AGS Aloeridge, Riversdal 50 Feesjaar

AGS Aloeridge, Riversdal 50 Feesjaar Ons Gemeente kyk met dank en waardering trug, na die geboorte van ons Gemeente 50 jaar gelede!

Watter voorreg, was dit nie vanoggend toe ons ons Fees Erediens saam met ons Moedergemeente, AGS Theronsville, Albertini...
29/11/2015

Watter voorreg, was dit nie vanoggend toe ons ons Fees Erediens saam met ons Moedergemeente, AGS Theronsville, Albertinia kon deel. Inderdaad het die Here vanoggend Sy volk besoek! Daar was heimwee, in ons harte gedagtig dat wylle Br. Moos Prins en Koos Michaels ( van Theronsville gemeente) deel van die afvaardiging was, wat saam met Br Kosie Roodtman en wylle Br Jannie Roodtman 50 jaar gelede ons Gemeente geplant het. Mag die belofte van seen, die kinders en kinds kinders se deel wees! Na die Erediens te Albertinia het die Gemeente aangesit vir n Fees ete! Groot is die Here en kyk ons uit vir wat die Here die week vir ons gaan doen!

28/11/2015

As deel van ons Gemeente se Feesvieringe het ons broers en jongmanne, gisteraand n stay awake in die Werner Fresher Natuurreservaat gehou. Watter awesome experience... Heelnag sing, bid, woord bediening, getuienisse en natuurlik braai en baie lag...wie het gese om die Here te dien is boring! Die hoogtepunt was toe die manne met dagbreek met moeite die heuwel uitgeklim het, om te gaan bid en n klip monument van dank, bo op die een van 2008, opgerig het! Die Here het ons ontmoet!!!

20/11/2015

Ons Gemeente hou steeds fees!!! More middag om 15h00 is die vroue bymekaar en Sondag oggend om 10h00 se Erediens, is ons bevoorreg om saam met ons te he, (eintlik die hele naweek) die voormalige President van AGS Vrouebediening, naamlik Past Debbie Benjamin. Die Vroue van ons Gemeente sal die naweek terug kyk na die rol van die vrou, die afgelope 50 goue jare! Ons bid die vroue baie seen toe!!!

Juf Lindsay Ann Gertse se AGS Aloeridge cup cakes, vir ons Senior burgers se groot Fees bederf, High Tea Saterdag middag...
12/11/2015

Juf Lindsay Ann Gertse se AGS Aloeridge cup cakes, vir ons Senior burgers se groot Fees bederf, High Tea Saterdag middag! En Sondag oggend om 10h00 hanteer ons Jeug die Feesdiens met gasspreker Pastor Frans Kees, van AGS Barrydale. Verlede Sondag oggend se nagmaal diens, was daar n besondere teenwoordigheid en beweging van die Heilige Gees in die Huis. Dat ons Gemeente se veterane en Beheerraad elk n spreekbeurt kon waarneem, kinders inseen en Nagmaal bediening binne ons normale tydsduur kon plaasvind, was absoluut hemels! Ons salueer U Here vir U to tale grootheid! Ons verwagting is groot, vir die res van ons Fees seisoen! AGS Aloeridge, waar die Huis van die Here n tuiste is!

ONS GEMEENTE ONTSPANNING afgelope 15 jaar: Ons Gemeente, skep n tuiste waarin Gemeente lede hulself in die Here kan geni...
05/11/2015

ONS GEMEENTE ONTSPANNING afgelope 15 jaar: Ons Gemeente, skep n tuiste waarin Gemeente lede hulself in die Here kan geniet! Daarvan getuig die Vroue bediening se Bus en Vliegtoer na Durban en Pretoria Nasionale Vrouekonfererensie onder die bekwame leiding en sorg van Juf Lindsay Ann Gertse, ons Gemeente toer na Johannesburg en Kaapstad Nasionale Konferensie en Robbeneiland toer! Versterking van familie bande is "key" met verwysing na ons suksesvolle Ma en Dogter, Pa en Seun naweek.

Pastor John and First Lady Lindsay Ann, and Gertse Kids....proudly AFM Aloeridge leaders... Celebrating Gods calling and...
03/11/2015

Pastor John and First Lady Lindsay Ann, and Gertse Kids....proudly AFM Aloeridge leaders... Celebrating Gods calling and His grace for the past 15 years!!!

Ons Gemeente se 50 jarige bestaan, Feesmaand was amptelik vanoggend deur ons KINDERBEDIENING geopen! En Fees was dit ine...
01/11/2015

Ons Gemeente se 50 jarige bestaan, Feesmaand was amptelik vanoggend deur ons KINDERBEDIENING geopen! En Fees was dit inerdaad! Br Johannes Morwagaye, het die klem laat val op die Karakter van die Vroee Kerk...hul geheim was, n intense afhanklikheid van die Heilige Gees!!! Die Sondagskoolmmaatjies en personnel was geklee in die drag van die Ou Garde. Die Fees koortjie was, We are heirs of the Father, we are joinheirs of the Son. We are children of the Kingdom. We are family and we are one! Die Here verdien die hoogste agting vir manne en vroue wie in die KINDERBEDIENING bele het en steeds doen. Dan weergalm die geluid van die kettings op die teelvloere steeds in my Gees, wanneer die Heilige Gees die lied wat die dansgroep gedans het laat weerklink - "There is power in the Name of Jesus...to break every chain... I hear the chains falling!!!"

ONS 2 de FASE BOUPROJEK: Tans is ons besig met ons 2 de fase bouprojek, wat ons om en by R 500 000.00 gaan kos. Dit is o...
30/10/2015

ONS 2 de FASE BOUPROJEK: Tans is ons besig met ons 2 de fase bouprojek, wat ons om en by R 500 000.00 gaan kos. Dit is ons visie dat die hele gebou, in bloudam Steen en aluminium vensters sal vertoon. Die Saal gedeelte waarmee ons tans besig is, sal uit twee verdiepings bestaan. Onder verdieping sal die Konsistorie, Berading en Kerk kantoor huisves. Die Saal bo, sal bestaan uit ons kombuis met Lapa eenheid, wat uitloop op hout "balcony" wat uitkyk oor die dorp. Die Saal, sal op n daaglikse basis aangewend word vir: KINDERBEDIENING - Naskoolse, Geestelike programme en binneshuise speletjies. Jeugbediening: Jeug ontwikkeling, Lewensvaardigheids, Loopbaan ontwikkeling, ekonomiese ontwikkeling, Leierskap, geestelike en Sport en Rekreasie programme. Vroue bediening: Geestelike, Lewensvaardigheids, handvaardigheids, en uitreik programme. Senior Burgers: Opvoedkundige, Lewensvaardigheids, uitreik en Rekreasie programme. Manne bediening: Lewensvaardigheids, Leierskap, Ouer verantwoordelik heids, Geestelike en Sport en rekreasie en uitreik programme. Kundige persone in die Gemeente en uit die Gemeenskap, veral afgetrede persone sal aangewend word, om ons Gemeenskap dmv die programme verder te ontwikkel! Die gebou wat regoor die Kerk gelee is, is n ideaal vir n kinder veiligheidshuis en Beradings sentrum en vertrou ons die Here, dat daai gebou binnekort ons Gemeente se eiendom sal wees! Die HOE weet ons nie, maar ons VERTROUE is in HOM aan wie die goud en die silwer behoort!

ONS GEMEENTE SE KINDERBEDIENING: Ons Gemeente was die afgelope 50 jaar meer as geseend met soveel bedieninge, talente en...
25/10/2015

ONS GEMEENTE SE KINDERBEDIENING: Ons Gemeente was die afgelope 50 jaar meer as geseend met soveel bedieninge, talente en leierskap wat in die Kinderakker gebore was. Ons is baie nederig in ons dankbaarheid vir die kaliber seuns en dogters, wat vandag in die sekulere wereld, Universiteite, Kolleges en in Leierskap suksesvol is. Vir 2015 Feesjaar het ons tans 6 Gemeente "kinders" op Kollege en Universiteite en 7 Matrikulante. Ouderlinge Julian Merkeur is die Onder Burgemeester van Hessequa Munisipaliteit en verskeie van ons leierskap van die Gemeente, wat eens in die Sondag skool was. Ons salueer al ons Sondag skool onderwysers (resse) wie onvoorwaardelik hul passie in God se Koninkryk uitgeleef het.

25/10/2015

ONS FEESMAAND VIERINGE: Ons Feesmaand duur vanaf 01 November 2015 tot 6 Desember 2015.
Sondag 1 November 2015, 10h00 Kinderbediening Feesdiens.
Sondag 8 November 2015, 10h00 Nagmaal Erediens.
Saterdag 14 November 2015, Senior Burgers High Tea ( tyd sal aangekondig word)
Sondag 15 November 2015, 10h00 Jeugbediening Feesdiens.
Saterdag 21 November 2015, 14h00 sisters fellowship en Sondag 22 November 2015, Vroue bediening 10h00 Feesdiens met Gasspreekster Past Debbie Benjamin.
Saterdag 28 November 2015, Broers bediening fellowship.
Sondag 29 November 2015, Gemeente uitreik na ons Moedergemeente Albertinia.
30 November 2015 tot 3 Desember 2015 Fees veldtog!
4-6 Desember 2015, Gemeente Reunion, Karnaval/Debutantebal naweek met gasspreker Past Frans Scheepers!

Indien u met enige vorm van borgskappe die Gemeente wil ondersteun gedurende die Fees, inbox my gerus by fb Pastoor John Gertse of John Gertse, wattsap no 0733923810.

Ons vertrou die Here vir n groot Sukses!

Jeug ontwikkeling binne ons Gemeente, is vir ons Gemeente se leierskap prioriteit!
23/10/2015

Jeug ontwikkeling binne ons Gemeente, is vir ons Gemeente se leierskap prioriteit!

Gertse familia!
21/10/2015

Gertse familia!

Address

Hv Protea & Aalwynlaan
Riversdale
6670

Telephone

0722632459

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Aloeridge, Riversdal 50 Feesjaar posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share