Lede in Christus Kerk Riversdal

Lede in Christus Kerk Riversdal Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lede in Christus Kerk Riversdal, Religious organisation, 14 Morrees Street, Riversdale.

08/09/2026

Ons loof U naam, U grootte naam🎶🎶🎶

n Geseënde diens was dit gister in die huis van die Here.Pastoor Francois bedien ons uit die woord:📖John8:1-11Ons almal ...
07/09/2026

n Geseënde diens was dit gister in die huis van die Here.
Pastoor Francois bedien ons uit die woord:
📖John8:1-11
Ons almal is sondaars ,maar die Here vergewe ons as ons dit aan hom erken. 🤲
Die oordeel kom ons nie toe nie, maar ons moet voor God bely met berou. Beoefen jouself om nie weer in dieselfde sonde te verval nie. God is liefde en vergewe ons.

Die sondagskool, jeug en Garcia-gemeente het geseënde liedere gesing en daarna die Pastoor met vele geskenke verras. Pastoor het sy dank uitgespreek aan elkeen wat met woord en daad sy verjaarsdag ekstra spesiaal gemaak het.🥳🎁

Ons eie leier, Pastoor Francois Sefoor verjaar vandag.🎈🥳Vir ons is hy egter soveel meer, hy is...'n Pa'n Steunpilaar'n V...
04/09/2026

Ons eie leier, Pastoor Francois Sefoor verjaar vandag.🎈🥳
Vir ons is hy egter soveel meer, hy is...

'n Pa
'n Steunpilaar
'n Voorbeeld
'n Hardewerker
'n Berader
En selfs 'n tugter wanneer ons dit nodig het.

Woorde kan nie vandag aanhou beskryf wat hy al vir ons beteken nie.🙌

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir hom meer genade, liefde en seëninge van bo af bring; sommer in oorvloed!✝️
Sy voetspore lê diep geplant in elke een van ons lewens, en daarvoor kan ons net ons dank uitspreek👣

Mag ons Hemelse Vader altyd voor hom uitbeweeg soos hy vir ons soveel kere doen, en al die paaie voor hom gelyk maak. Vul hom met U Heilige gees as hy swak voel. En seën sy geliefdes rondom hom!🤲

Geniet elke oomblik van jou dag, Pastoor🫂❤️

- Met baie liefde, Lede in Christus Gemeente Riversdal⛪️

Lig in die donker📖2 Pet 1:19Ons wereld vandag is stikdonker. Politieke wêreldleiers soek na oplossings, geweld en misdaa...
02/09/2026

Lig in die donker

📖2 Pet 1:19

Ons wereld vandag is stikdonker. Politieke wêreldleiers soek na oplossings, geweld en misdaad neem toe en soveel meer.
Duisende mense leef in geestelike donkerte en het nog nie van Christus gehoor nie.⚫️

Baie van ons ken Christus, maar hou vas aan dwaalleringe, ander "afgode"en kultusse rondom hulle.

Die boodskap vandag is daar is 'n lamp in al die donkerte. God verskaf die lig, bly in Sy lig en die donkerte sal verdwyn🌖.
Die lig verskaf hoop aan armes,wat wonder of hul omstandighede ooit sal verander.Selfs aan rykes wat hul laat besef om liewers op God te vertrou as op hul aardse besittings.🕯

Die lig gee 'n altyd-teenwoordige vriend vir eensames, hulp vir hulpelose, krag aan swakkes en verlossing vir sondaars.

Vind vandag die lig ,en die môrester sal verseker in jul hart opkom.⭐️
AMEN!!!!

31/08/2026
25/08/2026

"Want Hy is die antwoord, en die antwoord is Hy" 🎶🎶
- Geskryf deur Fayden Sefoor

25/08/2026

🎶Jesus is the answer🎶
L.I.C.K Riversdal Jeug

Vrouemaand❤️ (Week 4)📅23 AugTema: JESUS IS DIE ANTWOORD!✝️Wat 'n geseënde diens was die laaste diens van vrouemaand. Ons...
24/08/2026

Vrouemaand❤️ (Week 4)
📅23 Aug

Tema: JESUS IS DIE ANTWOORD!✝️

Wat 'n geseënde diens was die laaste diens van vrouemaand. Ons het die Here geloof en geprys met getuienisse, sang en skrif. Ons is dankbaar vir gaste wat ons diens kon meemaak.Ons kon weereens ervaar dat Jesus waarlik die antwoord is. 🛐🤲

Diensleier/Voorwoord: Sis Elaine Jones
📖Daniel.6 - Daniel in die leeukuil
Het die geloof soos Daniel, bly glo in alle omstandighede.Toetse gaan kom, maar staan vas op Sy belofte.🙏

Boodskap: Sis Coreen Sefoor
📖Jes 65:24 "En voordat hulle (julle)roep,sal Ek antwoord,terwyl hulle(julle) nog spreek,verhoor Ek"
📖1 Kon 18:36-39
Jesus sterf aan die kruis vir ons sondes, dis die grootste antwoord vir die mensdom.
Soms moet ons 'n keuse maak, maar dis belangrik om die regte keuse te maak.
As jy tot die Here bid, sal jy 'n wonderteken ervaar wat net ons Meester kan moontlik maak. Hy is die antwoord en Hy is God!!🙌🙌

Sangitems is deur die jeug gelewer:
"Jesus is the answer"🎤
Fayden Sefoor sing die woord toe met 'n lied wat hy geskryf het:"Hy is die antwoord"🎶

Die Here seën U, Amen❤️

Vrouemaand 💗 (Week 3)📅16 AugTema:Jesus is die antwoord🙏Diensleier/Voorwoord: Sis Marelize Jansen📖1Sam3:1-11: Drie keer r...
17/08/2026

Vrouemaand 💗 (Week 3)
📅16 Aug

Tema:Jesus is die antwoord🙏

Diensleier/Voorwoord: Sis Marelize Jansen
📖1Sam3:1-11: Drie keer roep die Here...en elke
keer word Sy roepstem nie geken nie. Vergeet ons sy stem as Hy roep. Luister vandag as u die roepstem hoor en antwoord:"Hier is ek Here,stuur my!" As ons na Hom roep,kom Hy deur. Sy hulp is daar altyd en Hy kom vir jou deur.🗣🦻

Boodskap: Sis Rouve Stanfliet
📖Ps40,2: "Ek het die Here lank verwag en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor. Jesus is die antwoord op elke situasie waarin ons verkeer.Dit is ons as kinders van God se werk om die boodskap daarbuite uit te dra.📢

Die woord is toegesing deur Sis Elfrieda Januarie met "He touch me"🎵

Wat 'n geseënde diens!❤️

11/08/2026

🎶"Onse Vader wat in die hemel is"🎶

Address

14 Morrees Street
Riversdale
6670

Telephone

+27828032701

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lede in Christus Kerk Riversdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Lede in Christus Kerk Riversdal:

Shortcuts

Share