Henry Pike

Henry Pike •Believer•Husband•Father•Pastor• Worshiper •Radio Presenter•Column Writer

19/06/2026

Kultuur is soos dryfsand, dit lyk stewig totdat jy daarop trap en ‘n rukkie daar staan. Maar God se Woord is soos ‘n standhoudende rots. Progressiewe denke is gebou op die sand van menslike emosie en veranderende menings. 'n Christen wat sy fondasie op die Skrif bou, is soos die man wat sy huis op rots gebou het. Wanneer die kultuur-storm woed, sal daardie huis bly staan. Die Bybel is nie "van daardie tyd" nie, dit is vanaf die begin tot en met die Ewigheid. Moenie jou huis op die sand van vandag se "progresie" bou nie, want dit gaan môre vervang word deur 'n nuwe tendens.

18/06/2026

Wanneer jy weier om progressief te wees en eerder getrou te bly, gaan jy dalk eensaam voel. Die progressiewe kultuur skep 'n valse gevoel van gemeenskap vir diegene wat saamstem. Maar onthou dat die pad na die lewe is smal, en daar is min wat dit vind. Die populariteit van 'n lering is nooit 'n bewys van die waarheid nie. Dit is beter om alleen met God te wees as om in 'n skare van dwaling te stap. Moenie jou identiteit bou op die wêreld se applaus nie. Jou "wolk van getuies" is die heiliges van die eeue, nie die kulturele “denkers” van vandag nie.

17/06/2026

Die progressiewe stemme noem heiligheid dikwels "liefdeloos." Hulle sê as jy sonde nie vier, of "akkommodeer" nie, haat jy mense. Maar ware liefde, in die Bybel, is om die waarheid te praa selfs wanneer dit ongewild is. Jesus was vol genade en waarheid. Hy het sondaars liefgehad, maar Hy het hulle nooit in hulle sonde laat bly nie. Om sonde "goed te keur" is nie liefde nie, dit is onverskilligheid teenoor die mens se ewige bestemming. Jy kan die wêreld se "liefde" kry deur saam te stem, of jy kan die Here se liefde bewaar deur vas te staan.

16/06/2026

Die progressiewe kultuur gebruik nie geweld om die Bybel aan te val nie, hulle gebruik her-interpretasie. Hulle sê: "Jesus het dit gesê in daai tyd, maar vandag beteken dit iets anders." Pasop vir die stemme wat probeer om God se duidelike gebooie sag te praat, sodat dit gemaklik pas by die sondes van die moderne lewe. Die Woord is nie klei wat jy kan vorm soos jy wil nie, dit is die rots waarop jy gebou is. As jou "nuwe verstaan" van die Bybel altyd net toevallig presies is wat die moderne kultuur wil hê jy moet glo, is dit nie die Heilige Gees nie, maar die prins van leuns.

15/06/2026

Die "progressiewe kultuur" probeer ons oortuig dat die Bybel nie meer relevant is vir vandag se tyd nie. Hulle druk ons om met elke nuwe sosiale tendens saam te beweeg, anders word ons as "liefdeloos", of "onverlig" gebrandmerk. Maar heiligheid is nie "vordering" met die tye van die wêreld nie. Heiligheid is getrouheid aan die Ewige God. God verander nie Sy standaarde om by die nuushoofde in te pas nie. As die wêreld se pad van die Here se pad skei, kies ons nie die wêreld se goedkeuring nie, maar die waarheid wat die Here ons leer?

13/06/2026

Redding is die uiteindelike doel van gebed. Ons bid vir leiers, vir bure, vir "alle mense" sodat hulle die waarheid kan leer ken. Gebed is die manier waarop ons saamwerk met God se reddingsplan. As God wil hê alle mense moet gered word, moet ons gebed daardie hartklop weerspieël. Jy word 'n vennoot in God se missie op aarde. D**k bietjie aan Markus 16, die Groot Opdrag om mense se lewens aanteraak met die boodskap van Christus. Moenie dat jou gebedslewe by jou eie voordeur stop nie. God se hart is vir die hele wêreld, laat jou gebede dieselfde wees. 1Tim2:1-4

12/06/2026

Dit is maklik om te d**k God gee net om vir "groot" dinge. Maar Paulus sê gebed vir alle mense is direk "goed en aanvaarbaar" vir God. Gebed is nie net 'n ritueel nie, dit is 'n opoffering wat God behaag. Wanneer jy vir ander bid, betree jy die wil van God vir jou lewe. Jy leef in lyn met dit wat God behaag. God soek nie net jou diens nie, Hy soek jou hart in gebed vir die mense rondom jou. Jou gebede maak ‘n verskil. 1Tim2:1-4

11/06/2026

Hierdie vers is kragtig. Jou gebed vir die regering is nie net vir hulle beswil nie, dit is vir jóúne. Jou gebede vir die nasie is die wortels van die vrede waarin jou eie gesin kan floreer. Beterskap begin op ons knieë. Die instruksie is gegee, sal ons gehoorsaam wees en daagliks saam bid? 1Tim2:1-4

10/06/2026

Ons is dikwels vinnig om leiers te kritiseer, maar hoe gereeld bid ons vir hulle? God se Woord sê ons moet bid vir diegene in gesag, ongeag wie hulle is, of hoe hulle regeer. Hulle besluite raak die hele samelewing. As ons wil hê die samelewing moet verbeter, moet ons voor die troon van God begin. Jy kweek 'n hart van medelye, in plaas van bitterheid. Bid vir ons land se leiers vandag. Hulle het goddelike wysheid nodig meer as wat ons besef. En dit kan ook lei na radikale bekering. Want God wil niemand aan die doderyk verloor nie. Niemand! Gelowige, gehoorsaam die Woord en kom ons bid saam. 1Tim 2:1-4

09/06/2026

Paulus gebruik vier verskillende woorde vir gebed. Dit wys dat ons gebedslewe ryk en veelsydig moet wees. Supplications: Om nederig te vra vir spesifieke behoeftes. Prayers: Algemene aanbidding en toewyding aan God. Intercessions: Om in die gaping te staan vir ander. Thanksgivings: Om God te erken vir wie Hy is. Jy raak meer bewus van God se karakter en jou afhanklikheid van Hom. Gebed is nie net 'n inkopielys van versoeke nie, dis 'n gesonde mengsel van aanbidding en pleit by die Here vir Sy wil om te geskiet en verandering te bring. 1Tim2:1-4

Address

Bellville

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Sunday 08:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Henry Pike posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share