27/07/2026
β¨ Baie, baie dankie! β¨
Ons wil graag βn groot en opregte DANKIE sΓͺ aan elke persoon wat deel was van ons basaar van die ongelooflike helpers en toegewyde organiseerders, tot elkeen wat kom saam kuier, ondersteun en geniet het. π
Dit was βn dag gevul met lag, lekker eet, warm gesels en kosbare samesyn. Die mooi liggies, vrolike atmosfeer en al die glimlagte het dit werklik βn spesiale geleentheid gemaak wat ons lank sal onthou. β¨
Ons waardeer elke hand wat gehelp het, elke bydrae wat gemaak is en elke persoon wat opgedaag het om deel te wees van die dag. Sonder julle sou dit nie dieselfde gewees het nie.
Dankie vir julle liefde, ondersteuning en saamwees β dit beteken vir ons ongelooflik baie. Ons sien reeds met groot opgewondenheid uit na die volgende een! π