein-seuntjie-brein lank besig hou. Later was dit ook die bron van my eerste filosofiese denke - die spons is in die water en die water is in die spons – twee...

Water en sponsToe ek klein was, kon ek myself baie vermaak met 'n spons en water. Die manier hoe 'n spons water kan opsu...
11/09/2026

Water en spons
Toe ek klein was, kon ek myself baie vermaak met 'n spons en water. Die manier hoe 'n spons water kan opsuig en hou en laat uitloop kon my klein-seuntjie-brein lank besig hou. Later was dit ook die bron van my eerste filosofiese denke - die spons is in die water en die water is in die spons – twee waarhede op een slag!

Toe ek as volwassene in Dallas Willard se boek The Divine Conspiracy lees van "a God bathed world" toe spring my gedagtes dadelik weer na die prentjie van die spons en water. Hy skryf:

“...a totally good and competent God is right here with us to look after us. And his presence is precisely what the word heaven or, more accurately, the heavens in plural, conveys in the biblical record as well as through much of Christian history.... The “heavens" are always there with you no matter what, and the "first heaven," in biblical terms, is precisely the atmosphere or air that surrounds your body... it is precisely from the space immediately around us that God watches and God acts... To be born "from above," in New Testament language, means to be interactively joined with a dynamic unseen system of divine reality in the midst of which all of humanity moves about whether it knows it or not. And that, of course, is "The Kingdom Among Us."

Die Heilige Gees leef binne-in ons, soos ons binne-in die Gees leef.

Getuienis is dus niks anders as om hierdie werklikheid te bevestig nie. Dit beteken ook dat ons kan ontspan oor die "to do" van getuienis, want ons hoef nie vir God in ons wêreld in te trek of in te dra nie. God is reeds "daar". God is reeds besig met daai een wat in jou hart en gedagtes lê om oor God te getuig.

Tom Smith skryf in sy boek Vind God in die Gewone dat ons “speurders van die Skepper” (detectives of Divinity) wil wees en dit beteken ons leer om die teenwoordigheid van God in ons gewone lewe raak te sien, veral in "die verhoudings waar ons liefhet en soms seerkry. Dit beteken ons beleef die lewe opnuut as God-enchanted...” Speurders vra voortdurend vrae. Hulle is die hele tyd besig met die wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe vrae. Byvoorbeeld, "Wie is jy regtig?" "Wie is God vir jou?” “Waar is jy nou in jou lewe?” “Waar het jy gebed nodig?” Die uiteinde van ʼn speurder se vrae is ʼn versameling van bewyse en getuienis.

Ons leef in ʼn wêreld waar ons aandag versplinter is en ons sukkel om meer as dit wat voor ons is, raak te sien. Ek sien net die spons of net die water. Die speurder-ingesteldheid vra om bietjie langer aandag te gee, wyer en dieper te kyk en bewus te raak van die spons in die water en die water in die spons. Ons leef in God en God in ons. Elke mens leef in daai realiteit – selfs al herken en erken hulle dit nie. Ons getuienis is om dit wat reeds waar is, raak te sien en uit te wys.

Groete

Christi

Kenridge Senior Aksie "Koffiekuier, Kreatiwiteit en Kaartjies"Woensdag 16 September om 10:00 tot 12:00Aanbieder: Alta St...
10/09/2026

Kenridge Senior Aksie

"Koffiekuier, Kreatiwiteit en Kaartjies"

Woensdag 16 September om 10:00 tot 12:00

Aanbieder: Alta Stone, Arbeidsterapeut

Skep 'n bruikbare geskenketiket en -boksie

NG Kenridge Grootsaal

Geen toegangsgeld

Jongvolwassenes en Studente !!Ons het 'n Padel-aand die 30ste September. RSVP asb by Lionel Hutton of op die JV WhatsApp...
10/09/2026

Jongvolwassenes en Studente !!

Ons het 'n Padel-aand die 30ste September.

RSVP asb by Lionel Hutton of op die JV WhatsApp groep.

Die koste is R80 per persoon - betaalbaar by aankoms - ons sal 'n kaartmasjien hê.

Ons het die bane van 18:00 tot 19:30 en daarna kan die wat wil saam pizza's geniet by die Meerndal Bossa.

Sien julle daar !!

07/09/2026
Kenridge Gemeente Erediens: 6 September 2026Prediker: Lionel HuttonTeks: Lukas 19Reeks: Getuienis en Gasvryheid▪️ 09:00 ...
06/09/2026

Kenridge Gemeente Erediens: 6 September 2026

Prediker: Lionel Hutton
Teks: Lukas 19
Reeks: Getuienis en Gasvryheid

▪️ 09:00 Lionel Hutton (Doop)
▪️ 09:00 Kinder- en Jongtienerbediening
▪️ 18:00 Lionel Hutton (Tienerkerk)
▪️ 18:30 Christi Thirion

Begunstigde: Een Maitland Gemeente

Almal welkom!

Baie welkom by ons "livestream" erediens. Vandag se prediker: Lio...

Kenridge Gemeente Erediens: 6 September 2026Prediker: Lionel HuttonTeks: Lukas 19Reeks: Getuienis en Gasvryheid▪️ 09:00 ...
04/09/2026

Kenridge Gemeente Erediens: 6 September 2026

Prediker: Lionel Hutton
Teks: Lukas 19
Reeks: Getuienis en Gasvryheid

▪️ 09:00 Lionel Hutton (Doop)
▪️ 09:00 Kinder- en Jongtienerbediening
▪️ 18:00 Lionel Hutton (Tienerkerk)
▪️ 18:30 Christi Thirion

Begunstigde: Een Maitland Gemeente

Almal welkom!

Kenridge Gemeente Erediens: 30 Augustus 2026Prediker: Lionel HuttonTeks: Lukas 10:1-24Reeks: Getuienis en Liefde▪️ 09:00...
30/08/2026

Kenridge Gemeente Erediens: 30 Augustus 2026

Prediker: Lionel Hutton
Teks: Lukas 10:1-24
Reeks: Getuienis en Liefde

▪️ 09:00 Lionel Hutton
▪️ 09:00 Kinder- en Jongtienerbediening
▪️ 18:00 Lionel Hutton (Tienerkerk)
▪️ 18:30 Dave Viljoen

Begunstigde: God’s Merciful Hands Ministry

Almal welkom!

Baie welkom by ons "livestream" erediens. Vandag se prediker: Lio...

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” - Filippense 4:13Dit is seker een van die bekendste verse in die By...
28/08/2026

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” - Filippense 4:13

Dit is seker een van die bekendste verse in die Bybel. Ons sien dit op koffiebekers, sporthemde en motiveringsplakkate. ’n Atleet haal dit aan voor ’n groot wedstryd. ’n Student skryf dit bo-aan sy notas voor ’n eksamen. Iemand wat ’n groot droom najaag, gebruik dit as bemoediging: Met Christus aan my kant kan ek enigiets regkry.

Maar dit is nie heeltemal wat Paulus bedoel het nie.

Paulus skryf hierdie woorde nie nadat hy ’n groot oorwinning behaal het nie. Hy skryf dit vanuit moeilike omstandighede. Hy weet wat dit beteken om min te hê. Hy weet wat honger, onsekerheid en swaarkry beteken. Hy skryf vanuit die tronk.
Net voor vers 13 skryf hy: “Ek weet wat dit is om min te hê, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê… Ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees.”
Dit verander die betekenis van “ek is tot alles in staat” nogal drasties.

Dink aan ’n boot op die see. Ons verstaan geloof soms asof Christus belowe om die wind altyd in ons guns te laat waai. As ons genoeg glo, sal die see kalm wees, die reis maklik wees en ons sal altyd presies by die bestemming uitkom wat ons vir onsself gekies het. Maar Filippense 4:13 belowe nie ’n wind wat altyd in ons guns waai nie.

Dit belowe eerder ’n anker wat hou wanneer die storm kom. Paulus sê nie: “Christus maak seker dat alles uitwerk soos ek dit beplan het” nie. Hy sê: “Christus gee my die krag om staande te bly, ongeag wat gebeur.” Daar sal tye wees wanneer die see kalm is. Daar sal ook tye wees wanneer die wind draai, die golwe hoog word en ons planne uitmekaar val. Ons gaan nie elke wedstryd wen nie. Ons gaan nie elke geleentheid kry waarvoor ons bid nie. Ons gaan soms teleurgesteld wees. Ons gaan soms verloor. Ons gaan soms deur seisoene gaan wat ons nooit vir onsself sou gekies het nie.

Die belofte van Filippense 4:13 is nie dat Christus elke storm sal keer nie. Die belofte is dat Christus ons deur die storm sal dra.

Hy gee ons krag om dankbaar te bly wanneer ons baie het en om Hom te vertrou wanneer ons min het. Hy gee ons krag om nederig te bly wanneer dinge goed gaan en om hoopvol te bly wanneer dinge verkeerd loop. Hy gee ons krag om aan te hou glo wanneer ons omstandighede nie verander nie. Miskien moet ons daarom die vers nie hoor as: “Met Jesus kan ek enigiets bereik wat ek wil nie.”

Maar eerder:
“Met Jesus kan ek deur enigiets gaan wat die lewe oor my pad bring.” En eintlik is dit ’n baie groter belofte.Want ons grootste behoefte is nie ’n God wat waarborg dat ons altyd suksesvol sal wees nie. Ons grootste behoefte is ’n God wat belowe dat ons nooit alleen deur die storm hoef te gaan nie.
Groete
Lionel

Address

2 Maestricht Street
Bellville
7530

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00
18:30 - 20:00

Telephone

+27219134206

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kenridge - kerk/church posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kenridge - kerk/church:

Shortcuts

Share