01/09/2026
SONDAG 30 AUGUSTUS 2026 🌹
Laaste Sondag van Vrouemaand | Bybelsondag
📖 “Beklee met Krag en Waardigheid – Sy kan met selfvertroue lag.”
Spreuke 31:25
Op hierdie besondere laaste Sondag van Vrouemaand, wat ook Bybelsondag was, het ons as gemeente ’n baie spesiale erediens beleef.
Die Bybel is op simboliese wyse ingedra deur ons leierouderlinge, broers Jacob Pieters en Jeffrey Arendse, en aan Ds. Prins oorhandig – ’n pragtige herinnering aan die sentrale plek wat God se Woord in ons lewens en gemeente inneem. 📖🙏
Skriflesing: Lukas 10:38–42
Tema: Beklee met Krag en Waardigheid – sy kan met selfvertroue lag.
❤️ Dames, dra julle Rooi! ❤️
Ons susters het pragtig gelyk in hul rooi en het op ’n besondere wyse bygedra tot die feestelike atmosfeer van die dag. 🌹❤️
Hier is ’n paar foto’s voor en ná die diens wat van hierdie besondere dag vasgevang is.
Baie dankie aan elke dame, elke lidmaat en almal wat bygedra het om Vrouemaand 2026 so spesiaal te maak.
🌹 Ons vroue is beklee met krag en waardigheid!
📖 God se Woord bly ons fondament.
❤️ Mag ons altyd met selfvertroue lag, omdat ons weet Wie ons dra.
Soli Deo Gloria! 🙏🌹