Klein-Karoo Gemeente

Klein-Karoo Gemeente Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Klein-Karoo Gemeente, Evangelical church, 55 Buitekant Street, Oudtshoorn.

🚴‍♂️ TRAP VIR 'N DOEL - KOM TRAP SAAM MET ONS! 🚴‍♀️Ons Young Adults gaan vir 12 ure ononderbroke trap om fondse in te sa...
07/09/2026

🚴‍♂️ TRAP VIR 'N DOEL - KOM TRAP SAAM MET ONS! 🚴‍♀️

Ons Young Adults gaan vir 12 ure ononderbroke trap om fondse in te samel vir ons gemeente - Klein Karoo Gemeente!

En jy is genooi! 🙌

Kom maak 'n draai, kom moedig ons aan, kom trap 'n paar kilometer SAAM met ons, of kom drink net 'n koppie koffie en kuier saam. Almal is welkom!

🗓️ WANNEER? Vrydag 11 September om 18h00 tot 12 September om 06h00 (12 uur lank!)
📍 WAAR? Klein Karoo Gemeente Saal, Buitekantstraat 53
⏰ 18h00 tot 06h00

LENTELAG 2026🌼🌸Pretstap vir Jesus!🌸🌼Dit was 'n fees om saam met Joykids die lente te vier en waarlik 'n belewenis saam J...
31/08/2026

LENTELAG 2026
🌼🌸Pretstap vir Jesus!🌸🌼

Dit was 'n fees om saam met Joykids die lente te vier en waarlik 'n belewenis saam Jesus te hê. Net soos in die lewe, is daar soms storms en winde, maar dit het nie die stappers weggehou nie. Elke rondte het jou na 'n ander stalletjie geneem en daar kon jy 'n oomblik vat om Jesus se liefde, goedheid en genade te ervaar. Dankie Jesus vir 'n nuwe seisoen.

Dankie vir elke Joykids-personeellid vir al julle moeite en liefde om vir elkeen van ons die dag so spesiaal te maak. Baie dankie aan elke besigheid in ons gemeenskap wat 'n prys geskenk het, elke stappers het 'n prys gewen! 🤩 Mag God julle besighede ryklik seën.

Sien julle volgende jaar!

Rhoa Damestee 2026🩷🖤🤍 GEKIES! 🩷🖤🤍'n Pragtige oggend, saam met vriendinne, in die teenwoordigheid van Jesus. Dit was 'n b...
25/08/2026

Rhoa Damestee 2026

🩷🖤🤍 GEKIES! 🩷🖤🤍

'n Pragtige oggend, saam met vriendinne, in die teenwoordigheid van Jesus. Dit was 'n bederf-oggend van lag, kuier, aanbidding en samesyn. God wou elke vrou kom herinner dat sy GEKIES is deur Hom en daarom soos 'n GEKIESDE moet leef!!

Dankie vir elke vrou wat die oggend saam met ons kom geniet het. Jy is kosbaar vir God en ons is bly dat ons jou kon bederf.
Baie dankie aan elke besigheid wat vir ons pryse geskenk het. Julle oop harte beteken vir ons baie.

Bewusmakingsweek oor Digitale Veiligheid, verslawing en gesonde keusesOns besef ons dat jongmense in 'n digitale wêreld ...
22/07/2026

Bewusmakingsweek oor Digitale Veiligheid, verslawing en gesonde keuses

Ons besef ons dat jongmense in 'n digitale wêreld grootword.
Ongelukkig is ouers en leerders nie noodwendig bewus van die gevare van hierdie digital wêreld nie. Daarom het ons dit goed gedink om 'n kenner in te kry om met die ouers van die gemeenskap te kom gesels oor die gevare, maar ook die oplossings. Ons wil ouers bewus maak waaraan ons kinders blootgestel word, maar hulle ook toerus om hul kinders te help om verantwoordelike selfoon gebruikers te wees. Ons nooi alle ouers uit om die ouer-sessies by ons gemeente by te woon.

Die sessies sal gehou word op Woensdag 29 en Donderdag 30 Julie 2026 om 18:00.
Vrydagaand, 31 Julie, is daar ook ‘n sessie vir alle tieners.

Hierdie vakansie by Joy Kids Kinderkerk, jy wil dit nie misloop nie. Bring sommer 'n paar maats saam.
22/06/2026

Hierdie vakansie by Joy Kids Kinderkerk, jy wil dit nie misloop nie. Bring sommer 'n paar maats saam.

Jy word uitgenooi!
Kom geniet ’n spesiale vakansieprogram by Joy Kids Kinderkerk. Vol pret, lag en Jesus-avonture!
Moenie dit misloop nie – die avontuur wag by Joy Kids. Sondae 9 uur by Klein Karoo Gemeente.

Daar is dinge in ons lewe wat die Here wil hê ons moet LAAT LOS! Laat toe dat die Heilige Gees jou fir week lei en hierd...
16/06/2026

Daar is dinge in ons lewe wat die Here wil hê ons moet LAAT LOS!
Laat toe dat die Heilige Gees jou fir week lei en hierdie dinge vir jou uitwys.
Weet net, niks wat jy agterlaat is van groter waarde as Die Een wat jou sal vang nie.

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

RHOA DAMES WEGBREEK MEI 2026🌱GROEI🌱Ons Rhoa-dames het hul jaarlikse wegbreek gehad na die pragtige Swartberg Country Man...
21/05/2026

RHOA DAMES WEGBREEK MEI 2026

🌱GROEI🌱
Ons Rhoa-dames het hul jaarlikse wegbreek gehad na die pragtige Swartberg Country Manor vanaf 1-3 Mei 2026.

Dit was 'n wonderlike, vol, naweek met genoeg tyd vir aanbidding, Woord, alleen tyd saam met God, kuier, rus en heerlike kos. Dit was so mooi om te sien hoe die Here 'n spesiale afspraak met elke vrou gehad het.

Vrydagmiddag het ons die heerlikste kunswerke geniet tydens ons koek-verf Paint & Praise.
Saterdagoggend is die dames bederf met 5 ure se stilte, om God se skepping te aanskou en tyd met haar Herder te geniet. Dit was waarlik spesiaal.
Al ons sessies het oor die Tema -GROEI- gegaan. Aanbidding, sessies, kerkdiens en nagmaal - alles so wonderlik uit God se hand.

Dankie aan elke dame wat saam gekom het, ons maak gou weer so!

Dis MOEDERSDAG!By Klein Karoo Gemeente wil ons graag alle "ma's" vier. Ma, skoonma, ouma, peetma, stiefma, juffrou-ma, t...
10/05/2026

Dis MOEDERSDAG!

By Klein Karoo Gemeente wil ons graag alle "ma's" vier. Ma, skoonma, ouma, peetma, stiefma, juffrou-ma, tannie-ma, pleegma, help-ma, amper-mamma en Geestelike ma.

Gelukkige Moedersdag aan al ons kosbare ma's!

Jesus is besig in Oudshoorn!!
28/04/2026

Jesus is besig in Oudshoorn!!

Ons kan nie meer wag nie!Sit 'n emoji in die comments om vir ons te wys hoe opgewonde jy is!
18/04/2026

Ons kan nie meer wag nie!
Sit 'n emoji in die comments om vir ons te wys hoe opgewonde jy is!

Address

55 Buitekant Street
Oudtshoorn
6625

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 12:00

Telephone

+27828639755

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klein-Karoo Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share