Die Bybel

Die Bybel Die doel van hierdie blad is om gereeld Bybelverse uit te lig wat jou lewe wil verryk. Jy word aangemoedig om self ook die hoofstukke in jou Bybel te lees.

07/09/2026

Prys die Here! Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. Laat Israel hom verheug in sy Maker, laat die volk van Sion jubel oor die Here hulle koning. Laat hulle sy Naam prys met koordanse, laat hulle speel tot sy eer op tamboeryn en lier. (Psalm 149:1-3, 1983-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR83/PSA.149.1-PSA.149.3

04/09/2026

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. (Romeine 12:11-14, 1983-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR83/ROM.12.11-ROM.12.14

31/08/2026

Moses het egter vir God gesê: “Wie is ek, dat ek na die farao kan gaan en dat ek die Israeliete uit Egipte kan lei? Hy het geantwoord: “Ek is immers by jou. En dit sal vir jou die teken wees dat dit Ek is wat jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle God op hierdie berg dien.” (Eksodus 3:11-12, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/EXO.3.11-EXO.3.12

28/08/2026

Broers, op grond van die barmhartigheid van God roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as 'n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik. Dit is julle sinvolle godsdiens. Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is. (Romeine 12:1-2, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/ROM.12.1-ROM.12.2

26/08/2026

“Luister mooi na My, my volk, my nasie, hoor My aan! Want onderrig sal van My uitgaan, en my beslissing sal 'n lig vir die volke wees. Binnekort bring Ek my geregtigheid nader. My verlossing is op pad; my arms sal reg verskaf aan die volke. Op My wag die eilande, op my arm is hulle hoop gevestig. (Jesaja 51:4-5, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/ISA.51.4-ISA.51.5

24/08/2026

Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. (Psalm 124:7-8, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/PSA.124.7-PSA.124.8

21/08/2026

My vraag is dan: “Het God dalk sy volk verstoot?” Hoegenaamd nie! Ek is tog ook 'n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin. “God het nie sy volk verstoot" wat Hy reeds tevore gekies het nie. (Romeine 11:1-2a, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/ROM.11.1-ROM.11.2

19/08/2026

So sê die Here: “Handhaaf die reg en tree billik op, want my verlossing is naby, dit kom; en my geregtigheid is op hande, dit word geopenbaar. (Jesaja 56:1, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/ISA.56.1

17/08/2026

Kyk hoe goed, hoe mooi is dit as broers ook saam woon. Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop oor die kraag van sy klere. Dit is asof die dou van Hermon afkom op die Sionsberge; want daar beveel die HERE sy seën, lewe vir altyd. (Psalm 133:1-3, 2020-vertaling)

Lees die Bybel gratis aanlyn: https://www.biblesa.co.za/af/bybel/AFR20HL/PSA.133.1-PSA.133.3

Address

Edwardstraat 134
Bellville
7536

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Bybel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share