09/09/2026
Heilige Gees Klas - Bespreek asseblief by die Kerkkantoor indien jy wil bywoon sodat ons die regte voorbeireiding kan doen. 071 488 3647
"Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.."
Vir enige iemand wat belangstel om meer van die Heilige Gees of die werking van die Heilige Gees te leer, bied ons 21 September 2026 om 18:00 'n Heilige Gees klas by die Kerk aan.
Indien jy nog nie met die Gees vervul is nie en jy graag ook jou Hemelse taal wil ontdek, is hierdie klas vir jou! Almal welkom, klein kindertjies sal ongelukkig nie toegelaat word nie sodat daar nie enige steurnis is tydens hierdie belangrike tyd van bediening nie.