Wolseley Lewende Water

Wolseley Lewende Water Wolseley Lewende Water AGS gemeente in Wolseley. Geplant om die Koninkryk van God uit te brei.

30/08/2026

Baie dankie vir elkeen wat vanoggend se diens bygewoon het. Dankie aan elkeen wat hul storie gedeel het. Prys die Here vir Sy teenwoordigheid.

Halleluja vir hierdie gemeente.. Ags Lewende Water Wolseley.. Julle is amazing. Dankie vir elkeen wat betrokke is by ons...
20/08/2026

Halleluja vir hierdie gemeente.. Ags Lewende Water Wolseley.. Julle is amazing. Dankie vir elkeen wat betrokke is by ons Bybelskool. So bevoorreg om deel te wees van wat die Here doen.. Dankie Jesus.

Wat n voorreg was dit nie om deel te wees van hierdie besonderse geleentheid nie! Al drie seuns is aan die Here toegewy ...
16/08/2026

Wat n voorreg was dit nie om deel te wees van hierdie besonderse geleentheid nie! Al drie seuns is aan die Here toegewy en daarna is mamma gedoop. Baie geluk Arno en Alicia de Beer! Julle is vir ons kosbaar. Dankie Jesus.

Halleluja. Ons het groot begin.. Baie dankie vir elkeen wat ingeskryf het en betrokke is. 70x7. Alle eer aan die Here.. ...
06/08/2026

Halleluja. Ons het groot begin.. Baie dankie vir elkeen wat ingeskryf het en betrokke is. 70x7. Alle eer aan die Here.. Dankie Jesus.

19/07/2026

Great tyd vanoggend saam met die familie van Christus.. Leef voluit..

GOEIE NUUS, FAMILIE!Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons met ’n Bybelskool by AGS Lewende Water Wolseley begin!Ons ...
16/07/2026

GOEIE NUUS, FAMILIE!
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons met ’n Bybelskool by AGS Lewende Water Wolseley begin!

Ons gaan die Bible School on Wheels-curriculum volg — ’n praktiese en diepgaande reis deur die Woord wat jou nie net sal help om jou geloof beter te verstaan nie, maar jou ook sal toerus om ander te bedien.

Ons begin met ‘n ses weke module: 70×7 — Die Krag van Vergifnis.

Vergifnis is iets waarmee elke mens op ’n stadium in die lewe worstel. Hierdie module neem jou op ’n diepgaande studie van vergifnis en die transformerende krag daarvan. Dit gaan jou persoonlik bedien — maar meer as dit, jou toerus om ook ’n bron van hoop en genesing vir ander te wees.

Ons begin: Donderdag, 6 Augustus 2026
Tyd: 18:30

Die eerste jaar se boek bevat vyf modules, insluitend:
• 70×7 – Die Krag van Vergifnis
• What on Earth Is God Doing in My Life?
• Survey of the Bible — Understanding the Books, Places, Story, People & Periods
• How to Double Your Church, Business & Personal Productivity
• Anyone can Become a Great Communicator

’n Boek is beskikbaar vir diegene wat dit wil aankoop teen R300.

Jy hoef nie ’n Bybelkenner te wees om deel te wees nie.
Of jy al jare lank die Here dien of net graag jou geloof en kennis van die Bybel wil verdiep — jy is welkom!

Kom leer. Kom groei. Kom word toegerus.
Ons sien daarna uit om saam met jou hierdie reis aan te pak!
Vir meer inligting: Skakel Pastoor Jasper.

12/07/2026

Preekreeks: Leef.
Deel 2. Leef intensioneel.
Baie dankie vir elkeen wat die diens vanoggend bygewoon het. Dit is 'n groot voorreg om saam met jou die Here te dien.

Dankie pastoor Deon de Koker van die Bybelgenootskap vir jou besoek vanoggend. Bybelverspreiding is baie noodsaaklik. Da...
12/07/2026

Dankie pastoor Deon de Koker van die Bybelgenootskap vir jou besoek vanoggend. Bybelverspreiding is baie noodsaaklik. Dankie vir die werk wat julle doen in God se koninkryk.

05/07/2026

Tema: Leef met 'n verwagting. Baie dankie aan elkeen wat saam met ons aanbid het vanoggend.

En die Here self het bygevoeg...Baie welkom in die familie van Christus. Super opgewonde om saam met elkeen van julle te...
28/06/2026

En die Here self het bygevoeg...
Baie welkom in die familie van Christus. Super opgewonde om saam met elkeen van julle te journey!

Address

23 Vincent Street
Wolseley
6830

Telephone

+27232310218

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wolseley Lewende Water posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Wolseley Lewende Water:

Shortcuts

Share

Category