04/08/2026
🌸 'n Hartlike Dankie! 🌸
Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek aan al die dames wat gehelp het om die ete tydens ons 30 Jaar-viering so 'n besondere sukses te maak. Julle harde werk, toewyding en liefdevolle diens het 'n groot verskil gemaak.
'n Spesiale woord van dank aan Jana, wat die hele geleentheid uitstekend georganiseer het. Baie dankie ook aan haar assistente, Elise, Ina en Estelle, vir julle ondersteuning, tyd en moeite.
Mag die Here elkeen van julle ryklik seën vir julle gewillige harte en onbaatsugtige diens.
"Want God is nie onregverdig om julle werk en die liefde wat julle vir sy Naam bewys het, te vergeet nie." – Hebreërs 6:10
Baie dankie aan elkeen wat bygedra het om hierdie dag onvergeetlik te maak! 🌷