Uitsig Gemeente

Uitsig Gemeente Uitsig Gemeente - Die gemeente wat: OMGEE vir die Woord, OMGEE vir mekaar, OMGEE vir die wereld. www.uitsigkerk.co.za

Basaar 5 September 2026.
27/08/2026

Basaar 5 September 2026.

23 Augustus 2026-09:00Ds Suléne du Toit40 Dae - Week 4“Liefde sonder ‘n telkaart”Teks: 1 Kor 13:5 & Matt 18:21-35
21/08/2026

23 Augustus 2026-09:00
Ds Suléne du Toit
40 Dae - Week 4
“Liefde sonder ‘n telkaart”
Teks: 1 Kor 13:5 & Matt 18:21-35

21/08/2026
09 Augustus 2026-09:00Ds Louis Minnaar40 Dae - Week 2Vriendelikheid en Geduld“Liefde wat stadiger loop”Teks: Lukas 10:25...
08/08/2026

09 Augustus 2026-09:00
Ds Louis Minnaar
40 Dae - Week 2
Vriendelikheid en Geduld
“Liefde wat stadiger loop”
Teks: Lukas 10:25-37

02 Aug 2026-09:00Ds Louis MinnaarNagmaal/40 Dae begin“Die liefde maak die meeste saak”Teks: Matteus 22: 34-40 en 1 Korin...
31/07/2026

02 Aug 2026-09:00
Ds Louis Minnaar
Nagmaal/40 Dae begin
“Die liefde maak die meeste saak”
Teks: Matteus 22: 34-40 en
1 Korintiërs 13:1-3

26 Julie 2026-09:00Ds Louis Minnaar“Wanneer Liefde tuiskom”Teks: 1 Johannes 4: 7-21
24/07/2026

26 Julie 2026-09:00
Ds Louis Minnaar
“Wanneer Liefde tuiskom”
Teks: 1 Johannes 4: 7-21

19  Julie 2026-09:00Ds Louis Minnaar“Niks kan jou skei van die liefde van Christus nie”Teks: Romeine 8:26-39
17/07/2026

19 Julie 2026-09:00
Ds Louis Minnaar
“Niks kan jou skei van die liefde van Christus nie”
Teks: Romeine 8:26-39

12/07/2026

Een van die mooiste hoogtepunte van vanjaar se uitreik was dat ons aan die einde van die week vir elke kind, saam met hul geskenkpakkie, ook ’n bal kon gee.

Die vreugde op die kinders se gesigte was onbeskryflik. Geen foto of woorde kan werklik die opgewondenheid, dankbaarheid en pure blydskap vasvang toe hulle hul eie bal ontvang het nie.

Hierdie besondere oomblik was slegs moontlik danksy ruim skenkings en mense met oop harte. Wat vir baie van ons dalk ’n eenvoudige geskenk is, het vir hierdie kinders ’n droom waar gemaak.

Aan elkeen wat bygedra het finansieel, deur skenkings, gebede of ondersteuning baie, baie dankie. Julle vrygewigheid het nie net b***e uitgedeel nie julle het hoop, vreugde en onvergeetlike herinneringe geskenk.

“Dit is geseënder om te gee as om te ontvang.” – Handelinge 20:35

Merweville Uitreik 2026Van 4–11 Julie het ons die voorreg gehad om ons 22ste uitreik na Merweville aan te pak.Die tema v...
12/07/2026

Merweville Uitreik 2026

Van 4–11 Julie het ons die voorreg gehad om ons 22ste uitreik na Merweville aan te pak.

Die tema vir 2026 was “Talente en Geestelike Geskenke.” Gedurende hierdie week het ons opnuut ontdek dat God elkeen van ons uniek geskape en toegerus het met talente en geestelike gawes om tot diens van Sy Koninkryk en ander mense te wees.

Hierdie uitreik was soveel meer as net ’n geleentheid om na ander uit te reik. Dit was ook ’n inreik, ‘n tyd om geestelik te groei, onsself beter te leer ken en opnuut bewus te word van hoe God in en deur elkeen van ons werk. Deur die gawes van ander raak te sien, is ons ook herinner aan die wonderlike waarheid dat elke mens self ’n geskenk uit God se hand is.

Ons is ongelooflik dankbaar vir ’n besondere week, gevul met liefde, diensbaarheid, lag, gebed, aanbidding en kosbare oomblikke saam. Bo alles is ons dankbaar vir ’n ongelooflike span wat elke dag met oop harte, bereidwillige hande en ’n passie vir God se werk diens gelewer het.

Mag ons almal aanhou om die talente en geestelike geskenke wat God aan ons toevertrou het, met vreugde te gebruik tot eer van Hom en tot seën van ander.

Address

Mountain View Drive 17, Ridgeworth
Bellville
7530

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Uitsig Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Uitsig Gemeente:

Share